Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Satan se mag en God se almag. Henog se woorde op die Sabbat.

25 Na hierdie woorde van Abedam kyk Henog in sy hart en vind daar die bevestiging van wat die hoë Abedam hom verseker het.

2. Hy dink verder na oor die vlieg wat haar eiertjies wil afsit en oor die gesonde appel en vra daarop aan Abedam:

3. "Heilige, liefdevolle Vader, mag die Satan dan ook U heiligdom nader, soos die sluwe vlieg die gesonde appel?

4. Sien, dit lyk vir my werklik vreemd om so iets in die Ryk van die lewe en in die Ryk van die Lig te ervaar; - wat het die gees van alle duisternis daar te maak?"

5. En Abedam antwoord hom: "Henog, wat kan dit jou skeel, as My Liefde en erbarming groter is as wat jy ewig ooit sal kan vat of begryp?!

6. As My Liefde en erbarming haar selfs oor die eindelose duister gees wil uitstrek, hoe kan jy dan daarna vra, asof jy in My direkte nabyheid iets te kort sou kon kom?!

7. Sien, die son van die wêreld is `n groot lig en stuur die grootste deel van haar strale uit tot in die eindelose verre wêreldruimtes! Gaan dit die aarde en haar bure iets aan dat hulle verligtende moeder so verkwistend met haar strale omgaan? En as dit so was, sou die stralende moeder dan nie kon vra:

8. 'Kinders, wat gaan dit julle aan, doen ek julle daarmee te kort en het elkeen van julle nie lig en warmte in oorvloed en in die korrekte hoeveelheid nie?!'

9. Sien, so is dit ook by My! Bekommer jou daarom nie oor My groot, onnaspeurlike weë nie, maar bly onbesorg op die klein weë van My Liefde vir jou en spreek nie oor die groot ryke van die duisternis nie, dan kan jy daarvan volledig verseker wees dat die nog baie sterk vors van die dood baie weinig te oordeel en te make sal hê met jou en met alle broeders wat jou liefhet.

10. Dit sê Ek jou wel, ewighede sou vir jou nie toereikend wees om die grootte van sy mag en sterkte te deurgrond nie; maar desondanks is hy `n eindige, geskape gees en waar al sy mag vir ewig ophou, daar begin My oneindige mag eers.

11. Wees daarom onbesorg, want solank julle in My hande is, is jou ligste asemtog tog reeds magtiger, as alle sterkte, mag en gesag van die Satan!

12. Hy is soos `n hongerige, brullende leeu by wie dit aan voedsel ontbreek. Wee die dier wat hom teëkom, of waarvan hy deur sy skerp neus lug gekry het. Ek sê jou, dit sou selfs met die mammoet (oerolifant) sleg gaan in hierdie stryd!

13. Maar as die leeu boos en hongerig brul, slaan hy tog geen ag op die dikwels baie vlieë wat om sy ore ‘zoem’ nie!

14. Sien, daarin lê die groot mag van die deemoedige kleintjie; één vlieg word dikwels `n hele trop leeus tot `n las, terwyl juis hierdie trop leeus vir die vlieg iets is waaroor hy hom nie hoef te bekommer nie.

15. Jy het egter lankal `n muggie van deemoed geword, bekommer jou daarom nie oor die leeu nie, omdat hy onskadelik vir jou is en gaan sodoende heeltemal onbekommerd aan met jou vroom werk! Amen."

16. En Henog dank die hoë Abedam aller innig vir hierdie groot bevryding en versterking van sy hart en sê getrou: "Amen; U Heilige Wil geskied!

17. En so verneem almal dan, vaders, broeders en kinders, wat met oop ore luister:

18. Ons is hier in die middel op die dag van die Almagtige byeen in die hoogste teenwoordigheid van die allerhoogste, mees heilige, liefdevolle Vader, wat God is, God die Geweldige, die Kragtige, die Almagtige Skepper van hemel en aarde.

19. Wat moet ons doen om hierdie oneindige barmhartigheid, wat die hele aarde nie waardig is nie, tenminste in soverre waardig te wees, as wat in ons beperktheid moontlik is?

20. As ons mekaar wedersyds `n diens bewys, dan kan diegene aan wie die diens bewys is, aan diegene wat hom `n goeie diens bewys het, `n gunstige wederdiens bewys.

