|
Die Huishouding van God - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 61
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281. |
|
|
Die misstap van Sehel. Abedam se groot getuienis oor Sehel
61. Met hierdie woorde was Sehel vervul en dié woorde was krag, gees en lewe vanuit God, en God was elke woord uit die mond van die heilige Vader, omdat God die krag is in die liefde en dit heet die Vader, net soos die liefde die eindelose sterkte, mag en die gesag is in alle krag van God.
2. En vervul met hierdie woorde, wat die krag van God se gees was, bly Sehel by Abedam en het geen plek gemaak vir `n ander wat ook geroep geword het nie.
3. Maar by Sehel was die oorsaak wat hom so laat optree het, nie die gevoel om die eerste te wil wees nie, nóg enige eergevoel, maar slegs die kinderlike liefde het hom so onontkombaar vas aan My gebind; en daarom het Ek as Abedam ook alleen maar vanweë die gebrek aan beskikbare plek aan hom gesê:
4. “Sehel, sien, daar moet tog ook nog ander na My toe kom, soos wat jy ook na My toe gekom het toe Ek jou na My geroep het! Daarom mag jy en kán jy wel hier `n bietjie opsy gaan; want jy hoef nou nie meer ongerus te wees om My ooit weer te verloor nie.
5. Dat jy tot hier gekom het, wees baie verheug daaroor, as jy op eie krag of uit eie wil gekom het; dus sover as jy kon gaan, het jy dan ook alleen gegaan.
6. Toe jy egter in My nabyheid gekom het, het Ek jou en julle almal tegemoet gehardloop.
7. Nou is jy egter heeltemal by My en is daar voortaan geen eie stap meer nodig nie, en kan jy nou in alle rus by My verblyf of My daadwerklik volg waarheen Ek gaan.
8. Maar alles wat Ek hieroor gesê het, betref alleen jou hart en die gees daarin en dié se betrekkinge, maar beslis nie jou liggaam nie. Daarom kan jy jou liggaamlik waar dan ook bevind; is jou hart egter in alle liefde van jou gees by My, dan is jy My oral ewe naby.
9. Sou jy, wat jou liggaam betref, op My rug gesit het, maar jou hart sou besig gewees het in `n diepte van die see, of jou gees woel tussen die sterre rond of êrens in `n verre streek op aarde, waarlik, dan sou jy ook presies so ver van My verwyderd gewees het, soos wat jou hart en die liefde van jou gees van My verwyderd sou gewees het.
10. Dus, My liewe Sehel, kan jy nou ook wel, wat jou liggaam aanbetref, iets verder van My weggaan, en wel so dat ook jou broers My vir die eerste keer liggaamlik kan nader oor dieselfde rede as waarom jy My vir die eerste keer liggaamlik benader het! - Begryp jy dit, geliefde Sehel?”
11. En Sehel het die vraag in sy hart beaam en Abedam het daarop geantwoord: “Doen dit dan maar! Amen.”
12. En Sehel het besonder bly in sy hart geword, het die Vader in Abedam geloof en geprys, het God alle eer van sy gees gegee en opsy getree.
13. By die terugtree het hy sy oë egter geen oomblik van Abedam afgewend nie en het bygevolg agteruit geloop; en omdat hy daarby nie gesien het waar hy loop nie, het dit gebeur dat hy met sy hak op Garbiël se voet getrap het.
14. Garbiël word egter nie enigsins daaroor versteur nie, het aan Sehel `n vermaning gegee, en aan hom gesê:
15. “Nou moet jy my tog net vertel: Waarom loop jy nie soos jou voete vir jou gegee was om te loop nie?
16. Waarom agteruit, en geen ag geslaan op die voete van jou broers nie, asof dit klippe is, wat op paaie of weë lê terwyl jou knieë tog na voor, en nie na agter buig nie?
17. En bowendien kom jy, waarheen jy jou ook maar wend, geen stap verder nie! Glo jy dat jy voor die Heer ook so lank kan bly staan soos jy, ergerlik genoeg, dikwels voor een van ons bly staan het?!
18. Sien, Sehel, hoe dom jy nou weer was! Ek het al van ver af aan Abedam gesien, wat gewyd is, gewyd, meer as gewyd en ons aller mees liefdevolle Vader, dat jy Hom met jou domheid gehinder het, - wat Hy jou met Sy laaste woorde tog duidelik genoeg te verstane gegee het!
