|
Die Huishouding van God - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 115
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281. |
|
|
Adam se hardop lofprysing oor God se erbarming en Sy menswording in Abedam
115 Na hierdie woorde van Abedam word Adam, en almal wat aanwesig was, so geroer, dat hulle vervul van vurige liefde en diepe ware dankbaarheid begin te huil en Adam ten slotte uitroep:
2. “O mens, o mens! Wat sou jy deur die liefde van die ewige, heilige Vader kon gewees het as jou eie vrye wil jou nie onheilig gemaak het ten opsigte van Hom nie!
3. Hoe oneindig goed is U, o heilige Vader, - en hoe diep moes ons nie geval het voor U nie, dat U ewige liefde ons slegs deur oneindige groot erbarming kan red!
4. Ja, - nou eers, nou, nou eers sien ek in, wat U, o mees heilige Vader, vir ons gedoen het, nou doen, en ewig sal doen!
5. Laat my dit nou uitskreeu dat alle wêreldpole my stem kan hoor: - Laat my verkondig soos alle donderslae van die wêreld, laat my so luid verkondig aan alle skepsels, alle wêrelde en alle hemele, watter oneindig grootse ding die Heer, die eindeloos heilige God, vir ons, die eindeloos diep gevalle sondaars teenoor Hom, gedoen het!
6. Hoor dit, alle hemele, jy son, jy maan en aarde, verneem dit uit my mond:
7. God, die ewige, die oneindige, die heilige, die almagtige God! O hart, my hart, breek nou nie die stem van my tong nie; laat nou toe dat ek dit uit alle mag uitskreeu! Hy, Hy, vir wie duisendmaal duisend jaar is soos die allervlugtigste oomblik, Hy, vir wie se ademtog alle eindelose ruimte bewe en die ewighede uit die allergrootste eerbied in die niet terugsink, Hy, wie met `n blik duisendmaal duisend sonne kan laat ontstaan en weer laat vergaan, Hy, Hyself in eie persoon wat ons, die mees onwaardigste skepsels, Sy eindelose gewydheid vergetend, vanuit Sy mees heilige diepte aangesien het, omdat ons deur ons allergrootste vrywillige boosheid so onmeetlik diep van Hom en voor Hom geval het, om ons Sy groot erbarming ten deel te laat val, die hele oneindigheid gevul met tallose trappe, sodat ons weer na Hom toe kan opklim!
8. Sy eindelose liefde en erbarming het gesien dat hierdie weg vir die gevallenes te eindeloos swaar was; Hy het daarom Sy eindelose gewydheid nog meer vergeet, op die wye vleuels van Sy almag Self langs al die eindelose trappe na ons afgedaal en wel soos wat Hy hier voor ons staan, `n Mens volgens kleur en gestalte, gelyk aan ons; so wil Hy ons ten eerste die weg bespaar wat ons ewiglik nooit heeltemal sou kon beklim nie, en om vervolgens as die Allerhoogste, die Ondenkbaarste te word vir ons, die allergeringstes en allerdiepste gevallenes van al Sy skepsels, wie hulle vrywillig op die mees boosaardige manier van Hom weggedraai het.
9. Hoor, hoor dit, alle eons van lewe wat uit Hom gestroom het! Om vir ons, o God, o God, o God! Grote, heilige God, my moeë, sterflike tong waag nouliks om dit uit te spreek! Om vir ons sondaars van die sondaars `n enigste ware, liefdevolle, erbarmingsvolle, heilige Vader te word!
10. Asof dit nog nie genoeg was soos Hy nou voor ons staan nie: `n Vader, maar soos my gees dit gesien het, om eens uit oorgroot liefde vir ons, allerlaagstes, self die as ewig blywende sondige vorm van ons vlees aan te neem, waarin ons geval het voor Hom, die ewig Heilige, om ons nog nader na Hom toe te trek, - om ons Redder, Leidsman, en allerwysste Broer te word!
11. Nee, nee, nee, dit is te veel! Abedam! Abedam! Abedam! Eindeloos heilige, mees liefdevolle Vader! Wie en wat is ons dan, dat U ons so onbegryplik barmhartig is, terwyl ons tog die mees waardeloosste is vir U deur en in U hele oneindigheid?”
12. Hier onderbreek die hoë Abedam vir Adam en sê aan hom: “Luister, Adam, eindelik sien jy in wie Ek is en wat Ek doen!
13. Maar Ek sê vir jou: Bly voortaan soos wat jy nou is, dan het jy al die ewige lewe in jou!
14. In jou grootheid was jy eens geroep om vir My hart `n lieflike broer, `n speelgenoot en innige deelgenoot van My ewige, oneindige volkomendhede te word.
15. Maar toe jy dit nie wou word as die geestelike Adam in die heelheid van jou wese nie, wat van My ontspruit het, sal jy egter in al jou kinders tog dit word waarvoor My hart jou eens so verlangend, allerheerliks uit haar laat ontstaan het!
16. Begryp dit! Sien, dit is waarom Ek dit alles doen en Ek het nou vir ewig, soos eens op `n tyd na die grootste, My hart nou gewend na die kleinste om die bo almal te verhef! Nou, niks meer verder nie!
17. Omdat die aand gekom het, moet ons na die huis gaan, na hulle wie al verlangend op ons wag!
18. En jy Lamel, neem die meisie en dra haar voor My uit as `n groot oorwinningsteken! Amen.”
|
|
|
|
|