|
Die Huishouding van God - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 136
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281. |
|
|
Mahalaleël se dank vir die ontvangde lig. Liefde tot God is van `n hoër orde as vrees vir God, en trane van vreugde is vir die Heer aangenamer as trane van berou.
136. Dit het Mahalaleël se oë geopen en hy word daardeur vervul met dank in sy gees en verheug homself soseer, dat hy sommer `n paar spronge maak, omdat hy nou die barmhartigheid van die goddelike woord begryp het.
2. Sommiges verbaas hulleself en vra aan mekaar: "Wat is dit dan, waaroor vader Mahalaleël homself so verheug?
3. Die woorde van Abedam is wel verhewe en gewyd soos altyd en ewig; maar of dit iemand nou so byna uitgelate vrolik moet stem, laat ons maar in die midde!
4. Ons is al tevrede as ons die hoogs geheime betekenis van hierdie verhewe woorde uit die mond van die Allerhoogste ook maar enigsins begryp het.
5. Maar hoe iemand in plaas van uit allerdiepste eerbied in die stof van sy nietigheid neersink, so buitengewoon vrolik en bly kan jubel, dit mag sommiges begryp; maar ons bly rustig by ons verhewe eerbied!
6. Maar Mahalaleël was altyd maar bietjie sonderling; waarom sou hy dit dan nou nie wees nie?! - Nee maar, kyk nou tog eers hoe die ou vader nog soos `n bok kan spring!"
7. Nou laat Abedam toe dat die aangesig van die buitengewoon vrolike Mahalaleël weldra verlig soos die helder, rooi oggend wolkies, soos dit deur die eerste strale van die opgaande son verlig word.
8. Toe diegene wat so vol kritiek en verbasing was, dit opmerk, skrik hulle geweldig en raak in groot verwarring; want hulle dink nou dat hulle deur hulle opmerkings gesondig het!
9. Maar spoedig rig die hoë Abedam Homself op en wend Homself met die volgende woorde tot hulle:
10. "Kinders van die middag! Waarom bewe julle nou met die aanskoue van `n vrolike mens wie se hart vol vreugde is, omdat hy My barmhartigheid begryp en aangeneem het?!
11. Het julle skalkse woorde dan geen goeie invloed gehad op julle gemoed nie, dit wat nou so wankel en beef asof dit in die nag onder die slyk van alle sondes begrawe is?
12. Watter groot dwase is julle tog nog! Wat is dan beter: Angs of vreugde ten aanskoue van My?
13. Waarlik, waarlik, wie nog vol angs en eerbied voor My staan, die is ook nog nie rein nie; want net `n wankelende, onsuiwer en daardeur swak hart wat nog nie één geword het met My wil nie, vrees My, die Almagtige Sterke, Ewige God.
14. Maar wanneer `n hart in die Almagtige Sterke Ewige God, met al die liefdeswarmte sy liefdevolle Vader en sy groot barmhartigheid getrou herken het, vergeet sy die angs en die groot vrees vir Hom; sy hoef Hom maar net bo alles lief te hê, en doen dan wat Mahalaleël nou net gedoen het.
15. Sê nou self wat verkiesliker is vir My: `n Angstige of `n in My Naam bomatige vrolike hart?!
16. Ek sê egter vir julle: Ook al is trane van berou geregverdig en My welgevallig, die trane van vreugde in My, as Vader, staan nog veel hoër as die son op `n helder middag bo die aarde.
17. Want trane van berou sê dat iemand die groot afstand van sy liefde en trou ten opsigte van My besef het en sy siel weer vol verlange is om tot My, die Vader, terug te keer.
18. Die vreugdetrane daarenteen, is tog `n sekerlik teken van die volledige terugvinding, waarby die seun homself verheug omdat hy die Vader gevind het, die Vader egter, omdat Hy Sy seun teruggevind het!
19. Open daarom nou ook julle harte en verheug julle omdat die Vader na julle toe gekom het en julle Hom gevind het. En verwonder julle in die toekoms nie te veel daaroor wanneer julle weer iemand teëkom wat vrolik is in My Naam nie; want julle weet nou uit My mond dat diegene wat vrolik is oor `n goeie rede, veel aangenamer vir My is as iemand wat angstig en verdrietig is, ook al is dit om `n goeie rede.
20. Daarom moet julle iemand wat bedroef is, ook altyd troos; maar met iemand wat vrolik is, moet julle ook van ganser harte vrolik wees. Amen."
|
|
|
|
|