|
Die Huishouding van God - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 111
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281. |
|
|
Die reddingsdaad van die ylbode Lamel. Die relaas van die geredde meisie oor die gruwelikhede in Hanoch
111 Na hierdie woorde dank Horadal die hoë Abedam nogmaals en daarna wend hy hom tot die tien aanvoerders en sê aan hulle:
2. Gaan nou heen in die Naam van JaHWeH en sê aan die volk dat hulle die Heer moet dank en sorg dat hulle daarna reisvaardig is, sodat ons nog voor sonsondergang kan opbreek in die Naam van ons Heer en groot God, wie `n ware, heilige, liefdevolle Vader is! Amen.”
3. En dadelik gaan die tien aanvoerders na die volk en doen dit wat Horadal hulle opgedra het volgens die wil van die Heer.
4. Binne `n minuut was almal reisvaardig; maar toe Abedam Kisehel en Sethlahem opdra om nou die volk na die vooraf genoemde land te lei, sien, toe kom Lamel terselfdertyd soos `n ylings vlieënde voël verbygesnel, met `n meisie in sy sterk arms!
5. Toe hy by Abedam aankom, val hy op sy knieë voor Hom neer, sit die meisie op die grond en begin in alle liefde en deemoed te spreek, nadat hy eers vir Abedam met `n nederige hart vir die suksesvolle uitvoering van die buitengewoon swaar werk gedank het.
6. "Ek het die werk wat U my in my hart opgedra het, tot `n suksesvolle einde gebring.
7. Van al diegene wat U my in my hart aangewys het om hulle in U mees heilige Naam te red, het daar nie een agtergebly nie.
8. Maar, o heilige, liefdevolle Vader, sien, die meisie het ek weliswaar nie in my hart gevind nie, maar ek het haar eensaam wenend by `n breë riviertjie aangetref!
9. Ek het haar in die treurige toestand gevra: “Arme kind, wat skeel daar, dat jy so bitter huil en dan vertwyfeld jou hare uitruk?”
10. Die arme wese het diep gesug; en toe sy na `n wyle tot haarself gekom het, vertel sy die volgende:
11. “Groot man, terwille van die groot God wat die hoë verslae broers van die uiters wrede Lameg nog aan my ouers verkondig het, vra ek jou om na my, die allerarmste kind van die aarde, te luister!
12. En as jy my ontsettende nood eenmaal in kort en volledig verneem het, betoon dan erbarming met my nog jong lewe en maak my dood!
13. Luister nou; dit is my treurige lewensverhaal: My ouers was, ondanks die vreeslike verbod van die allergrootste tiranne, tog heimlik troue aanhangers van die groot Farak en het aan die groot, almagtige God wat deur hom verkondig was, geglo.
14. `n Bose gees moes dit egter aan Lameg verraai het! Hy het my liewe ouers onmiddellik deur wrede beulsknegte laat haal; net vir my as die enigste kind het hy in die huis gelaat.
15. Dit het nie lank geduur nie, of hierdie beulsknegte het my arme ouers weer tuisgebring. Hier moes hulle hulle dadelik ontklee. Toe hulle nou beide geheel naak daar gestaan het, bleek en sidderend oor hulle hele liggaam, gryp die beulsknegte eers my arme moeder en lê haar op die grond neer; toe gryp hulle haar sagte hande, strek dit strak gespanne op die grond uit en slaan dik, skerp spykers deur haar handpalms.
16. Dieselfde het hulle ook met haar voete gedoen. Die luide geskreeu van die pyn het die ore van die onmense verbygegaan!
17. Toe hulle met my moeder klaar was, doen hulle ook by my vader wat hulle my arme moeder aangedoen het.
18. Na hierdie ysingwekkende handeling skuif hulle `n ruwe klip onder die rug van my moeder in, sodat sy daar gelê het soos `n strakgespanne snaar op `n klankbord, om vervolgens hulle waarlik sataniese sinlike lus te bevredig!
19. Na die pleeg van hierdie gruwelikhede sny hulle eers albei se buike oop, neem my toe in hulle midde en dwing my om die oë van my ouers uit te steek, en om die god Lameg voortdurend daarby te loof.
20. Op daardie oomblik het ek bewusteloos inmekaar gesak en was hierheen gebring, en soos jy sien, aan hierdie paal vasgebind om van die honger om te kom.
21. Wat daar nog verder met my arme, hoogs ongelukkige ouers gebeur het, weet ek nie meer nie; maar soveel is seker, dat hulle nog meer gemartel was en ten slotte met huis en al verbrand is!
22. Nou weet jy alles, en kan jy met my doen wat jy wil; maar laat my net nie in lewe nie!”
23. Sien, heilige Vader, deur dié verhaal het dit gebeur dat ek `n kind, meer as wat daar in my hart getel was, hierheen gebring het!
24. Want nog nooit het ek so `n groot medelye vir iemand gevoel, as vir hierdié arme kind nie!
25. Daarom sal U dit my wel vergewe dat ek meer gedoen het as wat U my opgedra het; want wat ek daardeur aan `n gewisse ondergang ontruk het, het ek U hier immers getrou ten offer gebring.
26. O Vader, neem dit barmhartiglik aan!” Abedam buig Hom onmiddellik vooroor na Lamel, hef hom van die grond op en sê aan hom:
27. “Lamel, Ek sê vir jou, sien, met dit wat jy gedoen het, het jy meer gedoen as wat jy ooit in jou hele lewe gedoen het!
28. Maar laat ons eers die hele volk vertrek na hulle bestemde land, eers dan sal Ek My tot dié arme kind wend! Sy moet eers ietwat tot haarself kom; en dan sal Ek die beste doen vir haar en vir jou! Amen.”
|
|
|
|
|