Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 206

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Lameg se gedagtes van twyfel oor die wese van die begeerte en die versoeking. Kisehel se verklaring van die vryheid van die menslike wil aan die hand van `n voorbeeld

206 Hierna was almal weer opgewek en bly; slegs Lameg kon nie eg tot homself kom en skyn vervul te wees met gedagtes.

2. Kisehel merk dit wel en gaan daarom na Lameg toe en vra aan hom: "Broer Lameg, wat is jy nou nog alles aan die verwerk in jouself? Sê my ronduit wat dit is wat jou nog so besig hou! Vrees nie; want nou is ons immers broers en moet eensgesind wees! Sê my daarom maar onverbloemd wat jou siel nog so sterk besig hou, as jy dit wil! Amen."

3. Lameg dink `n rukkie na, orden sy gedagtes en sê ten slotte: "Magtige vriend en broer! Sien, dit is nie onregverdig dat jy dit van my vra nie; want sterk gedagtes van twyfel was rondom in my siel, en ek het werklik nie geweet wat ek daaruit moes aflei nie! 

4. Jy sal my verseker die beste daarmee kan help!

5. En omdat jy my al daarna gevra het, sal ek jou nou ook sê wat my veral besig hou, - luister dus; want die wese van my gedagtes lui as volg:

6. Sien, ek weet nie wat al die voortdurende versoekings beteken nie en het die volgende oorwegings daarteen: Ek het my lewe lank baie vreeslike slegte dinge gedoen; maar waarom het ek dit eintlik gedoen?

7. Omdat ek nie anders kon nie; met my gemoed, met my hele natuur was dit sodanig gestel, dat ek so moes handel!

8. Want ek was deur `n hewige begeerte tot elke handeling aangehits, wat ek ewemin kon weerstaan as `n hewige storm van die elemente!

9. Maar wie het so `n erge begeerte in my laat ontstaan, wie het die teuglose begeerte in my bors gelê? Het ek dit gedoen? Kon ek wel so iets gedoen het? Want ek weet tog nie in die minste wat die begeerte in my eintlik is nie en waar dit vandaan kom nie!

10. Deur so `n begeerte het ek al my dade verrig; kan ek iets daaraan doen dat ek dit verrig het? Was ek nie baie sterk daartoe gedryf deur my begeerte nie?! En in die begeerte skuil immers alle versoekings! 

11. Maar as die mens deur so `n onoorwinlike krag in homself in versoeking kom en met sy eie swakheid nie `n versoeking se baas kan word nie, - sê my dan wie eintlik die skuld kry as mens swig voor die magtige versoeking!

12. En as die mens onmoontlik die krag in hom het om so `n versoeking te weerstaan, waarvoor is die versoeking dan? Waartoe dien dit eindelik?

13. Sien, magtige vriend en broer, dit is my gedagtes! Gee my slegs `n kort opheldering daaroor, en ek sal hierdie punt van twyfel my hele lewe lank nie één gedagte meer waardig keur nie!"

14. En Kisehel antwoord Lameg die volgende daarop: "Broer Lameg, vir die gees is niks makliker te begryp as juis dit nie!

15. Sien, gestel die geval dat dit ook vir jou moontlik sou wees om `n mens te skep met `n vrye wil! Jy wil dit, en hy bestaan dus ook; jy het hom met allerlei talente en bekwaamhede toegerus en sê dan vir hom:

16. 'Nou, jy mens, ek het jou vanuit my krag geskape en ek sê vir jou, jy is vry en jy kan doen wat jy wil!' Sal hierdie deur jou geskape mens nou werklik reeds vry wees? - O, nee, want hy weet immers nog nie wat vryheid is nie!

17. Hy sal ook glad nie gaan handel volgens die talente en bekwaamhede in hom nie, maar hy sal daarby staan as `n met water gevulde houer, vol - al is dit ook met die suiwerste water. Wat moet jy dan eintlik doen om hom daadwerklik vry werksaam te laat wees? - Jy sal hom tog ook `n begeerte tot handeling moet inblaas.

18. As hy dit nou in hom sal hê, dan sal hy met alles omgaan soos wat die begeerte hom stuur; sal `n dergelike handel dan ook vry en geordend wees? - Jy sê: 'Absoluut nie.'

19. Goed; sal dit dan nie nodig wees om hom deur middel van wette aan te gee wat hy moet doen of nie moet doen, sodat sy handel vry en geordend sal word nie?!

20. Maar as jy die wette streng in hom sal vaslê, dan sal hy handel soos `n dier.

21. Lê jy dit te los in hom, dit wil sê, sonder regsgevolge, dan sal dit hom nie aanspoor nie.

22. Jy moet hom dus sanksioneer, en dan sal die mens eers begin, om die goeie van die verkeerde te onderskei, of dit wat goed en wat nie volgens die orde is nie.

23. Om hom dan aktief en `n vrye gees te laat word, sal daar van jou kant af tog ook sulke geleenthede gegee moet word, waarin hy sy vrye daadkrag sal kan beproef; en kyk, die geleenthede is nou presies die versoekings wat so skerp deur jou oordink is!

24. En so moet God ons tog ook sulke versoekings laat toekom, anders sou ons immers netsoos die klippe wees, of die bome, of die diere!

25. Maar God wil dat ons vry mense moet wees; dan moet Hy ons dus ook steeds geleenthede gee waardeur ons werklik vry kan word!

26. Die versoekings vanuit die wêreld en ons begeertes is sulke geleenthede! Wees daarom maar rustig, en wees verder nie meer bedroef nie; eers in jou gees sal hierdie raaisel volledig opgelos wees!

27. Wees daarom vrolik met ons almal! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205