|
Die Huishouding van God - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 72
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281. |
|
|
Oalim se visioen: Drie harte inmekaar
72 En nou roep Abedam vir Oalim na Hom toe en wel met die volgende woorde: “Oalim, jy is oorweldig deur louter gevoelens van dank teenoor My vir My vaderliefde, kom na My toe en laat ons almal, net soos jou voorgangers, weet wat jy alles in jou gesien, gevoel en gehoor het! Maar spreek sonder angs of skroom, sodat niks agterweë bly nie; want dit is alles van groot betekenis vir jou, net soos vir al jou broers. Open dus jou mond! Amen.”
2. En dadelik kom Oalim nader, dank My vanuit die diepste grond van sy hart vir die groot barmhartigheid, omdat ook hy net soos sy broers geroep word, en begin toe die volgende droomgesig wat vir elke mens sekerlik uiters opmerklik was, duidelik weer te gee; sy verhaal lui aldus:
3. “Heilige, mees liefdevolle, enigste ware en goeie Vader en julle almal, my liewe broers en susters, my liewe natuurlike vader, moeder en kinders! Sien, die Allerhoogste het my allerbarmhartig geroep om vir Hom en julle almal te spreek; maar waaragtig waar, dit is moeilik om iets weer te gee in woorde, gespreek met `n stoflike tong, wat op die hele aarde, ten minste volgens my beperkte kennis, nie sy weerga het nie.
4. Maar ek is vol vertroue; want die Een wie my so-iets in myself laat sien, voel en hoor, sal sekerlik ook my andersins suf tong die korrekte lenigheid gee om die onuitspreeklike vir julle almal so begryplik moontlik te kan uitspreek.
5. Ja, waaragtig waar, mag daar nooit `n einde wees aan my dank aan U, meer as heilige, mees liefdevolle Vader nie; want nou het my tong deur U toedoen heeltemal los geword!
6. O luister, julle almal, my liewe broers en susters, my natuurlike vader, moeder en kinders en verheug julle saam met my; want die Heer, ons groot God en mees heilige en liefdevolle Vader is onvoorstelbaar goed, sagmoedig en vervul met die grootste geduld; daarom het Hy my tong losgemaak en wil uit my mond nou weer alles verneem wat alleen Hy al tevore in my hart gewek het!
7. Omdat dit dus U heilige wil is dat ek sal spreek, wil ook ek met die grootste vreugde van my hart alles doen wat U, heilige, mees liefdevolle Vader, ook maar welgevallig is!
8. Hoor dan alles wat ek uiters wonderbaarlik in my gesien, gevoel en getrou en duidelik verneem het!
9. Aanvanklik het dit vir my baie vreemd in die ore geklink dat ek in my hart moes kyk, want dit het vir my immers volslae onmoontlik gelyk om my kop, waarin die oë tog geplaas is, êrens in my liggaam te steek om dan die hart daarin te beskou!
10. Slegs, toe ek so nagedink het oor die moontlikheid of onmoontlikheid om my oë in my liggaam te bring, verloor ek opeens onverhoeds die lig van my oë; maar byna op dieselfde oomblik word alles skielik lig in myself sodat ek myself innerlik sien soos ek myself andersins uiterlik by die lig van die son sien.
11. Ek kon toe egter wederom nie begryp hoe so-iets moontlik kon wees nie, aangesien ek voorheen so-iets nog nooit ervaar het nie; en terwyl ek so dink, begin ook my hart dadelik volkome deursigtig te word, en sien ek drie harte net so inmekaar gesit as die drie kerns van die met stekels behaarde vrug van die kastaiing, en wel eers die kern met die bruin skil, in hierdie skil die eintlike vlees of die vleeskern, en daarna in hierdie vleeskern eers die klein kiemkern, waarin die eintlike lewe ingesluit is en daarin die oneindige veelvoud en die eindelose veelheid daarvan.
12. Die buitenste hart spring baie gou uiteen, raak los van die res en val omlaag in `n eindelose diepte waar dit bowendien vernietig word; en dit was die buitenste vleeslike hart van die liggaam.
13. Die meer inwendige, substansiële hart bly egter en brei haar voortdurend uit, waardeur dit die binneste, in hoë mate stralende kiemhart dwing tot aanhoudende groei sodat dit ook steeds groter word, soos die kiem van `n saadjie wat in die aarde gelê is, steeds groter word en wel so lank totdat `n magtige boom daaruit ontstaan.
14. So was dit ook die geval met die binneste kiemhart van my. In die begin lyk dit asof dit maar net `n hart was; toe dit egter steeds maar groter word, kry dit ook, hoe langer hoe meer, `n menslike vorm en toe herken ek myself in hierdie nuwe mens wat voortgekom het uit my vroeëre, inwendige, stralende kiemhart.
15. By die aanblik van hierdie mens dink ek by myself: “Het hierdie nuwe hartmens in my dalk ook nóg `n hart in hom?”
16. En kyk, onmiddellik sien ek in hierdie nuwe mens, dat hy ook nog `n hart in hom dra!
17. Die hart lyk soos `n son en haar lig was sterker as die duisendvoudige lig van die son bedags.
18. Toe ek die sonhart steeds meer en meer bekyk, ontdek ek skielik in die middel van die sonhart `n klein op U, o heilige Vader, volkome lykende, lewende afbeelding, - ek het egter nie geweet hoe so-iets moontlik was nie.
19. Toe ek daaroor nagedink het, ervaar ek ineens `n onuitspreeklike geluksaligheid en U lewende beeltenis open onmiddellik sy mond en spreek met my vanuit die sonhart van die nuwe mens die volgende in my:
20. “Rig nou jou oë omhoog en aanstons sal jy gewaarword vanwaar en hoe Ek nou lewend in jou woon!”
21. En ek rig my oë omhoog en onmiddellik sien ek in `n eindelose diepte der dieptes van die oneindigheid eweneens `n onmeetlike groot son en toe in die middel van hierdie son Uself, o heilige Vader!
22. Van U uit gaan eindeloos baie meer as ligte strale en een van die strale val in die sonhart van die nuwe mens in my en vorm so Uself lewend in my.
23. Toe strek die nuwe mens in die kiemhart sy arms uit en wil my, uiterlike mens, gevange neem.
24. Maar ek skrik daarvan en hierdie skrik werp my weer in my ou huis terug.
25. Die vorige ontsnapte vleeslike hart kom weer vanuit die diepte omhoog en omsingel meteens weer die twee binneste harte; toe dit gebeur het, word die buitewêreld weer sigbaar vir my en al die innerlike verdwyn.
26. En so is dit dan ook alles wat ek in my gesien, gevoel en gehoor het.
27. O heilige Vader, neem dié sekerlik onvolkome verhaal van my, barmhartig op en maak dit volgens U heilige wil volkome; U wil geskied! Amen.”
|
|
|
|
|