|
Die Huishouding van God - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 82
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281. |
|
|
Die waardigheid en grootsheid, om `n kind van God te wees
82 Na hierdie weergawe van Horedon se visioen deur die daad en na sy weinige woorde daaroor vra Abedam aan Horedon:
2. “Horedon, noudat jou innerlike gesig inderdaad volkome bekend gemaak is, vra Ek aan jou, net soos aan al die ander, wat dié droomgesig nou beteken; wat is die sin daarvan?
3. `n Groot deel is reeds deur die onthulling van Rudomin duidelik gemaak; dit moet dus vir julle nie meer so moeilik wees om vanuit die innerlike lig wat julle ontvang het, verdere toeligting te gee nie. Laat diegene wat dus die moed en wysheid besit na vore kom om te spreek!”
4. Toe hulle hierdie uitnodiging van Abedam gehoor het, versoek almal die hoë Abedam, uit erbarming met hulle almal, of Hy tog maar nie dit wou doen wat Hy van hulle verlang het nie; want ofskoon hulle wel geweet het dat niemand, wat in Sy Naam sy mond oopmaak, in staat is om `n onwaarheid te spreek nie, was so `n woord tog uit `n tweede, onwaardige mond nie meer so kragtig en lewendig, as wanneer daardie selfde woord, so bowenal liefdevol, vanuit die heilige vadermond sou ontspruit nie.
5. Na daardie versoek neem Abedam weer die woord en begin as volg te spreek: “O kinders, hoeveel dwaasheid is daar nog in julle harte verborge! Wat het Horedon dan so-ewe gedoen deur die woord wat deur My in hom gelê was, toe hy My nie deur die nag in die intense duisternis kon vind nie?
6. Sien, die woord wat Ek tot hom gespreek het, het hy, volledig op My vertrouend, uitgespreek en die hoë toppe van die wit berg was afgebreek en die in die binneste van hierdie berg reeds lank heersende gloed ontbrand toe oombliklik deur die breed gemaakte splete en skeure in oplaaiende vlamme.
7. Noudat julle immers so die duidelikste bewyse van die krag en die mag van My woord voor oë gehad het, ook al word dit deur die mond van `n kind uitgespreek, sê My, wat is die rede dat julle beweer dat My woord minder magtig sou wees, sodra dit deur julle uitgespreek word?!
8. Wanneer is `n vader meer vader, as hy van homself beweer om dit te wees, of wanneer hy as sodanig deur sy kinders geroep word?
9. Of wanneer iemand van homself sê: “Ek is `n vader!” maar hy het geen kinders wie hom as sodanig wil erken en roep nie, of iemand wie na sy huis kom terwyl die kindertjies hom tegemoet loop en sê: “Ag vader, vader, vader, o liewe vader!”
10. Vertel My net: Wie van beide hierdie vaders is die meeste `n vader?
11. Julle sê dit in julle hart: “Die een wie deur sy kinders so genoem word!”
12. Sien dus, julle wat nog baie dwaas is, wanneer die genoemde vader, wat nou so deur sy kinders vader genoem word, meer vader is as die een wie homself vader noem, dan is die woord tog “vader” uit die mond van die kinders ook seker meer werd, kragtiger en magtiger as uit die mond van die vader self!
13. Of wanneer raak en verheug daardie woord julle meer: As jy jouself ten opsigte van jou kinders vader noem, of wanneer julle kinders julle vrolik en vervul van die teerste liefde en vol vertroue so noem?
14. As julle al daarin `n buitengewone groot verskil sien, - wat dink julle dan. Is Ek dalk minder Vader as wat julle dit self is?!
15. O, julle nog besonder groot dwase, sien julle dan nog nie in dat Ek altyd maar net die mees kragtige en die volmaakte goeie wil en wens, op grond van die vryheid wat Ek vir alle ewighede van die ewighede aan julle gegee het?!
16. As julle dit nou onmoontlik ooit in julle hart kan verloën nie, waarom is dit dan nodig dat julle julleself verontskuldig?!
17. Gee daarom, Horedon, tenminste in kort weer, waarvoor Ek alles so pas gevra het; laat die ander nou die volgende woorde diep in hulle hart griffel! Amen.”
18. En Horedon begin in My Naam die volgende woorde van groot gewig tot almal te rig:
19. “Liewe vaders, broers en kinders, ek gaan julle nou vertel hoe eindeloos groots dit is om `n kind van die groot, almagtige, ewige God te wees, en wel vanuit die visioen van Rudomin en dit van myself en daarnaas dien ons ook duidelik die eie, uit onsself voortkomende nietigheid te sien; dit is in kort die vraagstuk wat opgelos moet word.
20. Ek is egter van mening dat dit reeds vir ons almal opgelos is en derhalwe het ek alweer niks anders te doen nie as alleen maar my en julle aandag te vestig op dit wat die meer as heilige Vader Self so pas uitgespreek het, naamlik, dat `n “vader” meer “vader” is wanneer die kindermond die woord uitspreek, as wanneer die “vader” uit sy eie mond kom!
21. Sien, die eindeloos hoë waardigheid en grootsheid van ons kindskap lê daarin, dat die oneindige, ewige God Homself eers in ons `n vader noem en eers dan ons waaragtige Vader in die allerhoogste liefde word, wanneer ons Hom as sodanig in ons hart herken en Hom in alle liefde ook so noem!
22. Maar wanneer die oneindige God Homself eers volkome as Vader in ons wil manifesteer, sê my, wat hoër is daar dan nog denkbaar?!
23. Wat is daar aan ons geleë dat ons ook met die minste suggie die hele skepping sou kan wegblaas of met `n enkele gedagte alle berge kan laat ontbrand?! Waarlik niks vergeleke met die feit dat ons in alle liefde en waarheid aan Hom kan sê: “Liewe, heilige Vader!”
24. Want Hy, wie in Hom God is, die Oneindige sedert ewigheid, is kragtens Sy oneindige liefde Vader in ons, soos ons kinders in Hom is.
25. Hy is weliswaar wat Hy is deur Homself, - ons is egter ewig niks vanuit onsself nie, maar alles vanuit en deur Hom.
26. Dit is dus ons oneindige grootsheid, dat ons Sy kinders is en Hy ons aller Vader is!
27. En dit is ook geheel en al die betekenis van my visioen in Sy Naam! Amen.”
|
|
|
|
|