Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 159

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Abel se sending na die boetepredikers van die laagte in Hanoch, die gevallenes se lus vir die vlees. Die gevaar van die vlees van die vrou

159. Na hierdie woorde sê Abba dat hulle almal weer `n bietjie agteruit moes gaan, ongeveer sewe tree. So vorm hulle `n kring om die Vader en dank, loof en prys Hom vir Sy oneindige liefde, barmhartigheid en erbarming. Toe roep Hy vir Abel na Hom toe en sê vir hom:

2. "My troue bode, Ek stuur jou nou na Hanoch! Daar sal jy sewe van hierdie uitgestuurde boetepredikers aantref. Drie van hulle is standvastig, maar vier van hulle wankel, want hulle het na die vlees van die vrouens in die laagte gekyk en is daardeur verlei. Sien, jy moet hulle weer op My regte pad plaas!

3. Hulle hoef niks van hulle mag te verloor nie; maar omdat hulle nog nooit liggaamlike pyn ondervind het nie, kan jy as eerste `n gladde roede neem en hulle met sewe slae op hulle skouers tugtig, - maar slegs op die oomblik wanneer jy in hulle harte `n onsuiwere vlam sien opstyg en die vlam uiteindelik die vorm van `n vroueliggaam aanneem!

4. As jy dit merk, hef dan dadelik jou arm op, en gee `n kragtige slag! As die vlam na hierdie slag onmiddellik uitdoof, voer dan die volgende slae minder kragtig uit, maar hulle aantal moet onder alle omstandighede bly soos wat Ek gesê het!

5. Word die vlam by die eerste slag egter nie terstond verstik en verdwyn die voorstelling van die vlees nie onmiddellik nie, dan moet jy die volgende slag met meer krag uitvoer as die eerste; en as daar ook hierna nog geen verandering intree nie, gee dan die volgende slag met nog meer krag!

6. Vind die verandering hierop plaas, verminder dan dadelik die krag; maar is daar ook nou nog geen resultaat nie, verdubbel dan jou krag en gaan steeds daarmee deur tot by die bereik van die opgegewe aantal slae! 

7. Vind die verandering by `n bepaalde slag plaas, voer dan die orige slae met dieselfde krag uit, sodat die hardnekkigheid van die hart na behore getugtig en getemper kan word.

8. Doen na die tugtiging `n kragtige oproep in sy hart en gee die bekeerde My wil en My volle erns te kenne!

9. Slaan dan sy hart in alle stilte gade; en as jy sewe dae lank geen terugkeer van die slegte vlam kan ontdek nie, dan kan jy hom weer sewe dae vry laat. Besoek hom dan weer; as jy hom suiwer bevind het, laat hom dan vir sewe maande vry!

10. Maar as jy ontdek het dat sy hart in die tyd genees het, versterk haar dan met die olie van My barmhartigheid! As jy bemerk het dat Hy met welgevalle weer die ou, slegte vlam in Sy hart laat opvlam het, tugtig hom dan nogmaals!

11. Maar as die eerste sewe slae, met alle krag gegee, die vlam nog nie volledig verstik het nie, neem dan `n dikker, nie meer gladde, maar doringagtige ruwe roede en gee hiermee die slae met volle krag oor die hele rug!

12. Hierdie slae moet jy nie laat verswak nie, selfs wanneer die vlam na één of meer houe sou verstik; want hier het jy al met die hardnekkigheid van `n taamlike verdorwe hart te doen.

13. As hierdie slae ook nog geen verbetering tot gevolg het nie, neem dan `n vurige roede en gee hom met `n ferm hand sewe-en-sewentig harde slae op sy hele liggaam, sodat dit oordek word met swere en etter!

14. Word hy dan beter en verander sy hart, genees dan sy wonde en versterk hom met My erbarming; verbeter hy hom egter nie, strooi dan wurms oor sy lyf, sodat hulle hom kan verteer terwyl sy siel nog leef, - want dit is beter om deur die wurms, as om deur die toorn van God verteer te word!

15. Versterk die drie eerstes met My liefde en vertoon jou aan hulle wanneer jy hulle sal versterk in My Naam!

16. Ek sal altyd met jou wees, net soos met al My kinders! Amen!"

17. Hierop buig die engel Abel hom voor Abba tot op die grond en verdwyn toe soos `n vurige bliksemstraal wat vanuit `n wolk ylings na die aarde flits.

18. Alle vaders verbaas hulle daaroor hoe dit tog moontlik kon wees dat vier van die bodes reeds in so `n kort tydjie Die Een kon vergeet het, wat hulle nog pas die vorige dag so meer as ryklik uitgerus het met Sy liefde, barmhartigheid en erbarming.

19. Maar daarop sê Abba vir hulle: "O kindertjies, verbaas julle nie daaroor nie! Ek het immers reeds vroeër vir julle almal gesê dat daar in die gehele oneindigheid, buite Myself, niks vryer is as die menslike hart nie! As die hart My maar één oomblik uit die oog verloor, kan sy dadelik verlei word!

20. O, die mag van die vlees is groot, en nog geeneen van julle het daaroor geseëvier nie; verbaas julle daarom nie dat die vier so vinnig betower kon geword het deur die meer as weelderige vlees van die vrouens uit die laagte nie!

21. Toe Kain gevlug het, het hy oor die slang, toe sy in die vlees voor hom verskyn, voorspel, hoe gevaarlik sy vir al sy broers sou word!

22. Verbaas julle daarom nie daaroor dat die vier so vinnig in verleiding geraak het nie, want met julle en julle kinders sal dit geen haar beter gaan, as julle julle ook maar één oomblik van My sou afwend nie!

23. Bly daarom in My, soos wat Ek in julle bly, dan sal julle geen knegte van die vlees word nie! Amen. - Begryp dit! Amen, Amen, Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205