21. Het iemand my honderd treë gelei, dan lei ek hom daarom tweehonderd treë verder; honderd treë omdat hy met my die weg gegaan het en honderd treë omdat hy my gelei het, - en dan is ons gelyk gestel; en niemand is vir `n bewese diens aan sy broeder meer as hoogstens `n drievoudige wederdiens verskuldig nie. As hy meer wil doen, dan is hy vry daarin na eie goeddunke; maar dan staan ook die broeder by hom in die kryt.

22. As iemand vir my `n stuk brood gee, gee ek hom drie stukke terug: één stuk vir die stuk brood, één stuk vir sy goeie wil en één stuk vir die moeite wat sy hand hom getroos het. Sê my, kan hy meer van my verlang?

23. Ja, soos ek gesê het, is dit maklik om die diens van `n broeder, die weldaad van `n broeder, duisendvoudig te vergeld as dit daarop sou aankom, - nie slegs twee of drievoudig nie. Selfs as iemand my lewe sou gered het, deurdat hy my behendig van `n rotswand losruk toe dit al begin te beweeg en die volgende oomblik op my hoof sou neerstort, sodat ek onder die groot las van die rotsgesteente getref en verbrysel sou word; kan ek immers nog vir hom sterwe en hom my lewe lank op die hande dra!

24. Maar wat kan ons dan hier doen vir ons Vader, ons Skepper, Hy, die heilige Gewer van alle goeie gawes?! Vir Hom, wat ons ten eerste onsself gegee het, wat ons die wonderlike groot aarde gee, asof sy tydelik ons eiendom was, - die son, die heerlike weldadige lig, - die sterre as tallose lampe in die nag en dan die maan! En wie sou die skatte wat Hy ons gee, alles kon tel?!

25. Naas dit alles kom Hy nou ook nog Self na ons toe om ons almal met nog oneindiger skatte van die Ewige lewe ewiglik te verryk!

26. Te verryk deur Sy liefde, erbarming en barmhartigheid, te verryk deur Sy lewende Woord en meer nog om ons te verryk deur die onuitspreeklike beloftes!

27. Hoor, hoor vaders, broeders en kinders julle almal! Wat kan ons dan aan hierdie Weldoener daarvoor teruggee? – Wat aan Hom gee, wat ons nie al vroeër oneindigvoudig van Hom ontvang het nie?!

28. O vaders, broeders en kinders, dit is waaragtig een van die allergrootste en allerbelangrikste vrae, - ja, dit is `n vraag met so `n eindelose dieptegang, dat die hele ewigheid wel te kort sou wees om slegs een klein deeltjie van hierdie vraag van alle vrae te beantwoord!

29. As daar iemand mag vra: 'Hoeveel sandkorreltjies groot is die aarde en hoeveel doudruppeltjies bevat die hele, eindelose groot see en ten slotte, hoeveel sterre is daar in die hele verre oneindigheid?', - sien, hierdie vrae, hoe eindeloos groots hulle ookal skyn te klink, sou miskien al deur `n slegs enigermate diepsinnige gerub voldoende beantwoord kon word! Ja, hy sou ons hoogswaarskynlik die sand van die aarde op so `n manier bereken, dat hoor en sien ons daarby vergaan en sou ons die doudruppeltjies van die see op so `n manier toon, dat ons almal al baie gou sou wil uitroep: 'Verskoon ons van jou grootse antwoord; want ons het al meer as genoeg aan een druppeltjie!' 

30. En so sou hy ook hoogswaarskynlik nie nalaat om ons die aantal sterre op so `n manier te verkondig, dat die hele aarde daar net so van sou bewe, as wanneer ons meer as heilige Abedam haar - sy dit baie saggies sou aankondig: 'Luister, jou trouelose! Môre sal Ek jou was in die vuur van My toorn!'

31. O vaders, broeders en kinders, groots weliswaar, ja onverdraaglik groots sou hierdie antwoorde wees, - maar tog nie onmoontlik om te gee nie, hoewel onverteerbaar vir ons, wurms in die stof!

32. Maar sê my, welke allergrootste en mees wyse oeraartsengel sou hom volgens julle oordeel waag aan `n geldige, ja vir God geldige beantwoording van hierdie aller belangrikste vraag wat in my rede voorkom?!

