|
Die Huishouding van God - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 152
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281. |
|
|
Vol verbasing herken Henog die wyse woorde van die vreemdeling. Die gelykenis van die twee versadigdes en die baie hongeriges.
152. Toe Henog dit van die vreemdeling hoor, was hy so verskriklik verwonderd dat hy Hom vra:
2. "Luister, liewe vriend, as jou groot Wysheid die van `n mens is, dan staan ek voor `n onoplosbare raaisel; want waarlik, jou woorde laat my gees verstom!
3. Jy wil dat ek iets daarteenoor moet stel, om so tot `n gemeenskaplike oordeel te kom; maar hoe sou ek dit kan doen?
4. Want jou woorde het my totale wese so oortuigend helder deurdring, dat dit vir My gewoonweg eenvoudiger sou wees om aan iemand te bewys dat ek nie Henog is nie, as ook maar die minste in te bring teen jou uitermate wyse en tot in die diepste kern ware woorde.
5. En daarom sê ek jou dan ook niks anders nie en kan jou ook niks anders sê as alleen: Dat jou oordeel ook reeds geheel en al die van myne is!
6. Mag daar egter omtrent my opvatting die een of ander teenwerping denkbaar wees of miskien die een of ander vraag, dan moet jy, liewe broer en vriend, dit maar self doen!
7. Want soos reeds gesê, kan ek in jou hele betoog niks ontdek waarteen ek ook maar iets kan inbring of waarvoor ek selfs ook maar `n vraag sou kan stel nie!
8. As ek dit voorheen al gesê het, sou ek wil vra: Broer, spreek liewer oor iets anders; want hierdie woorde is so verhewe vol en waar, dat dit ewig jammer sou wees om dit deur watter opmerkinge dan ook in `n sekere sin aan te tas en te beskadig! - Deel jy nie ook hierdie mening nie?"
9. En die vreemdeling antwoord: "Henog, jy sien goed in dat dit so is dat jou oordeel met die van Myne in die gees en alle waarheid ooreenstem, maar tot `n geheel en al vrugbare sekerheid word dit eers dan verhewe, as dit tot `n algemene oordeel word!
10. Daarom is dit volgens My mening nie voldoende as `n waarheid net tot `n eenstemmige oordeel tussen twee mense lei nie, maar dit moet deur `n veelsydige eenstemmige oordeel dit word, wat dit eintlik sou moet wees.
11. Want gestel dat daar êrens `n menigte hongeriges sou wees wat nie weet wat om te doen nie, maar dat daar twee in hulle midde was wat genoeg brood gehad het vir hulle eie behoefte en ook voldoende versadig was!
12. Wanneer die hongeriges hulle nou sou gaan vra: 'Broer, hoe is dit dat julle daar so vergenoegd en versadig uitsien, terwyl ons vergaan van die honger?'
13. En die twee antwoord hulle dan: 'Luister, ons eet brood en daarom is ons versadig!'
14. Sê My, liewe Henog, sal `n dergelike antwoord, ook al is dit op sigself die grootste waarheid, wel die hongeriges versadig?!
15. O nee, iedereen kan tog insien dat deur die versadiging van slegs die twee, niemand anders versadig geword het nie!
16. En dan sal die hongeriges dadelik aan die versadigdes sê: 'Wat het ons daaraan, as julle julle brood nie vir almal beskikbaar stel nie?!
17. Laat ons ook van julle brood proe, eers dan sal ons weet of en hoe dit ons sal versadig!'
18. Sien dus, liewe Henog, is dit nie `n baie waar opmerking nie?! Maar waar lê die oplossing?
19. Sien, hier is al `n paar hongeriges; wat ook van ons brood moet proe en hulle oordeel ten beste gee, of dit hulle versadig of nie! As dit voldoende vir almal is, dan is daar geen meer aanvulling nodig nie; maar as dit nie voldoende is nie, dan bly daar vir ons niks anders oor as om meer brood aan te voer of hulle die groot algemene broodkamer te toon en te onthul nie! Wat dink jy nou: Is dit nie waar nie?"
20. En Henog, totaal verbaas oor die Hoë Wysheid van die aandbewoner, bevestig alles uit die diepste grond van sy hart en vra daarop aan die onbekende wyse:
21. "Maar liewe broer, ek vra jou om hemels ontwil, sê my tog net, voordat ons die ander van ons brood sal laat proe, vanwaar jy hierdie wysheid ontvang het. Jy is vir my immers werklik totaal onbekend en na my wete was jy ook nooit daarby gewees toe die Allerhoogste in ons midde gewandel het nie; en wanneer het jy hierdie wysheid ontvang?"
22. En die vreemdeling antwoord Henog en sê: "Liewe Henog, sien, hier is maar één ding werklik nodig. Laat ons daarom die hoe en die wanneer laat vaar en liewer die broers onmiddellik van die brood laat proe!
23. Daar sal egter sekerlik nog baie van die sonsopgang en -ondergang kom en hulle sal baie kinders van die lig van die ergste duisternis beskuldig, sodat hulle dan ‘ag’ en ‘wee’ sal roep!
24. Maar ons laat dit nou vir wat dit is; want julle wysheid sal julleself eers by julle kinders regverdig! Laat ons daarom nou na die vaders kyk, sodat die kinders nie ten gronde sal gaan nie!
25. Henog, begryp jy dit ? - Gee die brood daarom aan die vaders en broers!"
|
|
|
|
|