Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 44

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Abedam se woorde oor die 'Vader' en die 'Regter' in Hom

44 En so begelei Pariholi Adam na die hoë Abedam. Abedam neem die nou uiters berouvolle Adam baie vriendelik op en sê vir hom: "Adam, wanneer sal die tyd dan eendag aanbreek, dat jy My as Vader leer ken en nie altyd deur, en hoe langer hoe meer, slegs as Regter nie?

2. Gister het jy My deemoedige kant gesien en Ek het My eers geleidelik aan deur jou laat herken, net soos deur al jou kinders, sodat niemand deur My sigbare aanwesigheid in die vryheid van sy hart gehinder sou word nie.

3. Toe Ek My dan geleidelik laat herken, weliswaar so, dat niemand se vrye lewensfeer ten aansien van My aangetas kon word nie, het jy My weliswaar herken en het jy My met jou mond beken as die heilige, liefdevolste Vader, - maar jou hart het hierdie Vader nooit die volle ruimte gegee nie; maar waar die Vader ingetrek het, daar het ook die Regter met Hom saam ingetrek, wat toe jou hart gedwing het om My te bemin, maar wel steeds driemaal meer gevrees het as om te bemin. 

4. En tot op hierdie minuut het jy in hierdie dubbelslagtige houding gebly en kon jy My nie so volledig liefhebbend omvou nie, omdat jy vrees en jy in hierdie vrees nooit die Vader nie, maar steeds net die Regter kon sien.

5. Nou het Ek jou weliswaar drasties gewek en kom jy as liefhebbende seun na My toe, maar die liefde in jou tans brandende hart is nie van jouself nie; want Ek het haar, om jou volledig te wek, heeltemal vry in jou ontsteek. Ek sê vir jou: Die Vader en die Regter is nog nie geskei in jou nie. Probeer nou eers met jou eie lewenskrag die Vader in jouself te omvat; ja omvat Hom heeltemal en maak Hom los van die aanklaende Regter, wat jou nog altyd verhinder het om die eindelose liefde van die Vader in die helderste lig voor jou te sien en vir al jou kinders wat uit jou voortgekom het!

6. Begryp nou dat Ek nie as Regter na julle toe gekom het nie, maar as liefdevolle, Heilige Vader om met eie hand aan alle kinders reeds op aarde die heerlike, heilige saad van die ewige lewe te gee; dan sal julle eindelik in julle eie vlammende hart duidelik insien dat Regter en Vader in die liefhebbende hart van die kinders in ewigheid nooit één word nie, dat slegs die Vader altyd of slegs die Regter die lewe moet beheers, die Vader tot die ewige lewe en die Regter tot die ewige dood van die gees van die liefde.

7. Skei dus daarom in rustige vreugde tog eens die liefdevolle, Heilige Vader van die liefdelose, grimmige, streng Regter in julle, dan sal julle nooit bewe en sidder vir My nie, maar juig en spring van vreugde en onbevreesde kinderlike liefde tot My, julle ewige, liefdevolle, Heilige Vader!

8. Wees daarvan verseker dat almal wat My as die Vader aanroep, nooit in My `n Regter sal sien nie; maar diegene wat die liefdevolle Vader te alle tye makliker en eerder as die strengste, verskriklikste Regter in hulle huiwerende hart beken, hulle sal dit dan ook helaas in My vind; ja ongelukkigergewys sal hulle die dodelike Regter daar vind, waar hulle andersins langs die weg van die liefde die liefdevolle Vader onfeilbaar en getrou sou gevind het.

9. Neem dit goed in jou op, My Adam, My seun: Wat jy soek, sal jy ook vind, oftewel die liefhebbende Vader, die heilige, die goeie, - die ewige liefde en die ewige lewe deur haar en in haar. Of, soos hier reeds voldoende aangetoon was, die Regter, die ewige, heel onverbiddelike, doodmakende Regter van die dooies, wat hulle op hierdie beproewende aarde nooit in onbevreesde, getroue suiwer liefde tot My, hulle mees liefdevolle Vader wil wend nie, sodat Ek hulle volledig tot lewe sou wek en in die ewige lewe van die gees kan opneem.

10. Neem dit goed in julle op, ja onthou dit lewendig in julle liefhebbende hart en laat iedereen dit onthou, dan sal die Regter spoedig verlore gaan en in sy plek sal slegs die liefdevolle, Heilige Vader in julle liefhebbende harte die vriendelikste en saligste woning betrek

11. Begryp julle hierdie woorde wat Ek nou hoogs getrou gespreek het?

12. Ja, Adam, begryp dit diep in jou hart van liefde en die innigste lewe vanuit My en in My; hoor en sien en voel dit ewiglik! Amen."

13. Na hierdie woorde werp Adam hom dadelik teen Abedam se bors en ween van oormatige salige vreugde en van vurige liefde; want nou eers herken hy die Heilige Vader volledig, waardeur hy ook nie in staat was om te spreek nie, bevange deur die groot saligheid.

14. Abedam druk hom ook so kragtig teen Sy bors, dat deur hierdie houding elkeen kan sien en moes erken: JaHWeH is `n waaragtige Vader van alle mense. En almal begin hulle vertroulik om Hom heen te dring en die hele hoogte word al spoedig gehul in helder, sagte verwarmende vlamme van liefde vir die Heilige Vader!

15. En Abedam merk tydens hierdie wonderlike heilige, feestelike geleentheid op: "Adam, sien, dit is die korrekte voorbrand op aarde, voorafgaande aan die groot na-, of veeleer hoofverbranding, wat eens na die lewe in My oneindige ryk van die ewige lewe sal volg!

16. Bly dan ook steeds hierby; dit is die ware en My, die Vader, alleen welgevallige voorbrand. - Begryp dit almal! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205