33. Sien, dit is die verhewe rede, ja sy skuil in hierdie vraag, waaroor die hele ewigheid en die hele oneindigheid `n ononderbroke, allereerbiedigste stilswye bewaar!

34. Ja, - hier swyg die hoë, verhewe engel en sink boetvaardig neer voor Hom, wat hom vir ewig skep; want ook vir hom bly niks anders oor as slegs om met alle krag die meer as Heilige Vader, wat hom al sedert die ewighede liefhet, nog voordat hy as wese bestaan, lief te hê en te aanbid!

35. En al die sonne wat nog deur geen enkele geskape engelegees getel is nie, al die sonne met al hulle groot vuurbewoners, wat laat sy dan, of wat kan sy doen? - Luister! Onmoontlik iets anders as wat die grootste oeraartsengel kan doen: Sy vervul in haar verhewe eerbiedsvolle stilte die Heilige Wil van die groot, bo alles goeie Vader; en dit is al wat sy kan doen. En elke son verkondig nog haar lofprysinge aan die eindelose verre skeppinge. Ook onderling verkondig sy aan hulle in stilte deur hulle verre strale dat daar slegs één God is en dat hierdie God een en dieselfde is as die heilige, liefdevolle Vader, wat hulle liefhebbend skep vir die liefde, om ook die verre donker ruimtes te bemin en hulle te laat oplewe met die liefde van die Heilige Vader.

36. O vaders, broeders en kinders, glo my, die hele aarde is vol van die liefde van die Heilige Vader, want was sy dit nie, waarlik, ons sou geen vaste grond gehad het waarop ons ons voete kon plaas nie en ons liggame sou selfs lankal in die verskriklike afgrond van die ewige oneindigheid verswelg het!

37. Bekyk so die van liefde vervulde aarde, bekyk die sonne, wat vol is van die magtige liefde van die Heilige Vader, waardeur sy hulle aardbolle in wye bane dra, soos dit ons dra en die bestendige suigeling, die lieflik ernstige leraar van die tye, die maan wat snags vir ons skyn!

38. Wat is die lewewekkende warmte van die son nou anders as liefde?! Ja, liefde van die Heilige Vader, dit is in haar! En haar lig, haar goddelike lig! Wat is dit dan anders as die daarin so goddelike verligtende vlammegloed van die heilige liefde van die bo alles goeie, meer as Heilige Vader?!

39. O vaders, broeders en kinders, beskou, beskou tog slegs `n bietjie die groot skepping om ons heen; sy is oral vol liefde! Ja, ek sê met die mees gegronde rede van al wat leef: Wat julle ook maar sien - klein of groot, naby of veraf, - dat alles is tot barstens toe vol liefde van die Heilige Vader.

40. Alles, alles loof, bemin en aanbid Hom onophoudelik. Niks daarvan vra soos ons: 'Wat moet ons doen? Waar sal ons begin en waar eindig met die groot lofuiting aan die Heilige Vader?' Maar in stille, innige geluksaligheid vervul hulle die wil van die Heilige Vader; en die verre wêrelde in die uitgestrekte ruimtes is, nog ryklik getuigend, vervul van die so milde, wonderlike stille werking van `n eerbiedige, stil beminnende, toegewyde son en ander dinge, wat met liefde vervul is!

41. Slegs ons kinders, - luister! - ons, die kinders van hierdie Heilige Vader, ons lewende kinders, kon nog voor die werklike aangesig van die Vader vra: 'Wat moet ons doen?' `n Vraag wat geen engel ooit in die ewigheid sal beantwoord nie!

42. En tog vra ons in die middel van die wondere van die liefde, terwyl hulle uiteen wil bars van suiwer liefde: 'Wat moet ons nou doen?'

43. Niks, - niks kan ons doen, as om Hom slegs lief te hê met alle kragte wat deur Hom aan ons geskenk is, en dankbaar, vrolik geniet van elke gawe van die Ewige Liefde uit Hom!

