Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 54

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die vaders ontvang die twaalf. Set se spraakgebrek deur Abedam genees. Die spysiging van die twaalf

54 Soos wat Garbiël en Besediël onderweg met mekaar praat, praat ook al die ander met mekaar en kom sodoende, almal tesame deur My gelei, met `n goed voorbereide en ten seerste gestigte, aandagtige hart bo-op die hoogte aan.

2. Toe hulle daar aangekom het, gebied Abedam alle vaders om weer op te staan om die deur Hom en Adam self op die hoogte gebringde twaalftal te ontvang.

3. Toe die vaders nou die wens van Abedam verneem het, strek alle vaders, vroue en kinders hulle arms na die twaalf uit en so word hulle op die mees liefderyke manier opgeneem.

4. Slegs Set durf hom nie aansluit nie; want hy vrees nou Die Een teen wie hy vroeër nogal flink tekere gegaan het.

5. Maar Adam roep Set dadelik na hom toe en vra vir hom: "Abel-Set, waarom bly jy op `n afstand, terwyl alles wat maar asem haal op hierdie hoogte, die stem van die Heilige Vader volg?

6. Of het jou arm dalk styf geword, dat jy dit nie wil uitstrek na diegene wat die Heilige Vader Abedam Self hierheen gebring het nie? - Of het Sy oproep jou dalk ontgaan?"

7. Maar Set val neer voor Adam en Abedam en sê smekend: "O vergewe my, onbesonne dwaas! Wat ek gedoen het ... "

8. Hier val Abedam hom onmiddellik in die rede en sê: "Dit het Ek gedoen en daarom was dit reg en welgedaan!

9. Maar jou vrees is ongegrond dat jy dit nou nie aandurf om hulle hier op te neem nie, terwyl Ek hulle tog Self hierheen gebring het en julle toe almal hierheen geroep en gesê het wat julle moes doen!

10. Lê dus nou jou dwase vrees langs jou neer en volg die voorbeeld van al die ander, dan sal jy jou hart bevry en dit ver hou van elke verwyt van jou eie gewete, - en te meer, omdat jy in My oë `n man is vry van alle sonde! - Begryp dit en handel daarvolgens! Amen."

11. Toe staan Set op en strek ook dadelik vriendelik sy arms na die twaalftal uit om hulle op te neem.

12. Toe hulle nou merk dat ook die voorheen bose vader Set sy arms na hulle toe uitstrek, val hulle almal aan sy voete neer en vra hom om vergewing, daar hulle seker geglo het dat hulle hom vroeër deur hulle onbesonnenheid vererg het.

13. Maar Set kon, deur suiwer gevoelens van liefde aangedaan, geen enkele woord oor sy lippe kry nie. Maar wat sy tong gedurende kort tye nie by magte was om te doen nie, toon sy hande en sy bors soveel te meer, omdat hy intussen naarstiglik die een na die ander met sy eie hande van die grond af ophef, hom daarmee in sy gemoed simbolies opbeur, en vervolgens aan sy bors druk.

14. Toe hy nou deur hierdie handeling toon dat hy eintlik geensins kwaad was nie, maar dat hy dit wat hy hulle vroeër aangedoen het, sekerlik maar net uit `n innerlike hoëre drang gedoen het ter wille van hulle ewige lewenswelsyn; word hy daarby tog gewaar dat die twaalftal sy tekens nie heeltemal kon begryp nie en hy wend hom tot Abedam en wys Hom op sy tong en op sy bors.

15. Want Set het vanaf sy geboorte die probleem gehad dat hy dikwels gedurende lang tye nie in staat was om ook maar één woord oor sy lippe te kry nie, wanneer diepe gemoedsaandoeninge sy siel oorweldig het.

16. Maar nou raak Abedam die mond en die bors van Set aan en sê vir hom: "Set, Ek sê vir jou, open jou mond en jou tong sal jou vir ewig nie meer in die steek laat nie; en lug nou dus jou hart. Amen."

17. En toe stroom daar die allerheerlikste woorde uit Set, wat so lui:

18. "O kinders, o kinders van die liefde van die Heilige Vader, as ek julle nie eertyds vanuit `n regmatige, heilige innerlike drang met eerlike, kragtig klinkende woorde uit my hart, wat julle oormatig hewig liefhet nie, afgewys het nie, voorwaar, my vriende, my hart sou julle almal verslind het as gevolg van die vurigste liefde!

19. Julle, kinders, vriende, toe julle almal tog so vinnig en so bruusk van die heilige hoogte afgevlug het, deur my woorde wat julle na Adam, die vader, verwys het, het dit my pyn aangedoen vanweë julle, my kinders en vriende, omdat julle nie na Adam wou gaan nie, na wie my woord julle in alle erns verwys het, om julle vraag aan hom te stel, waarom julle met moeite en vrees die heuwel opgegaan het!

20. Want sien, solank die liewe, die Heilige Vader, deur Adam gelei, julle groep nog nie bereik het nie, solank was ek ook bang, ja, baie bang in my liefhebbende hart oor julle, my vriende en kinders!

21. Maar toe ek na `n kort tydjie sien hoe die Heilige Vader julle almal so liefdevol aan Sy bors druk, toe val `n swaar klip, so swaar soos die aarde, opeens van die hart wat nog so van leed vervul was, omdat ek julle, my kinders, van my, julle liefhebbende vader, verdrietig moes sien wegvlug!

22. Maar laat ons nou alles vergeet! Die Heilige Vader het dit immers so gewil; gee Hom daarom ook vir ewig julle dank en die suiwerste liefde, waartoe ons harte ooit in staat kan wees!

23. En nou, kinders en vriende, soos ek nou merk, het julle julleself nog nie vandag versterk met spys en drank nie; kom daarom hierheen na die mandjies en eet en drink van alles wat julle daarin aantref, - want alles is deur die Heilige Vader geseën!

24. O kom, o kom en nuttig die voedsel tot die ewige lewe!"

25. En nou gee Abedam ook vir hulle te kenne om Set te volg en te doen wat Set hulle aangebied het.

26. En hulle volg Set na die mandjie van Adam en eet en drink almal gemoedelik uit sy mandjie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205