Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 241

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Henog se woorde oor die nutteloosheid van `n opgelegde geloof en `n liefde wat deur die sigbare aanwesigheid van God afgedwing word tot die Heer. Die wese van die deemoed

241 Toe almal hulle ietwat van hulle groot weemoed herstel het, staan Henog op, gaan na Lameg toe en spreek die volgende woorde:

2. "Luister broer Lameg, en luister almal! Julle het nou almal met julle eie oë die invloed van die Heer, die heilige, liefdevolle Vader, gesien en ook almal Sy goddelike, almagtige, heilige vaderstem gehoor, en elkeen moes by homself erken, en moet in sy eie hart gesê het: 'Waarlik, so kon geen mens gespreek het nie!'

3. En netso het julle dade van Hom gesien, wat geen mens ooit vanuit homself kan volbring nie, hetsy dan dat die Heer, wat julle nou gesien en gehoor het, dit deur hom volbring het.

4. Ongetwyfeld glo julle nou wel dat dit die Heer is; maar sien, aan hierdie geloof van julle nóg aan hierdie liefde tot Hom het julle iets, omdat julle nie anders kon as om aan die sigbare te glo nie en die tasbare lief te hê, omdat julle onmoontlik daaromheen kon, aangesien julle almal deur Sy almagtige aanwesigheid gedryf was wat julle onweerstaanbaar na Hom toe getrek het.

5. En omdat julle niks daaraan het nie, is dit die vraag wat julle moet doen, sodat die geloof aan Hom en die liefde tot Hom waarlik iets vir julle kan beteken!

6. Sien, liewe broers, dit is nou `n baie belangrike vraag, en die vraag moet ek vir julle almal beantwoord!

7. In julle hart vra julle julle af: 'Ja, waarom het dit alles dan geen nut vir ons nie? Dit was tog al oneindig nuttig vir ons gewees en dit sal ons tog ewig van nut wees?!'

8. Julle het gelyk, liewe broers, dat julle dit vra; maar ek sê vir julle: Hier is heeltemal geen sprake van nut nie. Want alles wat die Heer doen is goed vir ons, as ons dit reg gebruik; maar gebruik ons dit verkeerd, dan kan dit ons ook die grootste skade berokken.

9. Dat die Heer ons geskape het en ons `n vry, selfstandige bestaan gegee het en bowendien nog `n wonderlike aarde vir ons geskape het, wat ons dra en ons van al die moontlike voorsien, - wie kan dan sê, dit het heeltemal geen nut vir ons nie?!

10. Maar wanneer is dit alles goed vir ons? - Alleen dan, wanneer ons dit alles volgens die wil van die goddelike liefde gebruik!

11. Maar gebruik ons dit nie so nie, dan bring dit ons baie gou die oordeel, wat reeds die eerste dood van die gees is, en bring ons dan van hierdie dood, wat naamlik die oordeel is, na die werklike en ewige dood.

12. Nou sien, soos die Heer julle almal eens geskape het vir `n vry, selfstandige werksaamheid deur middel van die aan julle verleende lewende krag uit Hom, het Hy julle nou ook opnuut gelowig en liefdevol gevorm vanuit Homself!

13. Hierdie geloof en hierdie liefde is nou nog nie in die minste julle eiendom nie en strek julle dus ook nog nie tot lewe nie, maar dit is vir almal net `n oordeel, waar julle nou gedwing is om so te glo en lief te hê.

14. Wat moet julle dan nou doen, om uit hierdie onvry makende oordeel te kom?

15. Sien, daartoe het ons almal slegs één middel, en dit heet die ware, groot deemoed van die hart! Maar waaruit bestaan dit?

16. Dit bestaan daaruit, dat julle julleself hierdie barmhartigheid, wat julle almal nou ten deel geval het, hoogs onwaardig ag, en julleself beskou as die minste onder die volk, en julle die volk leer om God werklik as die Heer en enig ware Vader te erken; en verder, dat julle, as julle die hele dag in die Naam van die Heer gewerk het, dan aan die einde van die dag in julle hart, vol lewende liefde tot Hom, sê:

17. 'O God en Vader, sien barmhartig neer op ons, lui en trae knegte, en kyk na ons arbeid asof dit iets sou voorstel vir U! Want ons sien in en beken werklik voor U, dat al die goeie wat aan ons arbeid kleef, `n daad van U is; en dat ons met ons onbekwame hande U slegs hinder by U werk. Neem daarom ons wil in die plek van ons werk aan, en laat altyd U heilige wil geskied!'

18. Sien, eers by `n soortgelyke toestand van julle gemoed sal hierdie geloof en hierdie liefde vir julle tot nut word!

19. Belowe dit nou aan die Heer in julle harte, dan sal julle werklik lewend van gees word, en julle kinders en kindskinders sal julle seën ewig met julle deel in die Heer! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205