Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die woorde wat die Heer teenoor die tien gespreek het. Boodskappers wat na Hanoch uitgestuur word

8 Hierna roep Abedam vir Sethlahem, Kisehel, hulle ses broeders en nog twee seuns van Kisehel, wat nie minder as hulle vader vervul was van ywer en van `n vurige gees en wat op hoogte was van allerlei nuttige kennis oor allerhande sake nie; en so staan daar nou tien manne voor Abedam bymekaar.

2. Toe hulle Hom nader, val hulle dadelik op hulle aangesig voor Hom neer en loof en prys Sy mees heilige Naam JaHWeH hardop.

3. Toe Abedam nou sien, dat hulle hulle harte voldoende uitgestort het, beduie Hy hulle om op te staan en sê aan hulle: "Luister, julle manne van die middag! Wat Ek julle nou sal onthul, voer dit onverwyld uit op die dag wat Ek julle in julle gees sal aandui.

4. My Liefde en erbarming verlang van julle vrye wil dat julle vir julleself sal besluit om in die diepte af te daal na die stad Hanoch. Daar sal julle mense aantref wat heeltemal niks van My weet nie en met en onder mekaar baie slegter lewe as honde, katte, wolwe, bere, leeus, tiers, hiënas en slange tesame!

5. Hulle stink reeds tot in die boonste hemel van ontug en die afskuwelikste hoerery en vermoor mekaar wedersyds en vergiet die bloed van hulle broeders en susters en spaar selfs nie hulle ouers nie.

6. Ja, Ek sê vir julle, hulle misdadigheid gaan sover dat hulle koning, wat ook Lameg heet, selfs nie so lank gelede nie, `n oorlog teen My aangekondig het. Uit groot woede vir My wou hy selfs die aarde deur vuur verdelg, omdat Ek sy slegte, gruwelike leër, onder aanvoering van Tatahar die booswig, deur die verskeurende diere laat vernietig het.

7. Dit is ewenwel nie die ergste van die baie sondes wat hy voor My begaan het nie; maar luister en verstaan:

8. Omdat Ek toegelaat het dat al sy bywywe aan hom ontrou geword het uit angs vir hulle lewe en hierheen gevlug het, en wel na diegene wat te middernag woon, en ook beide sy vroue en sy dogter Naëhme hom nog ontvlug het, sien, daarom het hy nou so `n haat vir My, dat hy niks anders kan doen as om nagenoeg dag en nag te bedink hoe hy My op die mees skandaligste manier geheel van My Gewydheid sou kon beroof! Hy het allerweë bewakers en spioene aangestel wat die mense moet gadeslaan en afluister wat hulle doen en sê. Hy het `n gat in die grond laat maak, dit halfpad opgevul met vuilgoed, My Naam op `n klipplaat, wat met vuiligheid besmeer is, geteken en vervloek hierna die plaat en werp dit toe, ten aanskoue van almal, onder die uiting van die verskriklikste lasteringe in die genoemde gat en gebied die laagste slawe om hulle behoefte daarop te doen en om die gat weer ten slotte met grond, wat deur hom vervloek is, toe te maak.

9. Direk daarna kondig hy homself as die enigste, allerhoogste god aan by hulle en gebied toe almal, op straf van `n vreeslike dood deur foltering, om hom te aanbid.

10. En die wagters en spioene moet nou streng daarop toesien en luister of My Naam nog deur iemand genoem word; en aan diegene wat dit doen, wag daar die mees verskriklikste doodstraf!

11. Hy verbied die slawe geheel en al om te spreek; as daar van een van hulle ook maar een woord verneem sou word, dan sou hy hom onmiddellik die tong uit die mond laat ruk; as hulle hulleself egter onder mekaar wil verstaanbaar maak, dan moes hulle dit met dierlike gebrul doen.

12. Ook mag hulle nie, soos hy, op twee bene loop nie, maar op vier, soos die diere, dit wil dus sê op hande en voete; regop staan mag hulle slegs doen tydens hulle werk.

13. Ook mag die slawevolk nie paar nie. Wee diegene wat nou iets met `n vrou te doen het; hy staan die verskriklikste verminking te wagte.

14. Om dié rede laat hy nou ook duisende slawevroue en hulle dogters doodmaak.

15. Sien, so gaan dit nou in die diepte! Daar is egter buiten Hanoch, nog tien groot stede wat almal My grootste vyand dien en in geeneen van die stede gaan dit ook maar een haar beter as in Hanoch nie.

16. Kyk nou verder en luister: Die bloed van die armes roep tot My om wraak; daarom het Ek My oor hulle erbarm en wil julle as wrekers en bevryders van die volk na die diepte stuur; maar julle sal niemand dood nie, ook nie Lameg nie; maar julle sal vry en openhartig My Naam en My toorn aan hulle almal verkondig en die op hande synde oordeel van My gramskap, as hulle hulleself nie terstond tot My Naam bekeer deur die strengste boetedoening en berou oor al hulle misdrywe nie!

17. Laat Lameg egter self die genoemde gat met sy eie hande uitgrawe, die plaat wat met My Naam beskryf is, weer daaruit haal, haar reinig met suiwer water en haar dan nog eens was met die trane van sy berou!

18. As hy egter weier om dit te doen, maak dan gebruik van julle mag en laat die een plaag na die ander oor hom kom, totdat hy hom na julle wil sal voeg!

19. Hef alle bevoorregting op, sodat julle almal as broeders en susters volkome gelyk sal wees en plaas slegs die wystes uit die gewone volk vir verdere leiding oor die volk; laat hulle egter nooit die paleise van die koning betrek nie, maar in die eenvoudigste en nederigste hutte woon.

20. As julle hulle bekwaam en geskik vir leiding en toesig ag, lê dan ook julle hand op hulle voorhoof en skouers en gee hulle daardeur die benodigde krag.

21. Vrees niemand daar nie en laat julleself nie deur die groot prag en weelde van hierdie stede verblind nie; want alle stede bevind hulle nou benede en sal altyd die werk wees van die slang. Laat julle daarom deur geen enkele geskitter verlei nie, maar wees, as My profete, uiterlik doodernstig en onverbiddelik teenoor hierdie volkere, maar innerlik meer vervul van die ware naaste- en broederliefde!

22. Julle hoef egter nie daar te bly as julle alles georden het nie, keer dan weer terug na julle vaderland en keer sonder belangrike redes nie al te ligvaardig weer terug na die diepte nie!

23. Wanneer julle weer uit die diepte huiswaarts keer, was dan vooraf julle hele liggaam, sodat julle die dood nie ook hierheen sleep nie; want die diepte is nou vol pestilensie en vol van die dood.

24. En ontvang nou My seën en wees standvastig, sterk, magtig en kragtig in alle dinge, solank julle volgens My Woorde sal handel!

25. Die hele natuur sal julle op julle wenke gehoorsaam en die voëls in die lug sal aan julle woord onderworpe wees, net soos die vuur, die lig, die water en ook al die gediertes en alle bose en duistere magte.

26. Behoed julle daarteen om iemand enige leed aan te doen, maar trag om iedereen te help!

27. Die hardnekkiges kan julle straf, maar nie so, dat hy net ly nie, maar so, dat hy sy lewe verbeter!

28. Hou dit alles goed in die oog, in My Naam! Amen.

29. My seën sy met en in julle. Amen. Amen. Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205