|
Die Huishouding van God - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 36
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281. |
|
|
Die klankwonder in die grot en die weldadige uitwerking daarvan op Hored
36 Nou het hierdie grot iets spesiaal gehad en in die besonder rondom die derde uur van die namiddag, en hierdie keer was dit ook juis die tyd, dat wanneer alle winde gaan lê en `n volkome windstilte intree, - daar dan klanke te hoor was, wat `n groot gelykenis vertoon het met die toon van `n uiters suiwer gestemde windharp. Hierdie klanke was net heelwat indrukwekkender en meer verhewe, in die styging sowel as die daling, en in dit wat julle die modulasie of die oorgang noem.
2. Die wonder was weliswaar al vir `n lang tyd daar, maar behalwe Hored, het niemand dit nog ontdek nie; as `n wonder al `n lang tyd bestaan, wil dit nie sê dat dit geen wonder meer is nie, en die nut daarvan word sekerlik nie minder daardeur nie.
3. Dat die son en die hele skepping reeds `n baie ou wonderwerk is, sal niemand wel bestry nie; hou die baie goed geordende, bepaalde nut dalk met die ouderdom van die wonder op?
4. Sekerlik nie; want die buitengewone ou son versprei tot vandag toe nog presies dieselfde lig as ten tye van Adam.
5. En so was dit ook met die klankwonder, omdat reeds van die ewigheid voorsien was welke doel daarmee beoog was, soos nou met Hored.
6. Dit word nou aangehaal, om te voorkom dat iemand onmiddellik sê: "Dit was immers maar `n heel natuurlike verskynsel!"
7. Uit die bewering sou mens dan in `n sekere sin moet aflei dat die natuurlike verskynsels `n minder groot wonder is as wanneer daar `n vlammende berg skielik van die uitspansel na benede val.
8. Die klankwonder het nou so weldadig op Hored ingewerk, dat hy daardeur volkome in homself begin te keer, en hy word `n mens wat deur en deur vervul word van berou, liefde en lewe.
9. Maar hoe bring die wonder die tweede wonder tot stand? Daaroor sal dadelik gespreek word; luister dus:
10. Hierdie Hored was vanaf sy geboorte vervul met liefde en vervul met die mees deugsame gees; vandaar dat hy reeds as seun klippe ter hand geneem het, as hy niks anders byderhand gehad het tydens oomblikke waarop sy liefde hom oorweldig het; dit het hy dan met groot heftigheid teen sy bors gedruk.
11. Uit hierdie liefde ontwikkel egter mettertyd `n soort van liefde vir die natuur, wat ten slotte die oorhand kry oor sy liefde tot My en sy liefde tot die vaders, broeders en susters. Wat moes dus duidelik die natuurlike gevolg van die afdwaling van hierdie liefde wees?
12. Kyk na Hored, vra na sy toestand en dit sal vir iedereen duidelik word op welke manier hy ten slotte `n geheel suiwer, koue wêreldse wese geword het.
13. Hy begin toe die dinge in die natuur met skerper oë te bekyk: Hy ondersoek die kruie, - in sy oë het `n berg geen lewe in haar wat hom voortaan nog sou kon verwarm het nie; hy ontleed bome, - maar ook daarin vind hy geen lewenswarmte nie; hy begewe hom in die water en stel vas dat dit koud was; dan weer neem hy leem en ontdek dat dit week en baie kniebaar was, sodat hy daaruit van alles kon vorm. Maar hy ontdek baie spoedig twee groot nadele, naamlik: Solank `n dergelike maaksel deur die vog wat dit bevat, sag bly, was dit ook so deur en deur koud dat sy huid daarvoor geskrik het; verwarm hy dit egter in die son, dan word dit weliswaar stewiger en stewiger, maar druk hy dit dan teen sy bors dan bring dit soveel pyn by hom teweeg, dat hy sy hard geworde werkstuk van hom af wegwerp.
14. Dan het hy weer klippe geneem en dit teen mekaar geslaan, sodat daar dikwels ryklik vlamagtige vonke daaruit gesproei het. Dit het sy verwondering gewek, waarop hy dan ook byna alle klippe wat hy gevind het, in stukke geslaan en daarin na die vuur gesoek het, maar dit ook natuurlik nooit gevind het nie, waardeur hy tot die slotsom gekom het: Die hele wêreld is `n hongerige tier, wat altyd wil vreet, maar nooit iets vir sy buurman te wense oorlaat nie, behalwe enkele ongenietbare dooie bene!
15. Ook wyse gesegdes beval hom goed en hy het daar met verloop van tyd `n groot aantal uit die natuur afgelei, sodat hy daardeur ten slotte `n groot wysgeer uit die môre geword het, welke wierook hom wel die allermeeste geval het, - daardeur begin hy sy wysheid dermate op te voer, dat selfs die hoofstamvaders nie eens durf te spreek in sy teenwoordigheid nie, maar almal prys hom en gee hom die algemene seën; daardeur word hy dan ook sterk genoeg geag om as apostel na die laagte te gaan, wat niemand vóór hom gedurf het nie.
16. Hy het geweet hoe om in Hanoch, vanweë My Naam, deur woord en daad `n groot aansien vir homself te verskaf en kry daarom die beste as loon vir sy wysheid en vir sy nie weinig gevreesde mag. In die loon vind hy volledige skadeloosstelling vir al sy aan die stomme natuur verspilde liefde. Toe hy egter hierdie liefde vind, bemin hy mateloos en werp sy wysheid geheel en al oorboord; daardeur word hy totaal sinlik, waardeur hy nou in Naëhme My straf sien en dit in sy geredde toestand, toe sy liefde haar weer in wysheid begin te verloor.
17. Hy het selfs ten aansien van My, weer die wese van vroeër geword, geheel gevul met kilheid.
18. Wat moes daar nou met hom aangevang word? `n Sprekende en te bruuske wonder kon hom maar net gedood het. Daarom was die harmoniese balsem dan ook vir hom in die gesteente gelê, sodat hy daardeur sou ervaar dat My Liefde nie slegs die hart in die mens, maar ook die allerhardste steen vervul!
19. Hoe die geneesmiddel by Hored aanslag vind, - om dit te ervaar wil ons hom self `n baie weldoenende besoek bring om dit alles uit sy eie mond te verneem en nog heelwat daarvan leer en waarneem! Amen.
|
|
|
|
|