Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 85

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die nuwe verbond tussen die heilige Vader en die kinders. Die weg van die Wysheid en die weg van die Liefde

85 Nadat Jorias sy visioen getrou weergegee het, neem die hoë Abedam weer die woord en rig `n baie verhelderende toespraak tot almal oor daardie visioen.

2. Sy woorde lui as volg: “Sien en luister, My geliefde kinders: Julle is werklik My kinders, soos Ek werklik julle Vader is, omdat Ek julle nou Self tot My ware kinders in die gees van die liefde verwek het!

3. Voorheen, naamlik vóór My neerdaling, het julle weliswaar julleself ook My kinders genoem, en vir My julle Vader, en daaraan het julle goed gedoen; want dat dit My na julle toe getrek het om julle almal nou opnuut in die Gees van die Liefde tot My ware kinders te verwek is `n meer as seldsame voorbeeld in die oneindigheid! Maar hoewel julle julleself in `n sekere sin eiemagtig van hierdie Naam bedien het en My Self eweneens “Vader” noem, was julle tot nou toe nog nooit My ware kinders nie; julle was enkel en alleen in naam My kinders, soos Ek ook maar net julle Vader was in soverre julle My so genoem het.

5. Ondanks dat julle, deur My so aan te roep, gesondig het, het Ek tog na julle toe gekom en verwek Ek julle nou tot My ware kinders in die gees en in julle harte; en daarom moet julle My van nou af aan nie meer net met die mond “Vader” noem nie, maar met die heilige lewende reg in julle hart vol liefde aan My sê: “Liewe Vader, ons enigste ware Vader!”

6. Vroeër het julle julleself tot My kinders en sodoende ook tot gode gemaak, terwyl julle dit nie was nie; want toe was dit van julle, as bewoners van die berge, maar net `n vorm van hoogmoed, om My so te noem, sodat julle julleself kon onderskei ten opsigte van die nakomelinge van Kain.

7. Omdat sommiges van julle egter die weg van die deemoed gevind het, en die enigste ware liefde tot My, het Ek as `n nakomeling van Kain na julle toe gekom.

8. Omdat die liefde nie daarvoor teruggedeins het om Hom, wat tot die stam van Kain behoort het, op te neem en Hom te midde van die hoofstam te laat bly nie, het Hy dan ook by julle gebly, is nog by julle en as julle wil, sal Hy ook vir ewig nooit meer van julle plek wyk nie, wat `n lewende plek in julle hart is.

9. En hierdie, uit die stam van Kain, is Ek, nou lewend en sigbaar in julle midde! Ek is die Een wie julle voorheen onregmatig Vader genoem het en Ek, wat tot Kain se stam behoort, gee julle nou die lewende reg, om My ware kinders te wees en Ek is julle enigste ware Vader.

10. Nou eers kan julle My met reg in die deemoed en liefde van julle harte Vader noem, soos Ek aan julle sê “My geliefde kinders”; want nou is Ek werklik julle Vader en is julle werklik My kinders.

11. Dit is dus `n verbond wat Ek nou vir ewig met julle sluit.

12. Vir diegene wie in die verbond sal bly, sal Ek `n Vader wees en hy sal vir My `n kind wees; en wie ook maar tot dié verbond sal toetree, aan hom sal ook die ware kindskap ten deel val.

13. Maar wie hulle van die verbond sal losmaak, sal hulle ook van My afsonder en gedurende die tyd dat hy afgeskei sal bly van dié heilige verbond, sal hy die kindskap verloor.

14. Maar waarlik, sê Ek, wie opnuut tot dié verbond wil toetree, sal hom tot die uiterste moet inspan!

15. Tog sal dit vir hom veel makliker wees om tot die verbond toe te tree, as om hom weer daarvan los te maak, wanneer hy al daarin opgeneem is; want wie in dié verbond deur My gegryp word, sal nie meer so maklik losgelaat word nie! 

16. Die droomgesig van Jorias het dit vir julle laat sien, toe hy die wolk, wat immers die deemoed van sy liefde was, wou verlaat, deur met geslote oë daarvan af te spring. Waar was hy, toe hy weer sy oë oopgemaak het? 

17. Sien, so hou die liefde julle stewiger vas as wat julle wel dink; en die liefde is die band van dié tans gemaakte verbond tussen My en julle! Dink julle dalk dat hierdie band so maklik verbreek kan word?

18. O, beslis nie, sê Ek vir julle; hy laat hom wel uitrek, sover as julle wil, maar nie weer so maklik verbreek wanneer hy eenmaal iemand deur die liefde vasgebind het nie, en die liefde is die ware kindskap.

19. Wie die liefde verwerf het, het ook die kindskap verwerf, omdat die liefde en die kindskap een en dieselfde is.

20. Sien, voorheen het julle julleself geheel en al op die Wysheid toegelê; maar die Liefde het julle met die voete vertrap! In die Wysheid was julle hongerig en dorstig. Julle sug na kennis het reeds die hele sigbare skepping verslind; en volgens julle wysheid was God vir julle `n God en mog en kon Hy niks anders wees as maar net dít nie; Hy kon ook alleen maar so wees as dit gestrook het met julle wysheid. En ook offer julle aan Hom soos dit julle die beste uitkom; want die God van julle wysheid moes Hom daarmee tevrede stel dat Hy moes wees wat julle van Hom gemaak het, en hoe Hy vir julle die aangenaamste was en die meeste voordeel oplewer.

21. Onder hierdie God, wie vir julle geen Vader was nie, was julle baie hongerig en julle kinders het versmag onder die enorme druk van julle wysheidsgod.

22. Wat het julle gedoen op `n dergelike hoogte waarin julle wysheidsgod julle geplaas het, en waar Hy julle oormatig honger en dors laat ly het?

23. Sien, toe eers neig julle julleself oor tot Henog se mond wat vol liefde was, en daarna ook julle harte! En hy was die stem van die liefde vanuit My, wie julle vanaf die ou wolk van Jorias toegeroep het dat julle God sonder liefde vir niks dien nie; alleen die liefde is die lewe self.

24. Merk julle nou wat die visioen van Jorias wil sê?

25. Sien, eers nou ken julle My deur julle liefde, My, die enigste ware God, wie julle ware Vader is, omdat Hy julle almal nou tot Sy kinders verwek het!

26. Eers nou het die ware lig julle ten deel geval, waarmee julle kan insien dat daar tussen My en julle vroeëre wysheidsgod `n oneindige verskil bestaan, omdat alleen Ek dit is, maar hy ewig niks is sonder My nie!

27. En daarin skuil dan ook die eindelose grootsheid van die feit dat julle nou die ware kindskap ontvang het; en behou dus ook dit wat julle nou kry en bly in My as kinders, soos Ek ewig julle Vader is in julle! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205