Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 163

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die uiteensetting tussen die viertal twyfelaars en Henog

163. En al vier staan op en gaan weer, so toegerus, na die hoogte. Daar aangekom, begin hulle dadelik te beraadslaag wie hom dan wel die eerste tot Henog sou wend.

2. Na `n lang heen en weer gepraat, sê die eerste vir die ander drie: "Weet julle wat, ek het `n goeie idee: Laat ons nie self kies nie, maar dit so doen, dat ons afwag totdat Henog, of iemand anders, ons sal nader en een van ons self sal aanspreek!

3. Wie dan aangespreek word, die gee ook dadelik `n korrekte antwoord en wel so dat iedereen vanaf die eerste oomblik sal merk, hoe dit eintlik met hom en met ons daarvoor staan! En as daar niemand in ons nabyheid wil kom nie, dan weet ons immers ook hoe sake met ons staan; en as ons dit weet, dan hoef ons immers niks anders te doen nie as om om te draai en die ergerlike hoëpriester vir altyd die rug toe te keer!

4. Waarom, dit sal julle sekerlik nog beter insien as ek! Sê my of julle hiermee saamstem!" En almal stem met die voorstel in.

5. Maar toe Henog hulle in die oog kry, gaan hy dadelik na hulle toe, dit wil sê, in opdrag van die heilige Abba en vra terstond aan die eerste van hulle: "Nou, broer, welke oplossing het julle in julleself gevind? Laat My dit uit die grond van julle hart weet!"

6. En die eerste versamel sy moed, vir sover Sy groot verleentheid dit vir hom toestaan, en gee Henog die volgende antwoord, met `n taamlike onvaste stem: "Liewe broer Henog! Ek en ook my broers kan jou op jou vraag op die oomblik geen ander antwoord gee as net dat ons dit van harte betreur dat ons jou nie kan help nie, as jy nog verder jou vroeëre standpunte in erns staande hou, as gevolg van `n blindheid, wat nie jou eie skuld is nie!

7. Is jy egter `n ander mening toegedaan as wat jy ons vroeër meegedeel het, dan skuil daar, of boosheid en hoogmoed in jou, of jy het `n dwase grap met ons armsaligheid gemaak, sonder om te dink hoe diep dit jou arme broers sou bedroef!

8. In die geval is jy met jou hele hoëpriesterskap selfs nie die slegste antwoord van ons werd nie!

9. Maar dat die een of die ander by jou die geval moet wees, het ons dadelik ontdek deur jou waardelose bewyse vir die onsinnigheid van jou stellings, - vandaar dat jy ons ook dwase genoem het, terwyl ons, net soos jy, geen dwase is nie en net so goed weet om JaHWeH nie te verloën soos jy nie!

10. Dit is die hele oplossing wat ons voorlopig vir jou gevind het!

11. Na gelang die rede van jou dwaasheid kan jy dus, oftewel ons medelye, oftewel ons totale misnoeë as oplossing aanneem!

12. Maar ons hoop dat jy ons hierdie keer beter as voorheen sal begryp!"

13. En Henog antwoord die viertal en sê: "O broer, julle het die oplossing presies gevind waarvan ek gehoop het dat julle dit sou vind!

14. Slegs die rede waarom ek, volgens julle, die stellings na vore gebring het, was in die geheel nie korrek nie. Want as dit so was soos wat julle gedink het, dan sou ek stellig nooit `n woord tot julle gerig het nie; maar ek het om `n heel ander rede so met julle gepraat, sodat julle reeds lang slapende gees gewek sou word! Nou is julle gees gewek en sodoende het julle My ook die gewenste oplossing gebring en my siel verheug haarself daaroor!

15. Dat ek egter in die geheel geen leuenaar, maar `n ware broer, volgens die goddelike orde, wil wees, sal julle kan insien uit wat volg:

16. God is tog sekerlik geen leuenaar as Hy weliswaar oral volledig aanwesig is nie, maar tog nêrens deur iemand gesien kan word nie, tensy Hy hulle volgens Sy Ewige orde as Vader aan Sy kinders wil toon om hulle dan te onderrig en op te voed tot die Ewige lewe!

17. Die rede waarom ek JaHWeH vir julle verberg het, was dat julle in julle hart so goed as niks met JaHWeH te doen wou gehad het nie, maar slegs Sy Naam in julle mond geneem het, en nie ook in julle harte nie!

18. Wat se baat het iemand, maar net by die dooie Naam, as dit nie met die lewende in sy hart ooreenkom nie?! Ja, ek sê vir julle, dit is `n klinkklare godverloëning!

19. En omdat ek dit in julle gesien het, het ek dit op my geneem om dit vir julle so voor te stel asof dit vanuit myself gekom het en daardeur het ek julle gewek. 

20. Sien, so staan die sake! Julle het JaHWeH nou selfs in Abedam gevind en het daaroor eens geword; so is die sege van julle hart immers beslis!

21. Volg My daarom nou vir `n hoëre wyding, sodat julle helder kan insien of ek `n waardige hoëpriester is of nie!

22. Want daar is nog Eén in ons midde wat julle almal die korrekte inwyding oor God en My sal gee! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205