Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 221

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die maaltyd in Lameg se eetsaal. Die aankondiging van die voltooiing van die tempel. Die afrekening van die boumeester. Henog se toespraak aan die werkmeesters

221 En almal begeef hulle na die eetsaal. Volgens `n ou gebruik moes Lameg se dienare steeds daarvoor gesorg het dat die tafels voortdurend van die mees voortreflikste vrugte voorsien was.

2. Toe almal versadig was, kom Thubal-Kain met Mura en Cural die saal binne en loop dadelik na Lameg en Kisehel, om hulle met `n verheugde gesig aan te kondig dat die tempel nou heeltemal gereed was. En sy ertsmeester het uit die oorgeblewe edele metaal `n skitterende hek vervaardig, wat selfs van `n briljante grendel voorsien was, sodat die tempel buite die gestelde tyd heeltemal afgesluit kon word.

3. Na hierdie mededeling loof Lameg vir God, dat Hy die bouliede sulke insig en sulke krag verleen het, om so `n groot werk in so `n kort tyd te kan voltooi, terwyl daar vir `n baie eenvoudige woonhuis van `n heel gewone burger van die stad, andersins tog baie jare nodig was, voordat dit heeltemal voltooi was.

4. Na hierdie lof en danksegging van Lameg gaan ook Mura en Cural na Lameg toe, en Mura neem die woord en sê vir Lameg:

5. "Ligvolle, magtige, wyse koning en meester, u sou my nou wel wil vra: 'Laat my die rekening sien, aangesien die bouwerk so pragtig en heeltemal voltooi is op die afgesproke tyd, sodat ek jou die hele bedrag vir die verrigte bouarbeid kan gee!'

6. Maar dit, o koning, sou nou oorbodig wees; want sien, soos wat die groot werk steeds op waaragtige wonderbaarlike wyse gevorder het, netso het ek en elke arbeider ook op hoogs wonderbaarlike wyse `n baie ryklik hoë loon ontvang!

7. Daar was nouliks `n uur verstryk sedert die groot werk volledig beëindig was of daar kom manne nader wat gevolg was deur groot kuddes edele mak diere, soos bulle, koeie, bokke en baie mooi wit skape.

8. Daarvan ontvang elke arbeider sonder onderskeid, tien stuks manlike en vroulike diere van elke soort, en wel so, dat elkeen tien bulle en tien koeie kry, tien bokramme en tien ooie, en tien skaapramme en tien ooie, dus elkeen sestig stuks; en ek en Cural, saam met nog ander onderopsigters, het dit elkeen tienvoudig gekry!

9. Ons is dus uitermate goed beloon en het daarom vir ons en ons werkers niks anders meer te vra as u koninklike tevredenheid, en dat u ons altyd goedgesind sal wees!

10. Cural het uit besondere dankbaarheid teenoor God, met my aan sy sy, besluit om die hele ruimte binne die ringmuur met wit gladgemaakte stene te uit te lê.

11. Meer as driekwart is al gelê, en binne `n kort tydjie sal die laaste deel ook voltooi wees, en u sal alles in gereinigde en pragtig glansende toestand aantref!

12. Hier is die sleutel van die tempelpoort en hier `n kleinere vir die eweneens goue traliepoort van die pragtige ringmuur!

13. Die sleutel van die tempelpoort kan u dadelik hou; maar die kleine sal ek deur `n bediende laat oorhandig, sodra die plek heeltemal uitgelê sal wees.

14. En laat ons nou dus weer gaan om die laaste vrywillige werk af te handel; u wil geskied! Amen!"

15. Hierdie berig verras ons Lameg soseer, dat hy van louter vreugde nie geweet het wat om te doen nie en ook geen woord kon uitbring nie.

16. Daarom tree Henog na vore en sê vir Thubal-Kain, Mura en Cural:

17. "Ek is `n nuwe bode van JaHWeH uit die hoogte; my naam is Henog, en ek is die enige hoëpriester van God.

18. As sodanig sê ek vir julle: Verheug julle nie soseer oor die loon en ook nie soseer oor die voltooide werk nie, maar verheug julle eerder oor God se groot barmhartigheid en erbarming! Sien julle gebreke, reinig julle harte, wees ywerige uitvoerders van God se wil, en bemin Hom bo alles en mekaar soos wat elkeen sy eie lewe liefhet, eers dan sal julle die groot beloning in sulke liefde vind, wat sal heet die ewige lewe in God!

19. Jy, Thubal-Kain, bly hier; maar jy, Mura en jy, Cural, gaan en voltooi julle werk, en kom dan self weer terug, want ek het nog iets belangrik om met julle te bespreek! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205