Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 138

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die Heer kom die mens ewig naderby. Die teenstelling tussen die oneindigheid van God en die eindige, begrensde gedaante van die Heer in Abedam.

138. Toe Jared die lewende roep van Abedam hoor, kom hy haastig nader, - dit wil sê veel eerder geestelik as liggaamlik! Want wat sy liggaam betref, staan hy nie regtig so ver van Abedam af nie; maar wat die gees betref, is daar werklik ewigdurend `n steeds groter toenadering tot My moontlik, en wel so dat selfs die mees volkome gees nog voldoende ver van My afstaan, sodat hy My voortdurend en steeds meer sal kan nader, sonder om daardeur ook maar `n haarbreedte werklik nader aan My te kom.

2. Liggaamlik beskou sou `n dergelike bewering weliswaar nie aanneemlik wees nie, maar geestelik kan dit baie goed die geval wees, en wel so, as iemand langs natuurlike weg `n nêrens bestaande grens van die oneindigheid sou wil nader. Ook al sou hy al met die hoogste snelheid van die gedagte in één oomblik deur wye, eindelose ruimtes kan vlieg en dit baie ewighede lank doen, - hoeveel nader sou hy dan eintlik die nêrens bestaande grens van die eindeloosheid genader het?!

3. So is dit ook met die geestelike toenadering tot My. Elke gees kan weliswaar steeds meer volkome word en steeds meer na My lyk, maar My volkomenheid, wat in alles oneindig is, kan hy nooit totaal bereik nie; wie sal dit dan ooit kan benader in die waarheid en volste werklikheid?!

4. Maar wel kan Ek iedereen benader en ook daarvoor sorg dat elkeen My kan benader.

5. Daarom kom Jared dan ook haastig nader, toe hy My geroep in sy gees verneem het; Ek lê julle dit hier uit, sodat julle insig in die soort dinge kan begin kry.

6. Waarom was Jared geroep, en waarom was sy beproewing van so `n groot waarde?

7. Let nou goed op, want sonder hierdie beroeping kan julle nie in die tempel van die lig kom nie!

8. Toe Jared nou vlak by Abedam staan, neem Hy sy hand en sê aan hom: "Luister, My geliefde Jared, Ek ken jou leer oor My en sê jou, dat jy al jou kinders korrek onderrig het; ja jy het hulle heeltemal volgens My wil onderrig!

9. Maar as jy sê: 'God is volstrek oneindig in Sy wese, in Sy liefde, in Sy gewydheid, in Sy barmhartigheid, in Sy erbarming, in Sy mag, krag en sterkte, in die duur van Sy bestaan asook in Sy goedheid, geregtigheid en Wysheid', dan sou Ek nou tog graag vanuit jou hart wil verneem, hoe My wesenlike sigbaarheid, wat aan jou gelyk is, nou ooreenkom met jou voorstelling van My oneindige wese! 

10. Want Ek is van mening: Soos wat die eindige, ruimtelik begrensde nooit die oneindige ruimte totaal sal vul nie, ook al sou dit homself ewigdurend na alle kante toe uitbrei, - is tog ook die omgekeerde die geval.

11. Want waar en hoe moet die eindelose ruimte dit self begin saamtrek tot `n eindige wese?! Waar moet dit begin as dit geen grense het nie, en hoe sonder grense?!

12. Maar waar dit so is volgens jou leer, vertel My dan: Hoe het Ek, die oneindige God, dan nou vir jou, asook vir al die ander, `n sigbare, in Sy liggaamlike vorm begrensde God geword?

13. En sê My ook heel gewetensvol en getrou, of Ek dit wel is, of nie!

14. Volgens jou leer kan Ek dit onmoontlik wees; maar volgens jou liefde en jou geloof is Ek dit tog wel weer!

15. Sê dit aan ons almal; want duidelikheid ten aansien van die punt is van die allergrootste belang en wel omdat `n oneindige Godwese vir alle eindige wesens so goed as volledig ondenkbaar is, dus so goed as geen wese en derhalwe ook so goed as geen God is nie.

16. `n Eindige God sluit immers al met die begrip 'eindig' alle goddelikheid uit!

17. Open jou hart en verklaar ons hierdie teëspraak en vinnig ook, of Ek wel God is of nie!"

18. Toe Jared en ook al die ander hierdie vraag gehoor het, slaan hulle hulleself almal op hulle bors en die een twyfel na die ander begin hulle hart gevange te neem. En Jared sê na kort nadenke: "Heer en Vader in al U liefde en gewydheid! Hierdie vraag sal weliswaar die grootste en diepsinnigste gerub netso min in staat wees om te beantwoord as ek, maar dit kan ek nou al wel sê, omdat U die vraag gestel het: as U nie God, die Waaragtige sou gewees het nie, dan sou U hierdie vraag ook onmoontlik kon stel, waar dit immers, soos U ook, oneindig is in al haar afsonderlike dele, asook in haar totaliteit!

19. Maar my maatstaf vir U Godwees is my eie hart, net soos die hart van al die ander, omdat sy niemand anders soseer kan liefhê as U nie!

20. Al die ander is van geen belang vir my nie! Hoe U Uself as `n oneindige God ook aan ons, ten aanskoue van U, eindige wurms in die stof van alle nietigheid, as `n eindige God, in die gedaante van `n mens kan toon, dit mag begryp wie dit wil; alleen ek en alle hemele en sonne en wêrelde en mense begryp dit nie en sal dit ook verseker ewiglik volstrek nie begryp nie!

21. Maar hier beken ek ook heel openlik, dat ek U alleen in hierdie gedaante waaragtig kan liefhê; want waar sou `n begrensde hart die liefde vandaan kry, waarmee hy God in Sy onbegrensdheid kan liefhê?!

22. Daarom is ek ook so oneindig veel meer liewer vir U as in U onvoorstelbare goddelike oneindigheid.

23. Wanneer ek God vrees en bemin, dan vrees en bemin ek Hom alleen in hierdie vorm; want vir `n oneindige God bestaan ek immers so goed as glad nie, en Hy is dan immers ook vir die wat ten opsigte van Hom volslae nietig is, onmoontlik `n God!

24. Sien, dit is al wat ek daaroor kan sê; mag dit vir U welgevallig wees!"

25. Daarop druk Abedam Jared teen Sy bors en sê: "Jared, jy het My `n volkome antwoord gegee, en dit is presies soos wat jy dit nou uitgespreek het!

26. Slegs die liefde is `n maatstaf vir My goddelikheid, en met geen enkele ander maatstaf is Ek te meet nie; want Ek is waaragtig `n oneindige God. Maar My ruimtelike oneindigheid is slegs `n deur die tyd bepaalde verskynsel, - in die gees is dit egter slegs die volkomenheid van die mag van My wil en van My liefde en Wysheid; maar die gestalte van My wese is presies dieselfde waarvolgens julle almal gemaak is tot My wesenlike ewebeeld!

27. Bly dus, My liewe Jared, soos wat jy was, en glo My: Niemand sal My ooit in `n ander vorm sien as waarin julle almal My nou in die gees sien nie! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205