Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 279

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Uranion se goeie antwoord aan die skreeuende vroue. Ghemela en die vreemde Man, wat Hom ten slotte as die Heer bekendmaak. Die liefdeskouspel op die heuwel en die getier van die ander vroue. Henog en die Heer.

279 Nadat die vroue `n geruime tyd voor die hut van Purista geroep het, kom Uranion eindelik na buite en vra ietwat vererg wat se gevaar daar wel dreig dat hulle so hoogs onsinnig blêr asof iemand hulle wil doodmaak.

2. Maar die vroue wys na die grasbegroeide heuwel en sê: "Sien die groot skande daar! En dit juis vandag, noudat die Heer deur julle verwag word! `n Kragtige, stewig geboude jong man, wat God mag weet van waar gekom het, het nou net die drie jongste vroue gekaap, hulle saamgeneem na die heilige heuwel en het waarskynlik iets met hulle daar aan die gang!

3. Kyk maar net daar, hoe die drie hom omarm en hulle teen hom aan vlei, dat dit `n liewe lus is!

4. Nee, hierdie skande op `n dag soos vandag, waarop die bode van die Heer met die eerbiedwaardige Henog hier aangekom het, en, soos gesê is, waarop die Heer ons Purista belowe het om aan ons almal te verskyn!

5. Gaan tog daarheen en laat hulle tenminste weggaan van die plek af, want hulle het alle eer en agting vergeet!"

6. Maar Uranion sê vir hulle: "Weet julle wat? As dit vir julle te pynlik is om te aanskou, kyk dan nie daarna nie, dan sal dit dadelik beter met julle gaan! Waarom moet ek die genooide gaste uiteen dryf, as hulle ons geen kwaad aangedoen het nie?!

7. En wat die heilige met gras begroeide hoogte betref, dit het in `n sekere opsig slegs vir ons `n betekenis; maar vir vreemdes wat dit nie weet nie, is dit net soos elke ander plek!

8. Kom daarom nou weer tot ruste, en steur ons nie meer in die hut nie, omdat ons die Heer verwag! En wanneer die Heer verskyn, dan sal Hy goed weet om so `n vergryp te berispe; bly julle maar mooi stil en rustig! Amen."

9. Na hierdie woorde maak Uranion weer die deur van die hut toe en laat die vroue gaan. 

10. Maar toe die vroue sien dat hulle niks met hulle gekla bereik het nie, gee hulle die stryd vererg gewonne, en beskimp nou nog slegs in stilte die drie vroue en die man nie minder nie; maar hulle was wel die kwaadste vir die vroue.

11. Ghemela vra die Man of Hy ook aanwesig was toe die Heer enkele dae op die hoogte vertoef het en hulle die ware weë van die heil onderrig het.

12. En die Man antwoord Ghemela: "Luister, geliefde van die Heer, - of Ek daar toe aanwesig was? - Wees daarvan verseker, dat nie die geringste My daar ontgaan het nie. Ek weet selfs dat die Heer jou op sy hande gedra het, hoe Hy Naëhme getroos en versterk het, en hoe Hy hierdie Pura opgeneem het, haar aan Sy bors gedruk en haar `n baie groot belofte gemaak het! Hieruit kan jy goed uitmaak dat Ek toe baie verseker ook aanwesig was!"

13. Hierop bloos Ghemela en sê, sugtend vol van verlange vir haarself: "Ag! Oor so `n oneindige allersaligste oomblik sal ek my op hierdie aarde verseker nooit meer kan verheug nie!"

14. Maar die Man sê vir haar: "Wie weet wat daar vandag nog alles kan gebeur as die Heer sal kom, - as Hy miskien nie al gekom het nie!

