Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 135

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Oor verwekkings wat wel of nie volgens die orde geskied nie.

135. Toe Mahalaleël hierdie les van die Hoë Abedam verneem het, was hy heeltemal tevrede gestel, dank met ontroerde hart en wou weggaan, maar Abedam sê aan hom:

2. "Mahalaleël, Ek sê vir jou, bly nog, want jou hart is nog nie totaal verlig oor dit wat jy in jou vraag gestel het nie! En soos jy nou is, kan jy nog in menige dwaling raak. Daarom moet jy nog meer lig kry!

3. Sien, jy is dit weliswaar met alles eens wat Ek jou op jou vraag meegedeel het, maar in jouself sien jy nog nie die ware rede waarom Ek die blinde of ongeordende verwekking sondig genoem het nie, en daarom wil Ek dan ook die rede aan jou verklaar.

4. Dit lui as volg: Alles wat siel heet en in die vrye toestand die totale oneindige ruimte vul en in die ryk van die geeste `n ondergrond is wat die tallose leërmagte van alle soorte engele en geeste bewoon, dit is My vrye, nog nie gevestigde gedagtes; hierdie steeds lewende gedagtes van My vervul egter nie net dit wat Ek so pas genoem het nie, maar hulle is ook die lewende vate of draers van die lewe van alle wesens wat van My stam.

5. Let nou goed op: As Ek een van My gedagtes wil vang en dan vashou, omvat Ek dit met liefde! As dit gebeur het, kan die gedagte wat deur My liefde gegryp is, haarself nie meer verhef in die oneindige kring van My ware goddelike bestaan en werksaamheid nie, net soos die tallose ander, wat nie gegryp is nie. Maar sy bevind haarself dan al as `n bestendige vorm lewend as`t ware vóór My; dan egter kan hierdie vorm self van My bewus word, dan word hierdie vorm nie alleen deur My liefde omvat nie, maar ook totaal daarvan deurdring.

6. Daardeur ontstaan daar dan `n druk en wrywing tussen die vorm en die liefde. En wat is die mees natuurlike gevolg daarvan?

7. Niks anders as dat dit deur die liefde aan alle kante en in alle dele in die noute gebringde vorm weerstand begin te bied nie, as dit te erg deur die liefde in beslag geneem word.

8. En verder omdat immers by iedere uitgeoefende druk die sentrum die meeste in die noute gebringde plek van iedere volkome vorm is, ontstaan daar ook die grootste moontlike weerstand.

9. En waar die grootste weerstand is, daar is ook die werksaamheid die grootste.

10. Nou weet julle reeds heel goed uit eie ervaring, dat by `n oormatige sterk samepersing ontsteking veroorsaak word, soos byvoorbeeld die geval is as iemand twee stukke hout baie stewig teen mekaar vryf, sodat dit gou ontvlam, of by twee klippe.

11. Of wanneer iemand van julle ernstig getref word, hetsy deur die weerbarstigheid van iemand anders of deur `n blik wat uiters aangenaam is, of ook deur die hoor van iets ergs of van `n baie goeie berig; iedereen voel immers as so-iets hom oorkom dat sy hart in `n sekere sin begin brand.

12. Sien, nou is ons al daar! Omdat die brand altyd met `n liggewende vlam verbind is, wat dieselfde is as die lewe van My Ewige liefde Self, word hierdie vorm, wat deur die liefde gevange en saamgedruk is, noodsaaklikerwys deurlig. Uiteindelik gaan die hele vorm self in al haar dele oor in die beweging van die vlam, wat vanuit die sentrum opvlam. Daardeur word die vorm lewend en in die eie lig vry en bewus van haarself.

13. Wanneer Ek wil dat `n soortgelyke op dieselfde manier vasgehoue gedagte bly bestaan, dan word sy meteens solied en bly dan vir altyd as`t ware vóór My aangesig.

14. Wil Ek dit egter nie, dan trek Ek My liefde weer terug uit en van die vorm; sy word dan weer vry en ongebonde en styg weer omhoog in die oneindige ruimte van My goddelikheid. Hierdie gedagte is dan weliswaar alleen vir My sigbaar bewus, soos jou eie gedagte vir jou!

15. Sien, dit is My orde waaruit alle dinge voortgekom het! Wanneer jy nou jou gelyke verwek het vanuit hierdie orde, waarin jy deur Myself geskape en in sekere sin verwek is, dan is jou verwekking geregverdig, omdat dit in die orde plaasvind waarin Ekself is.

16. Maar verwek jy slegs blind en doof, dan verwek jy nie, maar vernietig jy net wat Ek Self vir `n ewige vrye bestaan geskape en verwek het en dit is dan natuurlik teen My wil, wat soos Ek hiervoor aantoon, immers alleen die ware vasbestemde bestaan van elkeen deur My verwek en geskape wese is.

17. Wanneer die wese handel in stryd met My wil, is dit immers die sonde of die dood van die wese wat deur My verwek is!

18. Daarom moet die verwekking heeltemal volgens die orde geskied! -

19. Nou eers het jy lig en kan jy jou na jou plek begeef! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205