44. Gevolglik, geliefde vaders, broeders en kinders, omdat dit vir ons almal volslae onmoontlik is om hierdie vraag te beantwoord en ons grootste moontlike gedagtes te klein is in verhouding tot die grootte van ons skuld, ten aansien van die mees heilige Vader, bly daar vir ons niks anders oor, as om ons harte soveel as wat dit maar moontlik is, oop te stel, om ons bo alles goeie, liefdevolle en Heilige Vader bo alles te bemin en wanneer ons liefde dan die hoogste brandpunt bereik het, voor Hom in die stof van ons volslae nietigheid neer te val, ons voor Hom, tot op die laaste atoom van ons wese, te verdeemoedig en Hom dan te aanbid in die volle besef van ons nietigheid met byna stom tong in die gees van die suiwer liefde en alle waarheid uit haar!

45. Daar is geen brandoffer, geen bloed van diere, geen rook van verbrande gerwe- en koringare, maar alleen die in die gees en in waarheid rein volledige brandoffer van ons hart, waarin die meer as Heilige Vader `n welbehae het.

46. Daarom wil ons vir Hom ook daar, waar dit vir Hom die allerbeste beval, nie dooie, maar lewende offeraltare oprig, waarop, net soos in die nuwe hut van die wonderlike Purista, die rein vlam van ons liefde nooit sal uitdoof nie, maar steeds kragtiger en kragtiger sal opvlam slegs ter ere van Hom, wat nou so meer as gewyd onder ons vertoef!

47. Laat elkeen handel volgens krag en vermoë; want soos wat daar nie net blomme is van een en dieselfde soort nie, maar daar oneindig baie families bestaan, sodat die laaste bewoners op aarde hulle nie eens almal sal ken en daar ook ontelbare soorte grasse, bome, en diere is en ook sterre is aan die hemel, - so is daar ook ooreenkomstig die allerwysste ordening van JaHWeH, ons mees heilige Vader, in elke mens ondenkbaar baie verskillende grade van allerlei soorte goeie geestelike kragte en ook verskillende sielsvermoëns in die mens.

48. As iemand `n sterk hart het, laat sy ook sterk wees in die liefde, sodat deur die liefde, ook al sy ander kragte vir die lewe versterk word!

49. Wie `n goeie gesigsvermoë het, laat dit die brandpunt van sy siening na sy hart verlê, sodat daardeur sy dankoffer in hom die lewende vlam opvang en dit ten volle ontbrand en sodoende sy gees, met lewe versterk in die ware liefde tot God, wat ons liefdevolle, mees heilige Vader is en wat Hom nou in die midde van ons almal bevind, sigbaar vir iedereen!

50. Wie `n goeie gehoor het, die kan sy oorskulp rig volgens die ore van sy hart, sodat alle opgeneemde klanke daardeur hulleself in die hart verenig tot `n ware, kragtige, die Vader welgevallige lofsang op die lewende offeraltaar van die liefde en al die ware lewe uit haar in ons!

51. Wie sterk is in sy gedagtes oor allerlei sake, laat dit al sy gedagtes teruglei na sy hart; ja, laat dit al sy gedagtes in die diepste van sy hart sink, waar die lewende offeraltaar van die rein liefde opgerig is, laat hy hulle daar lê op die heilige altaar en hulle almal ontsteek met die voorheen miskien swakker vlam van sy liefde, sodat hierdie vlam daardeur lewendiger sal word en welgevalliger voor God, en hy meer en meer tot lewe gewek sal word!

52. Wie sterk is in die gevoel, laat ook dit hierdie ryk oliebron na die altaar van die rein liefde in die hart lei, sodat die vlam duursaam gevoed kan word vir die verskuldigde verheerliking van die grootste en mees heilige Naam van JaHWeH in ons!

53. Wie sterk is in allerlei soorte waarnemings, hierdie waarnemings is die vars hout wat, elkeen wat hongerig en dorstig is na die spyse van die lewe, na die hut van Purista sal bring as `n medeoffer.

54. Lê die hout dus ryklik op die altaar van die lewende heiligdom in ons, sodat die vlamme hulle meer en meer daardeur uitbrei tot ware eer en lof vir Hom, wat `n welbehae daarin het, om in ons harte `n heilige, lewende woonplek te bou!

55. Wie sterk is in die naasteliefde, laat die sy broeders en susters in hierdie rein woning van die Heer lei en hulle daar ryklik van die spyse van die lewe voorsien! Waarlik, dit is vir die liefdevolle, Heilige Vader die aller aangenaamste lofsang, as talryke armer broeders en susters hulle in ons hart aan die heilige vlam van die rein liefde in ons verwarm en met `n dankbare gemoed vol vreugde hulle versadig in die gasvrye kombuis van die wonderlike Purista in ons!