19. Maar jy het dit nie gemerk nie, en jy gedra jou nou ook nog asof jy nie heeltemal in orde is nie, - waardeur jy ook so onhandig agteruit geloop het, sonder om ook maar enigsins te bedink Wie daar voor ons staan en waarop jy met jou taamlike lomp voete getrap het!
20. Ek vra jou, broer Sehel, beheers jou tog net en word tenminste voor God `n ander mens, as jy dit voor ons, jou broers al, nie die moeite werd vind om so te wees dat ons tevrede oor jou kan wees nie! Waaragtig, ek skaam my vir jou!”
21. En die arme Sehel het nou van louter verleentheid geen raad meer geweet nie; want hy wis op daardie oomblik nie wie hy die eerste om vergewing sou vra nie.
22. En ook al wou hy gespreek het, sy tong het hom in die steek gelaat; toe hy egter na enkele oomblikke weer tot homself gekom het, so goed en so kwaad as dit gegaan het, het hy homself meteens voor Abedam neergewerp en hom smekend om vergewing gesmeek, omdat hy so weinig ag daarop geslaan het voor Wie hy homself bevind het, en Wie hy deur sy gedraal seker tot las was. En hy het Abedam nog gevra of Hy die voet van sy broer Garbiël wil genees, vir ingeval hy hom deur sy onhandige stap in `n pynlike toestand gebring het.
23. Maar Abedam het Hom vooroor na die grond gebuig en die arme Sehel opgehef en hom toe aan Sy bors gedruk en aan hom, asook aan almal gesê:
24. “Sehel, Ek sê vir jou, jy is geen mens meer nie, maar `n rein en groot engel van die mees verhewe hemel!
25. Ja, Ek sê vir jou: Wat jy nou is, was jy al in die liggaam van jou moeder: `n Onsterflike oerafstammeling uit die allerhoogste hemel, waar niemand woon nie as net die aller onskuldigste liefde van die kleinste gees, wat egter juis daarom die mees magtige is en die mees wyse, omdat hulle in die aller innerlikste, mees heilige midde van My hart woon!
26. O Sehel, My groot liefling, herken jy My nou, soos jy My al ewighede gelede herken het, dat Ek jou liewe, heilige Vader is?!
27. Herinner jy jou hoe jy aan My sy langs die eindelose, nog geheel leë ruimte, gesweef het en Ek aan jou gesê het: “Getroue broer van My liefde! Sien, daar het ons een broer geval in die eindelose diepte, wie eindeloos en ewig vervul is met die vuur van My alleroneindigste en ewige Godheid!
28. Laat ons hier uit hierdie traan in My oog `n eerste son ontstaan!” waarop jy gesê het: “Heilige Vader! U heilige wil geskied!”
29. En toe jy dit aan My gesê het, herinner jy jou nou weer, hoe daar ook uit jou oë `n traan geval het, en Ek die traan geseën en gesê het: “Liewe broer van My ewige, oneindige liefde, sien, deur hierdie traan van jou sal hierdie son, hierdie eerste en grootste, bevrug wees, sodat eens vanuit haar die hele eindelose ruimte gevul sal word met aan haar gelyke kinders selfs tot daar waar die ewige vuur van My Godheid `n ewige aanvang neem”?!
30. Maar, liewe broer Sehel, nou nie verder nie! Wees daarom nou ook sonder sorge; want ons vriendskap en liefde is al `n heel oue! Nou sal dit vir jou seker ook duidelik wees waarom jy so-ewe agteruit geloop en jou oë nie van My kon afwend nie!
31. Sehel, dit was egter jou laaste beproewing tot op één na, wat binnekort sal plaasvind en dan nog één, die allerlaaste, as Ek jou voor My sal uitstuur! Behou vir nou egter jou liggaam, so lank as jy wil; maar My Aangesig sal jy nooit meer mis nie!
32. Nou sal jy ook jou visioen begryp, net soos elke ander visioen; maar hou dit vir jou!
33. Omdat jy egter vir Garbiël op sy voet getrap het, sal hy `n leraar van die tekens word en jy sy meester; dit sal egter `n groot deemoediging vir hom wees, net soos vir almal, dat hy nou verneem het dat die een wat as `n onnosele dwaas beskou het, `n baie oue broer is van My ewige liefde en eerste daar was, voor alle sterre, sonne, maan en aarde! Maar, liewe broer, laat ons nou nog die ander broers vra wat hulle alles in hulle harte gesien het! Amen.”
|
|
|
|
|