Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 67

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Purhal se visioen

67 En na hierdie woorde roep Abedam vir Purhal na Hom toe en vra hom, net soos aan die voriges:

2 “Purhal, kyk, nou is die beurt van die groot orde by jou! Deel ook jy ons ook mee wat jy in jou gesien, gevoel en verneem het, - maar sonder vrees of skroom; want ons is immers nie hier byeen om mekaar wedersyds te vrees nie, maar alleen om mekaar lief te hê!

3. Wees daarom sonder vrees en vertel opgewek en blymoedig oor dit wat jou alles oorgekom het in die kort tyd waarin jy in jouself verkeer het! Amen.”

4. En so word die anders enigsins bevreesde Purhal dusdanig aangemoedig sodat al sy vrees dadelik verdwyn en hy hom in sy innerlike van `n krag bewus word waarmee hy dit met alle leeus, tiers, hiënas en leviatans sou opgeneem het, as mens hom opdrag daartoe sou gegee het.

5. Maar hy het heel goed geweet wat hy met hierdie nuwe krag moes doen en daarom begin hy dan ook getrou alles weer te gee wat hy in homself gevind, gesien, gevoel en baie goed gehoor het. - En sy woorde lui as volg:

6. “O my bo alles, alles verhewe heilige en van die allergrootste, oneindige liefde vervulde Vader! Almagtige, ewige, groot God; gesagvolle Heer en volmaak wyse Heer in alle dinge van die groot oneindigheid!

7. Sien, tot nou toe het nog byna elk van my voorgangers `n deemoedige verontskuldiging na vore gebring, waarom hy nie durf spreek oor dit wat hy in homself gesien het nie, omdat hy heel goed geweet het, net soos ek en seker elkeen van ons, - dat ook ons geheimste gedagtes so duidelik is vir U, as wat die son selfs op die helderste dag nie eens vir my kan wees nie!

8. Sien dus, heilige, mees liefdevolle Vader, ek wil in dié opsig `n uitsondering wees en wil geen blaar voor die mond neem nie, maar spreek soos wat U my tong laat groei het!

9. Want ek weet immers ook, net soos alle ander, dat alles wat ek gesien en gehoor het, van oorsprong geheel en al van U afkomstig is en ek weet daarom immers ook dat U U werk sekerlik deur en deur sal ken.

10. Maar moet `n appelboom dalk geen vrugte voortbring nie, omdat U heel verseker, maar ook ek, al presies weet hoe sy vrugte daar sal uitsien?

11. Ek dink dat om so-iets te verlang of ook maar te glo tog `n dwaasheid sou wees!

12. Daarom wil ek ook aanstons sonder skroom en vrees die vrugte ten beste gee wat U, o heilige, allerliefdevolste Vader, so lewendig in my origens uiters armsalige hart gelê het!

13. Die volgende het ek dus gesien, gevoel en duidelik verneem:

14. In die begin klim ek van die een gedagte na die ander en my gedagtes gaan aldus heen en weer en op en neer: “Moet ek dus in my hart kyk en goed ag slaan op alles wat hom daarin sal afspeel en vertoon?

15. Dit sou goed wees as dit moontlik was; maar hoe, - dit is nou `n heel ander vraag!”

16. Maar dan dink ek weer by myself: “Geduld, wees maar geduldig; want die Een wat so-iets van jou verg, sal jou immers ook wel die weg openlik of heimlik in jou gees toon, as dit Sy heilige wil is!

17. As dit egter nie Sy wil is nie, dan sal dit tog seker wel Sy wil wees, dat jy bly wie jy is en al van oudsher was: `n Arme, blinde sukkelaar!”

18. Maar tydens my weinig seggende gedagtes was daar opeens `n oorverdowend luide knal te hoor; en meteens vergaan die aarde onder my voete en het ek gesweef in die middelpunt van `n ewige nag en niks gesien nie, selfs nie eens die vlugtigste gedagte van myself nie, en ek was nouliks in staat om aan myself te sê: “So sien dit daar dus in my hart uit?

19. O heilige Vader, sien barmhartig op my neer en roep my weer terug; want in die nag moet ek ten prooi val aan die dood!”

20. Maar ek het dit nog nie gedink nie, of daar was `n tweede magtige knal te hoor, - en op daardie selfde oomblik sien ek aan alle kante, uit alle oneindige dieptes groot vlamme oplaai; en in die fel lig van die vlamme word ek eers gewaar, dat die vorige nag die nag in my eie hart was, en dat die na die tweede knal gewekte vlamme niks anders was nie as my eie, tot nou toe, vas slapende liefde nie.

21. Maar toe knal dit nog eens en nog vreesliker as die twee vorige kere!

22. Nou doof die lig van die vlamme deur die opkoms van `n son, ag `n son, wat beslis in ewigheid nooit haar gelyke in die hele oneindigheid het nie!

23. In die lig van hierdie son word alles wesenlik. Die vlamme van my liefde word wesens en sien daar uit soos ekself en aan hulle aantal lyk dit asof daar geen einde aan kom nie. En al die wesens beweeg hulle na my toe en word volledig één met my; in hierdie eenheid ondergaan ek so `n gevoel van geluksaligheid, dat ek dit nou nie met iets anders kan vergelyk nie.

24. Maar dié één - sy duur nie lank nie; want baie gou bly daar van al die wesens slegs ek as `n mens oor. Maar in plaas daarvan hoor ek nou baie stemme, asof in myself, en die stemme klink net so heerlik soos die oggendgesang van vrolike herders; en die stemme klink ook soos `n woord, wat as volg lui:

25. “Sien, Ek is alles in alles en alles is in My en alles is vanuit My! Jy is egter My ewebeeld; weet derhalwe wie jy is en wie jou Vader, God en Skepper is!”

26. Na hierdie woorde word dit weer nag in my en uit hierdie nag kom ek spoedig weer hier op aarde, van bo of van benede, terug.

27. Dit is alles wat ek gesien, gevoel en verneem het. Heilige Vader, hier bring ek dit vir U ten offer; neem dit barmhartiglik aan, - U heilige wil geskied! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205