56. O, vaders, broeders en kinders! Waarlik, waarlik, waarlik, ons kan niks doen wat groter en die Heilige Vader welgevalliger is, as dat ons met groot liefde, gedienstigheid en alle vrygewigheid ons armer broeders en susters, met groot vreugde en vrygewigheid opneem, selfs wanneer hulle uit die laagte tot ons sou kom, en vir hulle die baie groter pot as die wat vir ons bestem is, opstel en hulle eerder versadig en te drinke gee as vir onsself!

57. Onthou dit buitengewoon goed: Ja eerder as onsself! Want anders sal die hoë, heilige Gas, wat nou ook die heilige kombuis van Purista opgerig het, nie so maklik daar verskyn om die spyse van die liefde tot Hom te neem en ons te seën met die ewige lewe nie!

58. Vader, broeders en kinders! In watter opsig iemand hom dan ook sekerlik sterk voel, laat hy ten volle besef en glo dat alle krag in ons `n barmhartigheidsgawe is van die meer as Heilige Vader!

59. Wat sou dit vir `n mens wees, wat die een of ander krag sou hê en dit sodanig sou benut, as dat dit suiwer sy eie krag was?

60. Ek sê vir julle, `n groter eieliefde sou daar sekerlik nie kon bestaan nie!

61. Want as iemand hom die een of ander werk van sy broeder sou wil toe-eien, sou hy tog sekerlik ook vol eieliefde wees; maar dan sou hy slegs met sy broeder te make hê en `n groot dief teenoor sy broeder wees.

62. Wanneer mens hom egter `n gawe van JaHWeH toegeëien het, het mens met God te doen, wat ons aller liefdevolle, Heilige Vader is en aan wie alleen alle dinge volledig behoort, net soos alle magte en kragte en alle gesag.

63. Sien en hoor en begryp dit: Iemand wat so uit eieliefde handel, word `n dief teenoor God, - dit is die hoogste graad van eieliefde!

64. Waarlik, in die geval hou die mens op om `n kind van die Heilige Vader te wees, en wel so, dat hy hom daardeur self aan die oordeel oorlewer en slegs `n skepsel word, en as hy sy lewe nie verbeter nie, selfs `n kind van die slang word, `n kind van die dood en daarmee ook `n kind van die gramskap en die toorn, `n kind van die hel, wat `n ewige graf is vol vervloekinge, vol verdoemenis en vol van die toornige vuur van die gramskap van alle ewige verdorwenheid!

65. Daarom, soos daar reeds gesê is, liewe vaders, broeders en kinders! - wie van julle wat dan ook `n krag het wat merkbaar oorheers, beskou dit dan in geen geval as jou eiendom nie, maar weereens as `n nuwe gawe van die Heilige Vader en gaan dadelik daarmee na die hut van Purista in julle eie hart en lê die heilige gawe op die offeraltaar in die eie heiligdom. Dra dan self die vars hout van die ware innerlike deemoed na hierdie heilige haard, (altaar) lê dit op die miskien reeds flou geworde vlam van die suiwer liefde, sodat dit weer helder opvlam en die geofferde gawe gryp en haar verteer tot lof, roem en prysinge van slegs Hom, wat die enigste heilige Gewer is van al sulke goeie gawes en wat JaHWeH heet, God van die Ewigheid, oneindig en bo alles gewyd en almagtig, ons meer as Heilige Vader, vol van die hoogste liefde, barmhartigheid en alle erbarming!

66. Want slegs aan Hom alleen kom alle liefde, alle lof, alle eer, alle roem, al die prysinge en alle aanbidding toe.

67. Wat is egter die ware, suiwer liefde in ons tot God? Dit is die innige vereniging van ons gehele lewe met die lewe van al die lewe in God, van welke lewe al die lewe, al die synde en alle dinge uitgegaan het!

68. 'Om slegs God lief te hê' beteken dus niks anders, as in God Self `n nuwe, ewige onsterflike, onverganklike lewe te begin en wel daardeur, dat ons al ons kragte as suiwer gawes van die Heilige Vader op die altaar lê in ons eie spyshuis van die gees, wat deur God opgerig is, wat die heilige vlammetjie met die vars hout van ons deemoed ondersteun, sodat dit `n oplaaiende vuur word, wat vervolgens al ons geofferde kragte aangryp en verteer en al die wêreldse in ons vernietig.

