|
Die Huishouding van God - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 128
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281. |
|
|
Die verwondering van die ander Abedam, oor die lewe afwysende visie van Enos. Die gerusstellende woorde van die Heer tot die ander Abedam.
128. Nou het sommige die onsinnige jammerklagte van Enos gehoor en hulle weet nie wat hulle daarvan moes maak nie.
2. Selfs Adam was heel verbaas oor hierdie gedagtes van sy kleinseun.
3. Abedam, die ander een, wat homself nog steeds in die nabyheid van die Heer opgehou het, skrik en gaan onmiddellik na Hom toe en vra:
4. "O Mees heilige en mees liefdevolle Vader! Wat is dit nou? Nee voorwaar, - sulke gedagtes is wel die laaste wat ek in `n mens sou gesoek het:
5. Dat `n mens voor U aangesig die lewe in homself en in alle broers kan verwerp en vervolgens die volkome ewige dood van U kan vra!
6. Nee, dit sou selfs te veel vir `n droom wees, - en hy kan dit sommerso uitspreek?!
7. In plaas van om U eindeloos ewig dankbaar te wees vir die lewe, vir die oneindige wonderbaarlike goedheid van U barmhartigheid en erbarming, verag hy dit op `n manier wat tot nou toe nie vertoon was nie!
8. Hy is nie blind nie; want as hy was, sou hy in die toestand nie die gejaagdheid van die lewe so aanskoulik en duidelik kon verwoord nie?!
9. Hy is ook geen dwaas nie; want `n dwaas sal wel nooit in staat wees om die voordele van die non-bestaan so aanskoulik teenoor die nadele van die hele lewe te stel nie!
10. Ook is hy in die geheel nie sleg nie; want hy vervloek niemand nie, ook nie sy grootste vyand, naamlik die lewe nie, - maar hy wil net daarvan af wees, as dit moontlik was!
11. Is sy hart miskien deur iets geïrriteerd?
12. Ook dit bleik sekerlik nie die geval te wees nie; want hy wens immers vir almal net dit wat hy vir homself as die beste en gelukkigste sien en noem slegs diegene blind en dwaas wat vir homself die lewe wens, waarin hy vir homself die grootste ongeluk sien!
13. Hoe is dit moontlik! Ek sou eerder begryp dat iemand aan my sou sê: 'Die hele wêreld bestaan uit niks meer as slakke nie en die son uit gloeiwurmpies en verrotte hout nie!', as dit wat Enos so presies ten beste gegee het!
14. Werklikwaar, meer as heilige Heer en Vader! As ek in U plek sou wees, vergeef my, die domheid wat van oudsher aan my kleef!, - sou ek, eerlik gesê, gladnie weet waar om met so `n mens te begin nie! Want sou ek sy verlange aanvaar en tot sy wens inwillig, dan is my hele liefde, barmhartigheid en erbarming tog heeltemal verniet; want vir diegene wat nie bestaan nie, is tog immers ook alle liefde, barmhartigheid en erbarming soveel as niks!
15. Behou ek hom egter, dan kan dit tog onmoontlik anders gebeur as slegs via die oordeel; maar wat is so `n geoordeelde gees dan, - wat is sy lewe?!
16. `n Gedwonge in die lewe gestelde, fyn stoflike masjien sonder enige vryheid, voortdurend met homself in teëspraak, - `n bestaan sonder bestaan, `n lewe sonder lewe!
17. Waarlik, as goeie raad nie hier te versmaai is nie, dan sal dit in alle ewigheid nooit wees nie!
18. Maar hoe is dit tog moontlik dat `n mens tot so `n gedagte in staat kan wees?!
19. Nee, om die lewe te beskou as die grootste ongeluk, die dood daarteen as die grootste geluk, dit is te veel op één slag vir my arme siel!
20. Heer, Vader, Abedam, gee my, al is dit maar net twee woordjies ter gerusstelling!
21. Want nog nooit het iets my so verontrus en terneergedruk as hierdie onsinnige bekentenis van Enos nie; help my tog volgens U heilige Wil uit hierdie verwarring!"
22. En Abedam, die hoë, sê daarop aan die ander Abedam,: "Ek sê vir jou, laat die saak voorlopig maar vir wat dit is; dit doen almal wel goed en jy sal, net soos die ander, ook die ware lig op die regte oomblik ontvang!
23. Net dit moet Ek nou onmiddellik vir jou sê: As jy in My plek sou gewees het, as dit moontlik was, dan sou dit vir die mense met so `n doodsverlange met jou voortreflike profetiese wysheid wel erg bedenklik en boonop gevaarlik daaruit gesien het!
24. My Wysheid is baie gelatener en neem die saak nie so swaar en letterlik op soos die van jou nie.
25. Daarom sal Ek ook baie makliker as jy `n geskikte middel vind wat Enos weer op die goeie weg sal bring.
26. Wees dus maar gerus en bekommer jou nie; want so rampsalig is dit immers nie as die slaperige liewer wil slaap as wakker bly nie.
27. Maar as hy heeltemal uitgeslaap en ontwaak is, vra hom dan wat vir hom die welgevalligste is, die slaap of die helder wakker wees!
28. Wees daarom maar rustig; maar indien My Wysheid nie toereikend sou wees hier nie, dan sal Ek wel na jou kom om raad aan My te verskaf!
29. Maar wees tot dan, soos reeds gesê, maar gerus! Amen."
|
|
|
|
|