15. Ghemela, kyk net goed na My! Sou jy nie ook graag op My arm wil gaan sit nie?"

16. Heeltemal ontbrand in geheime liefde tot hom, kyk Ghemela die man ietwat verstom aan en ontdek in hom `n groot gelykenis met haar vir ewig mees geliefde Abedam, die Heer en Vader van hemel en aarde, en sê toe na enige stilswye:

17. "Luister, bowenal wyse en ook ons aller liefde waardigste man, jou vertelling oor die toestand in die laagte, wat so lewenseg was dat ek glo om self `n getuie van alles te gewees het, was meer as maar net menslik! Dit verseker ook Naëhme en Pura nou net, terwyl hulle nog vol sielsverlange aan jou sy, jou liefkosend prys.

18. Wanneer ek jou bowendien nog beter bekyk en `n groot gelykenis tussen jou en Abedam opmerk, waarby nog kom dat die lieflike stem van jou uitnodiging my so magtig innerlik beweeg, - sien, dan sou ek myself nou wel dadelik op jou arm wil werp, as die ander moeders maar nie so kwaad was en so ons naarstig bespied wat ons hier doen nie.

19. O, as dit van my sou afhang, - dan het ek my al lankal op jou hande bevind! Maar die kwaai moeders daar! Nee, - ek durf dit tog nie! En as dan - ook die Heer nog kom - en Lameg! - ag, dan kan dit daar wel eens baie sleg vir my uitsien!

20. Ek het jou weliswaar maar net so lief, omdat jy so veel ooreenkoms met die Heer het en ook presies so praat soos Hy en jou stem ook heeltemal soos die van Syne klink; maar dit sou my ook heeltemal moet verontskuldig! Ja, ja, dit sou my volkome moet verontskuldig!

21. Ag, ek sou maar al te graag op jou arm wou gaan sit! Dit sou wel salig wees om op jou arm te sit! As ek maar geweet het dat niemand hulle daaraan sou vererg het, en in die besonder, dat die Heer my nie sal kwalik neem nie, dan sou ek jou uitnodiging wel aangeneem het!"

22. Die Man sê nou vir Ghemela: "Luister My dogter, wees nie besorg oor die Heer nie! As die Vader jou op Sy arm neem, dan sal die Heer jou nie kwaad aankyk daaroor nie; kom daarom gerus na My toe, jou Vader!"

23. Nou weet Ghemela opeens wie die Man was, sy gee `n kreet van hoogste verrukking en werp haar ongeremd aan Sy bors. En die Vader druk haar eweneens met Sy hande aan Sy hart en sê vir haar en die ander twee: 

24. "O, My liefste dogtertjies, wees nou vir julle Vader uit alle mag lief! Want julle was die laastes en was uit die hut uitgesluit; maar daarom is julle nou ook die eerstes na wie Ek gekom het! Geniet daarom dan nou ook van die volheid van My liefde! - Maar nog moet julle My nie verraai nie, want die ander moet My uit hulleself herken!"

25. Toe die ander vroue hierdie toneel sien, was die maat by hulle vol; hulle skreeu onmiddellik moord en brand, haas nogmaals na die hut van Purista en maak daar so `n geweldig lawaai, dat alle gaste, tesame met Purista, verskrik na buite kom.

26. Toe hulle almal buite staan, wys die vroue hulle op die toneel wat hom op die grasbedekte heuwel afspeel.

27. Maar Henog beduie hulle om te swyg en sê toe: "Wanneer dit alles oor is, is hierdie lawaai totaal onnodig gewees; maar terwille van die vrede sal ek daarheen gaan en die viertal sê dat hulle hulleself van die dom plek moet verwyder!"

28. En Henog gaan daarheen en herken die Heer onmiddellik.

29. Die Heer sê egter vir Henog: "Henog, stuur ter genesing van die groot dwaasheid van hierdie vroue ook nog vir Purista na My toe, sodat die dwaasheid met wortel en tak verwyder kan word! Maar verraai My nog nie; laat slegs vir Sehel weet dat Ek hier is en laat hom na `n tydjie hier na My toe kom! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205