69. En uit hierdie vernietiging kom dan eers `n nuwe lewe voort, ja `n lewe in God, ons alle liefdevolle, Heilige Vader!

70. Dit is die voorgeskrewe grootste spyspot in die heilige hut van die wonderlike Purista. As die vrugte daarin heeltemal gaargekook word, sal die hoë heilige gas dan ook kom en sal Self aan die heilige kindertafel saam met Sy kinders `n nuwe maaltyd hou, `n maal van die ewige liefde, barmhartigheid en erbarming, ja `n maaltyd tot die ewige lewe!

71. Sien, as ons so handel, dan is dit `n korrekte lofprysing, `n korrekte eerbewys, `n waarlike roem. Vir ons die grootste moontlike prys en die enige ware aanbidding in ons uiteindelike vernietiging in die heilige vuur van die suiwer liefde in ons, omdat ons dan daar waaragtig in die stof van ons volkome nietigheid voor God terneer lê en ons met God verenig in en deur ons verterende vuur van die liefde op die nuwe offeraltaar in ons harte, met God, ons aller liefdevolle, mees heilige Vader!

72. Waarlik, waarlik, liewe vaders, broeders en kinders, as iemand homself nie heeltemal sal offer op die altaar in die hut van die wonderlike Purista, wat nou voldoende aan ons almal bekend is, en ons onsself nie sal laat verteer tot stof, rook en as nie, - wie hierdie ware vuurproef dus nie wil deurstaan nie, die sal die versekerde dood nie uit hulle dryf nie en nooit sal daar vir hom `n Ghemela tot loon van die ewige lewe gegee word nie!

73. Wie leef en asemhaal en die eindelose weldaad van die lewe ondergaan en die onuitspreeklike soetheid daarvan voel, laat hy goed bedink dat die aardse lewe slegs `n proeflewe is en in alles `n gawe van die Heilige Vader.

74. Wie dit hulle dwaaslik sal wil toe-eien, sal dit vir ewig verloor, wie homself egter in alles die groot heilige Gewer weer, soos dit nou voldoende aangetoon was, toevertrouend offer, die sal in die suiwerste, duursame volheid vir ewig, ewig, ewig behoue bly in God, ons aller mees heilige, mees liefdevolle Vader!

75. Omdat ons nou almal verneem het waarby dit by elkeen van ons op neerkom ten aansien van God, laat ons dit dan nie slegs aanhoor nie; maar dit wat ons verneem het deur woorde, in ons eie hart verneembaar maak, sodat dit vandaar in die bloed en van die bloed in alle geleidings van ons wese oorgaan tot `n lewende daad. Want as iemand die ware, lewende woord uit God Self verneem het en hom daardeur die weg, ja die kortste en betroubaarste weg getoon is en hy bewandel hierdie weg nie dadelik geheel en al nie, dan is hy tog wel `n allergrootste dwaas, `n allertraagste os en `n allerdomste esel; omdat die krag van die lewende woord alreeds, terwyl hy dit verneem, hom versterk en minstens reeds vir die helfte tot lewe gewek het, en dit dan vir hom baie maklik sou wees om deur die werksaamheid van sy eie vrye wil volledig lewend te word.

76. Laat dit dus nie net by die verneem bly nie, maar laat elkeen hierdie woorde diep in sy hart dra, sodat hy `n lewende daad word; dan sal hy `n waaragtige wyse in die orde van JaHWeH wees, `n lewende huis van duisend in `n mooi kring staande, slanke seders, wat hom liewer het as `n dooie huis van gekapte sparre, wat weliswaar ook in die grond geplaas is, maar dit, omdat hulle self dood is, spoedig in die grond gaan verrot; en as daar dan `n storm oor hierdie dooie huise waai, dan stort hulle spoedig in en dood hulle bewoners.

