Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 237

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Lameg opnuut in verleentheid weens die volksmenigte wat voor hom uittrek. Oor vrolik wees en oor saligheid as die bestemming van die mens

237 Toe hierdie verhewe stoet hulle deur die strate van die groot stad voortbeweeg, kom `n digte menigte agter die stoet aan, maar `n groot skare haas hulle ook voor die stoet uit.

2. Lameg dink egter aan die woorde van die Heer, wat as volg gelui het: "Maar niemand mag voor jou uittrek nie!", en raak daardeur alweer in groot verleentheid, maar durf nou nie die orde te versteur en om te draai, om aan die Heer te vra wat hy nou moes doen nie.

3. Maar in `n breë straat, wat hulle nou bereik het, begin `n steeds groter volksmenigte hulle na vore te dring; dit word vir Lameg tog te veel.

4. Hy bly daarom staan en wen hom daaroor op.

5. Die Heer sien egter hoe dit met Lameg gesteld was, en maak daarom asof Hy die nood van Lameg nie opmerk nie.

6. Maar omdat Lameg nie verder durf gaan nie, vra die Heer hom uiteindelik tog: "Lameg! Waarom bly jy staan?

7. Sien, ons moet nog die halwe weg gaan, en My tyd nader!

8. Daarom moet jy voortgaan, en nie bly staan nie!"

9. Nou skep Lameg weer moed en sê vir die Heer: "O heilige, liefdevolle Vader, sien, ek herinner my dat U voorheen die opdrag gegee het dat daar niemand voor my mag uitgaan nie! En kyk hier: Daar is duisende voor ons!"

10. Maar die Heer antwoord Lameg daarop: "Dit sien Ek ook, My Lameg! Maar het jy dan wel vooraf laat weet, dat niemand voor ons mag uitloop nie?

11. Jy sê: 'Ag! Daaraan het ek nie gedink nie!'

12. Nou, as dit so is, waarom vererg jy jou dan aan die menigte wat voor ons uitdraf?

13. Ek het egter nie hierdie gang wat ons nou maak, bedoel nie, maar slegs die ampsgang van jou priesterdom.

14. Wees daarom volkome rustig en gaan voorwaarts; want so is dit immers reg, en so moet dit ook bly, dat die volk altyd voor ons aangesig moet uitgaan!

15. Voortaan moet dit ook altyd liggaamlik en geestelike in hierdie orde bly!

16. Hou derhalwe die volk altyd in die oog, dan sal jy `n goeie herder van My kudde wees! Amen."

17. Hierdie woorde kalmeer vir Lameg, en hy gaan nou vrolik voorwaarts.

18. Toe hulle buite die stad kom en Lameg die pragtige tempel van naby aanskou, word hy uitbundig vrolik en begin haas te dans van vreugde.

19. Hy sou dit ook gedoen het, as hy hom nie voor die volk sou geskaam het nie.

20. Maar die Heer sê vir hom: "Luister, Lameg, My kinders mag in My Naam ook van harte bly en vrolik wees! Daarom mag jy ook spring soos `n hert, want iemand wat in My Naam opgewek is, is Ek voor liewer as iemand wat aan My hart treur!

21. Want Ek het julle net vir die saligheid geskape en nie om verdrietig te wees nie!"

22. Hierop begin Lameg in alle erns te dans.

23. Toe die volk dit sien, was hulle geweldig verbaas, en sommiges uit die volk loof en prys God daarvoor en spring ook van vreugde omhoog.

24. Ander sê egter: "Sien, sien, ons voormalige koning van die verderf het `n danser geword!

25. Dit kom vas en seker deur die uit die hoogte, want dit moet sulke onvervalste magtige magiërs wees, dat selfs die klippe hulle gehoorsaam!"

26. Maar ander weer veroordeel sulke gepraat en sê: "Sien julle nie dat die plaat, wat met God se Naam versier is, vergesel word deur die magtiges nie?!

27. Praat daarom geen jaloerse onsin nie, maar aanbid die heiligdom van die ewige, almagtige God, wat die groot siener van God, die vors Farak, eens aan ons bekend gemaak het!"

28. En onder sulke voorvalle bereik hulle nou die goue poort in die ringmuur.

29. En Mura open die deur en die stoet beweeg hulle na die tempel, maar die volk waag dit nie meer om `n voet oor hierdie drumpel te sit nie en bly heel rustig buite die muur.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205