Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 211

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Mura se dors na lig. Lameg raai hom aan om geduld te hê. Die merk van die plek waar die tempel gebou word

211 Mura durf sy oë en ore nie glo nie; maar toe hy in opdrag van Kisehel weer regop staan, sê hy vir Lameg:

2. "My wyse koning en meester, veroorloof my, u kneg, om slegs enkele woorde te spreek; want in hierdie saak moet ek vir my lig verskaf, want ek sal liewer sterf, of op onnatuurlike wyse omkom, as om in hierdie duisternis te bly. Want so kan ek die moontlikheid en die aard van wat daar nou op so `n wonderbaarlike wyse aan my geopenbaar was, nie deursien nie!

3. Indien daar aan u, o koning en meester, iets daaroor bekend mag wees, laat ek dit dan weet!

4. Want anders sal dit, met die leiding van die bou, nie goed gaan nie, as my gees tevergeefs lig in hierdie duisternis sal soek!"

5. En Lameg antwoord Mura: "Luister, vriend en broer, jou ywer is prysenswaardig! Dit kan ek jou wel sê; maar om God se weë te onthul, - nee, daar het jy jou nie tot die regte man gewend nie, want dit is vir my net so goed `n raaisel soos vir jou!

6. Ek wil my egter skik volgens die wil van JaHWeH! Is dit reg en werklike goed vir my, dan sal ek dit op die regte tyd ervaar; maar as dit nie so is nie, dan sal dit my verder ook gladnie verontrus nie.

7. Want ek weet nou verseker dat alles wat daar gebeur, volgens die wil van JaHWeH gebeur; en sien, dit is ook voorlopig immers genoeg!

8. Aan my en aan jou het JaHWeH Sy wil op wonderbaarlike wyse meegedeel; laat ons dit dan eers vervul, en dan sal JaHWeH verder vir ons beskik wat Sy mees heilige wil is!

9. Sien, dit wat ons aanskou, is niks anders as `n suiwer wonderwerk nie! Die son aan die hemel, die maan en alle sterre en ons aarde is vervul van die mees onbegryplike wonders! Wie begryp wat hulle is?

10. Wil jy dan sterf omdat jy dit nie begryp nie?!

11. Sien, dit is sinneloos om dit te wil! Laat dit daarom met rus, en voeg jou volgens God se wil; al die ander sal wel kom as dit JaHWeH behaag!

12. Mag dit Hom egter nie behaag nie, dan is dit immers verreweg die beste vir ons dat ons dit nie ervaar nie, as wat ons dit sou ervaar teen die wil van JaHWeH!

13. Laat ons onsself daarom liewer na die bouterrein begeef, daar alles presies volgens die ontwerp uitsit en dan die werk onder die arbeiders verdeel! - Is jy daarmee eens?"

14. En Mura, ten diepste geraak deur Lameg se woorde, sê daarop:

15. "O koning en meester! Mag God, die almagtige, u `n lang lewe skenk; want nou besef ek eers ten volle dat u die ware wysheid van God gekry het, - want u het my verlange volledig tot rus gebring.

16. Daarom wil ek ook my hele lewe lank altyd `n diensvaardige kneg van u wees! Daarvoor sy God ewig alle eer en alle lof! Amen."

17. Daarna roep hy sy opsigters na hom toe en dra hulle op om hom en die verligte koning te volg na die bouterrein, wat die koning hulle sou aanwys.

18. En toe stap `n dertigtal manne uit die menigte. Maar nou raak Lameg `n bietjie in verleentheid.

19. Want die plek wat vir die bou van die tempel bestem was, was nou vol suiwer erts, klowe, kanale, groewe, arbeiders, hamers en smeltvure, en daarom wis Lameg nie wat hy nou moes doen nie.

20. Daarom wend hy hom weer tot Kisehel en vra hom wat nou gedoen moes word.

21. En Kisehel sê daarop vir Lameg: "Luister, my liewe broer Lameg, op welke plek op aarde die tempel te staan kom is van weinig belang, maar wel op welke plek in jou hart! Het jy op die eie lewende aarde van jou op die regte plek `n ware tempel gebou vir die mees heilige Naam, wat jy voorheen in die vuil van die aarde begrawe het, dan het jy al die regte grondslag gelê.

22. Wat egter hierdie bou in die materie betref, meet dit op die mees geskikte plek uit en JaHWeH sal dit goedvind!

23. Dat ek egter so gespreek het asof jy nou juis op daardie stuk aarde, waar die tafel uitgegrawe was, die tempel moes bou, sien, daarmee was slegs jou hart bedoel; maar daarin het jy die bou al uitgevoer en so is dit goed!

24. Daarom kan jy nou op aarde meet waar jy wil, en dit sal goed wees, as jou innerlike maat maar korrek is!"

25. Nou dank Lameg Kisehel vir hierdie lig en gaan met die hoogs verbaasde Mura na `n mooier, vrye plek en sit daar met Mura die plan uit soos wat dit `n meester betaam.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205