77. Die huis uit lewende seders is `n veilige huis, omdat ons daar te alle tye die korrekte beskutting sal vind.

78. As ons egter saad in die aarde plaas om daaruit in die kortste moontlike tyd in die besit te kom van `n lewende huis en in die kring waarin ons die saad gelê het ook dadelik ons lewende huis wil aanskou, moet ons dan nie, ondanks ons groot verlange na die lewende huis, die nodige geduld gaan beoefen en intussen rustig in die hutte van dooie, gekapte hout woon, totdat die lewende huis geheel dig, stewig en ryp is en ons dan daar kan intrek?! En het ons dit eenmaal betrek, hoe vol vreugde is ons dan, dat ons nou so `n stewige, lewende huis het wat ons goed kan beskerm teen elke storm!

79. Maar hoe dikwels loop die mens jare lank met die watersak om die kring jong boompies heen om hulle almal sorgsaam te begiet, sodat hulle hulleself maar gou hoog bo die aardoppervlak verhef en hulle al te vinnig begin om die geurende takke van mirte-, lourier- en balsempalmbome tussen die stamme te vleg en die splete op te vul met die welriekende kruie, wat ryklik groei op die hoogtes waar die kuddes skape wei, en met geurende mos. Dan sou hy ook kon begin met die span van `n goed gevlegde dak uit die onverwoesbare goudstrooi vanaf die groot boom in die middel tot by die bome van die sywande.

80. Sien, so iets noem ons wys; ja, so is daar ook waaragtig wys te werk gegaan! Laat ons egter hierdie wyse handelswyse ook op onsself toepas!

81. Die aller gesondste saad is nou in oorvloed uitgestrooi. Die lewende water het ons nou ook in groot hoeveelheid. Die groot, heilige, almagtige Boumeester van alle dinge is sigbaar in die midde van ons. Ons is almal tot lewe gewek. Ons bevind ons in die heilige midde van die ligste dag. Vanaf die bergweiding stroom die heerlikste geure van welriekende kruie al ryklik na ons toe. Die goudstrooi is oral in groot oorvloed en goed uitgeskud, te vind.

82. Hoe weinig ontbreek ons dus nog om in die besit te raak van die lewende huise in die gees; o, dink na, dink tog na, hoe uiters weinig ons nog ontbreek!

83. Laat ons daarom almal in lewende werksaamheid die lewende heilige woord opneem, wat `n woord is van alle lewe, alle mag en alle krag direk uit God Self. En die loon van Lameg, die hemelse Ghemela of die ondenkbaar milde en sag neerdalende liefde van die meer as Heilige Vader, sal ons nie ontgaan nie! Ja, sy is reeds by ons; ons hoef haar slegs met hart en siel aan te neem, dan sal ons die doel bereik wat die oneindige goedheid en liefde van die meer as Heilige Vader Self ons voorgehou het! `n Heerlike doel, ja, `n oorheerlike doel! `n Doel van die volkome, ewige lewe!

84. Waarlik, as dit nie al ons geringe inspanninge werd is nie, dan sal by alle krag, mag en gesag uit God, wat nou in `n sterk mate in my woon, sekerlik as gevolg die gehele skepping na haar ou "niks" terugkeer en ons as kinders saam met haar!

85. Ek sweer `n eed voor julle, ek gee julle almal `n groot teken, in die nou sigbare teenwoordigheid van JaHWeH, wat my bestendige, magtige Getuie was, is en ewig sal wees, en soos ek tot nou toe elke woord in Sy Naam gespreek het, sê ek nou:

86. Waarlik, waarlik, waarlik, - die hele sigbare skepping word deur `n ou tweevoudige harde val doodgedruk! Die hele wêreld is bevlek met ou sondes; ons is almal erfgename van die dood, eenmaal in die gees en eenmaal in die vlees.

87. Al kan God egter, gesien Sy allerhoogste gewydheid, ons ook die lewe in die vlees nie teruggee nie, tog het Hy Hom in Sy oneindige liefde oor ons gees erbarm en het ons derhalwe in die gees weer as kinders van Sy barmhartigheid, erbarming en eindelose liefde opgeneem, sodat ons weer die ewige lewe deelagtig kon word.

88. Vaders, broeders en kinders, nou lê dit voor ons, die lewe en die weg tot Hom: Liefde wat lewe, deemoed is die weg! Laat ons dit vol moed gryp en daarvolgens handel; dan sal ons, so naby aan die groot veroorsaker en oerbron van al die lewe, sekerlik nie in die dood oorgaan nie, maar in die ewige lewe self, wat nou tot ons gekom het en sekerlik ook ewig by en in ons sal bly! Amen, Amen, Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205