Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 240

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die altaar met die twee gerubs en die wolkepilaar. Henog se verwondering oor die majestueuse altaarskikking in die laagte en die verklaring van die Heer. Die Heer word weer onsigbaar

240 Toe die Heer nou die tempel geseën het, sit Lameg die plaat op die altaar, en die Heer beroer die plaat met Sy hand.

2. En sien, op ligtende wolkies word vir alle aanwesiges twee buitengewone ernstige gerubs sigbaar, staande aan beide kante van die altaar.

3. Toe laat die Heer Sy asem oor die tafel gaan, waarop daar `n verligtende wolkesuil (pilaar) bo die plaat en die altaar te staan kom, wat tot aan die goue dak reik.

4. Toe alle aanwesiges dit nou sien, word hulle bang, ja selfs Henog slaan hierdie verskynsel met die grootste en die mees eerbiedige opmerksaamheid gade en sê by homself:

5. "O heilige, liefdevolle Vader, - hoe eindeloos goed is U tog! Op U heilige hoogte wil U byna glad geen altaar hê nie, en laat U Uself selfs oorhaal om `n baie eenvoudig offeraltaar te aanvaar, en U wil vir ons kinders, van die berge, geen ander sigbare teken agterlaat nie as die heropgerigte grot van Adam en die hoogs eenvoudige hut van Purista.

6. Maar hier het U so `n indrukwekkende gedenkteken neergesit, dat die son, maan en alle sterre van die hemel vol eerbied daarop sal neersien, en die kinders van die hoogte sal met groot naywer op die nou so groots geseënde laagte neersien.

7. O heilige, liefdevolle Vader, U doen tog merkwaardige dinge, en niemand mag die sin van U raadsbesluit deurgrond nie; ek weet slegs dat U dit alles vanuit U oneindige liefde en erbarming doen, en daarom het U altyd en ewig al my liefde, U alleen!"

8. Die Heer kyk Henog egter aan en sê deur sy hart vir hom: "Henog, kyk, hier die Naam, bo die Draer daarvan; hier `n teken, bo die Gewer van die teken; hier My glans, bo My wese; hier die teken van prag, bo die Vader van mag; hier alles van edelsteen en goud van die aarde, bo die lewende liefde en mildheid van die Vader!

9. My Henog, wat dink jy is beter?"

10. Hier spreek Henog, tot in sy innerlikste vesel geroer: "O onuitspreeklik liefdevolle, heilige Vader! Hier verstom my hart deur `n te magtige liefde vir U en ek kan niks anders sê nie as: o Vader, hoe eindeloos goed is U!"

11. Die Heer sê daarop vir elkeen hoorbaar vir Henog: "Henog, My enige hoëpriester van hierdie tyd, waar hemel en aarde nou ineengevloei het en die gemeenskap van die engele van die hemel met julle, My kinders, bewerkstellig is, sê Ek vir jou: Ook hierdie kudde is van nou af aan jou hoede toevertrou!

12. Indien jy haar nood sal sien, begeef jou dan hierheen, en skep weer goeie orde in My Naam!

13. Sê vir Sehel op die hoogte dat hy weer na My toe moet kom, want Ek het hom nodig; en sê verder vir hom dat hy `n swaard moet neem en by hom dra as `n opperste vors van alle engele van die hemel, wat tot voortdurende stryd toegerus is!

14. Vergeet dit in geen geval nie; want die tyd van Sehel is gemeet net soos Myne!"

15. Hierop wend die Heer hom weer tot Lameg en sê vir hom: "Lameg, sien, alles is nou georden; bly in hierdie orde, wat nou duidelik aan jou bekend gemaak is, dan sal jy steeds in lewende gemeenskap met die hemele bly, en dit sal met jou en die hele volk goed gaan op aarde!

16. En wie My bo alles lief sal hê en uit groot liefde tot My al die wêreldse sal verloën, die sal die ewige lewe hê, en sal die dood nie sien nie, nóg voel nóg smaak.

17. In hierdie heiligdom sal jy altyd My wil ervaar, as jy eers biddend jou hart aan My sal offer.

18. Wanneer Henog by julle sal kom, of julle by hom, dan moet jy en jou hele volk altyd na hom luister.

19. Rig julle dus almal na Henog; want uit sy mond sal Ek tot julle spreek.

20. Ontvang nou almal My vaderlike seën! My liefde sy met julle almal! Amen."

21. Hierop verdwyn die Heer, en almal snik en ween.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205