Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 218

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die vreemde spreker maak hom as die hoëpriester Henog bekend. Lameg se vurige liefde tot JaHWeH

218 Nadat die nog onbekende man gespreek het, gryp Lameg die hand van Kisehel en vra hom dringend:

2. "Magtige vriend en broer, het jy hom herken, hierdie goddelike spreker? Waarlik, hy kan onmoontlik van gewone afkoms wees! Hy spreek van die hoogte, waar jy vandaan kom; kom hy nie daarvandaan nie?

3. Ja, dit moet so wees, of hy dit wil of nie; want niemand in die laagte is in staat om so te praat nie!

4. Die stad Farak het anders ook wel in die geheim nog wyse manne gehad, wat hulle uit angs vir my verborge gehou het; maar van so `n wysheid was geen sprake nie!

5. Want hierdie waaragtig baie verhewe mens, het immers woorde gespreek, wat geklink het asof die almagtige God hulle Self gespreek het!

6. Dit sal jyself nog beter kon opgemerk het as ek, en daarom vra ek jou, leer my hierdie mens ken, want daar is veel vir my geleë daaraan!"

7. En Kisehel sê daarop vir Lameg: "Broer, sien, hy kom vanself na ons toe, en ek dink dat jy die beste van hom self te wete sal kom wie daar agter sy hand skuil! Sy stem is vir my wel bekend, want dit klink soos die van die opperpriester Henog, wat deur God Self as sodanig vir die hele aarde aangestel is!

8. Maar sy uiterlike is vir myself nog byna heeltemal onbekend, deurdat ek sy gesig nie kan sien nie, omdat hy dit bedek hou, wanneer hy hom na ons toe wend, maar hy toon dit tog wel, soos dit vir my voorkom, aan die volk, wat my nou juis van die kant van Henog enigsins raaiselagtig voorkom.

9. Want ek sien self nog nie die rede nie, waarom hy sy gesig vir my en vir die agter ons staande ses ander broers verberg! Maar hy is naby ons; daarom verder niks meer nie!"

10. En dadelik daarop gaan die nog onbekende man na Kisehel toe, reik hom sy hand en sê: "Die ewige liefde en barmhartigheid van ons hoogs goeie, heilige Vader sy met jou, jou liewe broers en met hierdie nuwe broer Lameg en sy hele volk!

11. Aartsvader Adam laat jou en jou broers groet, soos die aartsmoeder Eva, Set, Enos, Kenan, Mahalaleël, my vader Jared, my seun Metusalag, en sy seun, die liewe Lameg, en hulle beleef almal `n eindelose groot vreugde aan die wonderlike welslae van die werk wat die heilige Vader julle Self opgelê het.

12. Adam seën die laagte daagliks wel honderd keer en al sy hoofstam kinders saam met hom; want hy was baie besorg oor julle, en dit des te meer waar die liefdevolle, heilige Vader tot op vanmôre dit nie wou aangegee het, hoe dit daar met julle gaan nie.

13. Maar vanmôre baie vroeg sê Hy vir my: 'Henog! Maak jou gereed, en laat aan die vaders sien dat My erbarming oor die laagte geseëvier het; en môre sal ek, deur jou gelei, daar my triomf vier en die stad Hanoch binnegaan!

14. Daal daarom vandag nog af, en verkondig dit aan My broers!

15. Maar bedek jou gesig in die begin met jou hand as teken dat Ek lankmoedig en baie geduldig is!

16. Gaan dan na die huis van die koning en neem jou hand voor jou gelaat weg!'

17. Sien, dit het die heilige, mees liefdevolle Vader vanmôre vroeg vir my gesê. En so het ek vir die eerste maal afgedaal en staan nou voor julle, volgens die wil van die liewe, goeie, heilige Vader.

18. Laat ons dan die huis van die koning binnegaan!

19. Toon my allereers die klipplaat waarop die mees heilige Naam van ons God opgeteken is, ons mees heilige liefdevolste Vader, sodat ek, Sy hoëpriester, my hart aan Hom kan opdra!"

20. En dadelik loop Lameg vooruit, open self die deur van die troonsaal, gaan vervolgens die hoë gas tegemoet en sê vir hom:

21. "O groot vriend van die almagtige God, kom nou, kom in my onrein huis, waarin nog soveel gereinig moet word, en wy op ons so onwaardige plek die mees heilige, wat nou vol barmhartigheid in my onrein huis woon!"

22. Hier word Lameg deur sy gevoelens oorval en ween van liefde, berou en vreugde vanweë die groot barmhartigheid wat sy huis nou ten deel geval het.

23. Maar Henog omarm vir Lameg, druk hom aan sy bors en sê vir hom: "O geliefde, nog swak broer, nou het jy die ewige lewe ontvang!

24. Want jy bemin Hom, die heilige Vader, nou meer as wat jy self kan begryp. Daarom sal jy ook ondervind hoe buitengewoon goed die Vader is!

25. Waarlik, soveel liefde het ek nie op die hoogte gevind nie, en daarom verheug ek my meer oor jou as oor nege-en-negentig op die hoogte, wat weliswaar altyd geregtig in God se oë gewandel het, maar hulle hart nog nooit so van liefde tot Hom laat gloei het nie!

26. Lei my daarom na die mees heilige van jou huis! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205