Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 203

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die oproer in die stad. Kisehel se kragtige woorde tot die bevreesde Lameg en die bang bruilofsgaste

203 Terwyl almal nog so vrolik met mekaar spreek oor God se leiding en die bode vertel oor wat se hoogs wonderbaarlike liefdevolle gebeurtenisse op die hoogtes afgespeel het, en hoe God in hulle midde gewandel het en hulle onderrig het oor die ewige lewe van die Gees, en hoe slegs die liefde tot God in die hart van die mens die ewige lewe bepaal, sien, toe daar ontstaan in die strate van die groot stad Hanoch opeens `n geweldige oproer! Baie spoedig het `n mens stemme verneem wat roep: "Vervloek is Lameg, vervloek is sy hele aanhang! 

2. Dood en verderf aan sy hele huis; want hy het hom op skandelike wyse laat mislei en ons almal verraai aan die diere uit die gebergtes!

3. Daarom moet hy eerder sterf as ons! Reeds hardloop van alle kante uit die berge skare reusagtige krygers hierheen; hulle kom om ons te verdelg! - ja, ja, om ons almal uit te roei kom hulle vreeswekkend hierheen!

4. Daarom moet jy, ellendige Lameg, vóór die tyd onder ons hande boet, omdat jy ons so skandelik aan die hande van moordenaars oorgelewer het!

5. Jou lyfwag uit die berge sal jou nou weinig meer help; jy moet vernietig word tesame met jou aanhang en jou nuwe lyfwag!"

6. Na so `n loflike afkondiging word die oproer nog harder, en `n groot menigte rebelle begin die paleis van Lameg met knuppels en ander wapens binne te dring. Spoedig hoor mens vinnige bewegings en `n harde veelstemmige geskel en gevloek en geslaan op die trappe van die paleis; nader en nader kom die dodelike oproer en lawaai. 

7. Lameg en Thubal-Kain skrik so daarvan, dat hulle byna hulle sinne verloor; ook die vroue en die meisies en die nuwe vrou van Thubal-Kain skrik so geweldig dat hulle skreeu en bewe.

8. Maar Kisehel sê met `n kragtige stem vir Lameg: "Broer Lameg, wat staan jy daar vol angs en bewe soos iemand wie reeds die mes op die keel het?

9. O jou dwaas! Het jy dan nie ondervind hoeveel al die mag wat jy voor my uitgeoefen het, jou van nut was nie?! Moes honderde nie, verstard onder ons blik, hulle wapens wegwerp en hulle voeg na ons woorde nie?!

10. As jy die goddelike krag so in ons ervaar het, hoe kan jy dan so ontsteld wees oor hierdie oproer?!

11. Vermaan jou en wees welmoedig! Laat die rebelle eers opruk, en wees nie vooraf bang asof hulle jou en ons werklik oorweldig het nie! Bly maar rustig solank dit glad nie die geval is nie, en vertrou werklik op God; want Sy mag is groter as die van alle verblinde rebelle op aarde! - Vermaan julle dus almal! Amen."

12. Na hierdie woorde begin Lameg weer saam met die ander vryer om hulle heen kyk en sê ten slotte:

13. "O vriende, wees nie kwaad vir my nie, omdat ek in julle aanwesigheid so van stryk geraak het; maar so `n skielike lawaai het op sigself reeds iets skrikwekkend in hom en dit is beslis nog meer skrikwekkend, as dit gepaard gaan met sulke bedreigings! Daarom is ons swak kinders van die laagte ook baie goed te verontskuldig, as ons by so `n geleentheid deur `n groot angs oorval word; maar nou sal niks Lameg meer laat verskrik nie, - selfs nie die dood self nie!

14. Want van nou af aan wil ek gedurende die res van my lewe daarteen veg en altyd stry vir die verheerliking van die goddelike Naam!"

15. En Kisehel antwoord hom: "Broer, eers nou geval jy my heeltemal; want so is jy `n volkome broer vir my! Maar sien, die rebelle kom; berei jou voor daarop, en trek slegs voor hulle op en jy sal `n geweldige oorwinning oor hulle behaal.

16. Want hulle sal nou vir jou soos stof en kaf uiteen vlieg; staan dus op! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205