Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 166

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die verskil tussen die skranderheid van die verstand en die wysheid van die hart

166 En Abba sê daarop vir die spreker en ook vir sy broers: "Ek sê vir julle, julle het My `n heeltemal korrekte antwoord gegee, en dit is soos wat jy dit nou belig het!

2. Maar dit alles het uit jou denke, deur die verstand en jou wêreldse skranderheid voortgespruit, op grond waarvan jy ook `n volkome opregte man is.

3. Maar aangesien jy dit alles langs die weg van die ryp denke en oorwegings gevind het, het jy daardeur wel die sintuie van jou siel `n tydlank laat oplewe; maar jou gees is daarmee nog in die geheel nie gewek nie, hy het selfs nog nagenoeg dood gebly! Dat dit so is, sal jy alles duidelik deur middel van enkele klein gelykenisse insien!

4. Die siel en haar sintuie is die blomme van die gees. Wanneer jy `n lelie, wat nog nie heeltemal oopgegaan het nie, van haar stingel afbreek en jy plaas haar vervolgens in die water, dan sal sy ook wel daar oopgaan en haar uiterlike vorm en haar geur sal dan heeltemal lyk soos die ander, wat hulle aan die stingel ontplooi het. Maar wanneer dit dan later om die rypword van die lewende saad gaan, sien, dit sal ten gronde gaan saam met die verdorde en ten dele vergane blom; want die lewe van die saad stam nie van die blom af nie, maar alleen van die wortel, wat in die van lewe versadigde aarde skuil. Die blom is alleen bestem om die vorm van die saad te ontwikkel, oftewel die liggaam van die saad.

5. Nou sien, presies so is dit met die mens, wanneer hy slegs na die suiwer wysheid gryp; want die wysheid op haarself is dan niks anders as `n leë ontplooiing van die blom van een of ander plant, wat van die wortelstok geneem of daarvan geskei is en geen lewe tot stand kan bring nie, omdat sy geen wortel en geen aarde het nie, maar slegs suiwer water, wat op sigself geen lewe het nie, maar alleen die vermoë om die lewe vry te maak uit die aarde en die wortel in staat te stel om daardeur die lewe uit die aarde op te neem.

6. Die liefde is egter die wortel van die boom van die lewe. Die hart of die gemoed, wat hom in die gevoel uitspreek, is die aarde. Wie dus vrugte van die lewe wil oes, moet die aarde bemes en voedsel aan die wortel gee; dan sal aan die stingel, wat op die gesonde wortel leef, nie alleen die blom nie, maar ook tegelykertyd die lewende saad baie goed gedy.

7. Jy het Abedam en Henog volkome waarheidsgetrou begryp, netsoos die lelieblom wat van die stingel geskei is en waar die blom vervolgens in water oopgegaan het, teenoor die blom wat haar aan die stingel ontplooi het. Maar as jy die saad begin te soek, waarlik, dan sal jy geen saad vind nie, omdat daar geen wortel en geen aarde aanwesig is nie! - Begryp jy dit?

8. Luister na nog `n gelykenis! Sien, in die somer pryk baie plante op die bodem van die aarde; maar wanneer die winter as die sterk beproewer van die lewe kom, rig hy alle skeppings van die lig ten gronde, - slegs die wortel en die geheel ryp geworde saad is hy nie in staat om te dood nie!

9. Sien, so is dit ook met jou insig oor Abedam en Henog! Die verstand sal Abedam en Henog so lank vashou as wat hulle tasbaar vir jou verstand aanwesig is en dit sal ook oor hulle nadink solank as wat dit nie tot `n bevredigende eindresultaat gekom het nie; maar as hy dit gevind het, dan het die son vir die verstand ondergegaan en het die winter sy intrede gemaak. 

10. Die insigte sal begin om af te sterf en oor te gaan in die dood, wat suiwer valsheid en verdorwenheid is en soos skimmels en swamme lyk, wat geen wortel en geen saad het nie.

11. Maar as Abedam en Henog deur die liefde in die hart opgeneem is, dan sal dit tot `n boom word onder wie se takke selfs die geeste van die hemel sal skuil.

12. Want dan sal Abedam die wortel wees, en Sy woord die aardryk waaruit dan allerweë `n Henog as `n ryp saad vol lewe sal voortkom; en die blom van die stam sal opreg wees en sal die saad self die korrekte vorm en `n korrekte, vaste bekleding gee waarin die lewe ewig sal kan bly! - Begryp julle dit?

13. Ja, julle begryp dit nou soos wat die waterblom soos `n volkome blom lyk; maar as julle alleen maar in die water van julle verstand sal bly, dan sal daar vir julle geen lewende saad uit die begrip groei, soos wat ook uit die waterblom geen saad opgroei nie!

14. Maar Ek sê vir jou: Omgewe jou blomstingel wat van die wortel geskei is, met die goeie lewende aarde van jou hart, en begiet haar dan onafgebroke met die lewende water wat nou uit My mond gevloei het, dan kan jy tenminste nog die saad tot rypheid bring, wat dan opnuut in jou aardryk sal uitsaai, sodat daar vir jou dan ook `n nuwe wortel van die lewe sal ontstaan, wat deur geen winter meer beskadig sal word nie; want sonder wortel is daar geen lewe moontlik nie!

15. Jy verbaas jou nou wel oor My wysheid; maar Ek sê vir jou: Soek, sodat jy jou in die eerste plek oor My liefde sal verwonder, dan sal My wysheid jou nie meer so erg verbaas nie, maar wel die Ewige lewe, wat die liefde is en die oorsprong van alle wysheid!

16. As iemand jou `n mooi blom skenk wat jy nog nooit gesien het nie, dan verskaf dit jou groot vreugde; maar Ek gee jou die hele plant! Sit dit in die aardryk en jy sal dan die wortel, die blomme en ten slotte selfs die saad van die lewe oes!

17. Begryp dit! Is daar nog iets vreemd vir jou, - sien, hier is Ek en daar staan Henog; vra, en ons sal vir jou en iedereen vanuit die wortel antwoord! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205