Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 62

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Sehel se verheerliking en sy baie diep, wyse woorde

62 Na hierdie woorde word Sehel soos met `n boaardse glans omgewe en alle vaders, benewens Adam, hardloop om, naas Abedam, so `n hoë gas te begroet.

2. Ook Set yl daarheen as vader van Sehel, sy jongste en laaste seun, gryp Sehel se hand en sê aan hom:

3. “My seun Sehel, tot op dié uur het jy `n nog ongetroude man gebly en nog nooit by `n vrou gewoon nie. Jy wou nie saai en ons almal `n lewende saad vanuit jou gee nie, waardeur ek toe kwaad vir jou geword en jou daarom verban het na die middag, - hoe sal jy my nou so `n misdryf kan vergewe, wat ek, jou arme, blinde vader, teen jou begaan het?!

4. Wat stel Enos en die hele stamlyn nou voor ten opsigte van jou?

5. O JaHWeH, bo almal heilige Abedam, waarom moes my arme vader se oë eers so laat geopen word?!

6. Ja waarlik, dit is `n ondraaglike gedagte dat ek jou, Sehel, nie vooraf herken het nie!

7. O vergeef, vergeef my en kom weer na my toe terug en laat ek jou, wat jou liggaam betref, tog nog my seun noem; dog nie my wil geskied nie, maar dié van die allerhoogste Abedam, en ook jou wil geskied! Amen.”

8. Toe Sehel sy vader Set so voor hom hoor kerm, keer hy onmiddellik uit sy grootse herinnerings terug, vermaan hom en sê aan sy vader Set:

9. “O liewe vader Set, maak jou geen sorge daaroor nie! Ek sal sekerlik nooit in alle ewigheid die ordening van die mees heilige Vader omverwerp nie; Sy meer as heilige ordening het dit tog immers toegelaat dat my liggaam, wat my nou al enkele honderde jare ronddra op aarde, deur jou verwek word!

10. Om welke rede sou jy dan nou nie meer my vader mag wees nie?!

11. O, bly jy maar immer wat jy altyd vir my was, my liewe vader in Naam van die Een wat ons almal reeds sedert ewigheid verwek het en Wie se kinders ons al was, nog voordat alle sigbare dinge gemaak was!

12. Want sien, ons almal begin hier `n nuwe lewe, terwille van die een wat uit eie vrye wil geval het, en daarom geld dit wat ons na die gees is, of beter gesê, was, nie vir die verhoudings van die aardse lewe nie; daarom is jy my vader Set, en ek jou seun!

13. Laat elkeen dus, wat my aanbetref, volkome onbekommerd wees!

14. As die ewige, meer as heilige Vader egter Hom aan ons en aan almal as Mens en Broeder laat sien, saam met ons eet en drink, met ons praat soos die een wyse broer met die ander, en ons almal die groot geheime kuns leer om van Hom die ewige lewe aan te neem, terwyl ons almal en die hele eindelose skepping tog geheel en al niks is teenoor Hom nie, - wat se onderskeid sal ons dan onder mekaar maak, aangesien ons tog almal op dieselfde wyse deur Sy almagtige wil uit Sy liefde voortgekom het?!

15. Of ek nou `n geskape oer aartsengelgees is of een wat later uit dieselfde liefde voortgekom het, wat se onderskeid gee ons dit dan ten opsigte van God?

16. Omdat God egter vanuit Sy ewige orde en Sy nooit eindigende Wysheid dit so gewil het dat nie ek joú, maar jy my vader was, moet ek my daarom nou bo jou verhef, omdat die mees liefdevolle, heilige Vader so sag en allervriendelik my weliswaar verhewe geestelike oertoestand getoon het?!

17. O my liewe vader Set, dit is wel ver van my en van ons almal!

18. Gewyd is slegs Hy alleen; maar ons almal is Sy kinders, wie Hy eindeloos liefhet soos ons is en soos ons moet wees.

19. Wyk ons egter van Sy heilige weë af, dan kom Hy ons tegemoet met Sy eindelose en onbegrensde erbarming.

20. En die hardnekkiges ondergaan Sy oordeel, of wel ten lewe, of tot wie weet watter dood; dit weet Hy alleen!

21. Laat ons, omdat ons almal Sy kinders is, die drie oomblikke lank, waarin Hy ons op hierdie aarde gesit het dan ook, in Sy mees heilige Naam, die verhoudings getrou bly.

22. Wanneer aan die aardse lewe egter tog al heel spoedig `n einde sal kom, dan sal Hy al lankal vooraf gesorg het vir die nuwe verhoudings waarin ons sal kom.

23. Hoe dit ewenwel met my terugkeer in jou huis gesteld is of gesteld kan wees, laat ons dit, net soos al die ander, ook toevertrou aan Hom, wie nou gewyd, bo alles gewyd in ons midde vertoef!

24. Eén ding staan my vry om nou van julle almal streng te eis, en dit is, dat niemand van julle ooit terwille van sy eie ewige heil en lewe dit sal waag, om my een of ander, geringe verering te bewys nie, omdat die bo alles heilige Vader in my `n broer het!

25. Want julle almal weet tog immers aan wie alleen alle eer, alle lof, alle verheerliking en alle aanbidding toekom.

26. Vir ons almal bestaan egter die grootste verheerliking daarin dat ons die bo alles heilige Vader verheerlik deur Sy mees heilige wil te allergetrou volg!

27. Dus verlang ek van julle, dat julle my nie vir meer aansien as die ou Sehel nie! Amen.

28. En ook jy, liewe broer Garbiël, sê ek, uit die Naam van die Een wat vlak naas my staan, dat jy dadelik van die grond af moet opstaan, want ek is maar `n mens soos jy. Ons beide het Set as vader. Waarom doen jy dan voor my wat alleen aan God toekom?!

29. Luister, `n mens moet homself nooit voor `n mens in die stof wentel nie, en voortaan sal diegene hulle ten opsigte van God aan die ergste misdaad skuldig maak, wie se ydele hart dit ook maar `n oomblik lank kan verdra, om `n broer voor hom in die stof te sien lê!

30. Sien, liewe broer, my het jy immers nooit beledig nie; daarom het ek jou ook niks te vergewe nie, maar om aan jou maar net my broederhart, wat vir liefde oopstaan, te gee!

31. Het jy egter iets op jou hart wat jou druk, - sien, hier naas ons staan die Een aan wie ons almal skuldig is!

32. Wend jou daarom alleen tot Hom; Hy sal jou van jou las verlos en jou bekommerde hart vrymaak! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205