Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 51

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Adam se woorde oor die Lig. Die Almagtige God en die liefdevolle Vader in Abedam.

51 En Abedam maak hom gereed om te gaan, wend Hom tot Garbiël en sê,: "Volg My dus! Waarlik, Ek sê vir jou, wie My volg, dié bewandel `n regte weg en sal nie verdwaal op die pad van die lewe tot die lewe nie!

2. Wie sou egter graag sonder lig in die middel van die nag `n lang bosweg wil bewandel?!

3. Die wêreld is die woud, en die aardse lewe van die mens die weg, en die tyd van die liggaam is die digte nag.

4. Sal diegene wat geen lig het nie, wel die korrekte smal middeweg vind wat as enigste die wandelaar werklik na die heilige liefdesdoel kan voer, wat die ewige lewe is?!

5. Maar Ek is Self `n waaragtige onfeilbare Lig en is die Weg en die ewige lewe Self.

6. As jy My dus navolg wat jou lig in oorvloed sal gee, sal dit vir jou in ewigheid nooit meer moontlik wees om die korrekte weg mis te loop nie, omdat die lig die weg self is. En jy sal ook nooit die heilige liefdesdoel kan misloop nie, dit wat die ewige lewe is, omdat die weg en die lig die heilige liefdesdoel self is, dit wat die waaragtige ewige lewe is.

7. Laat almal My dan ook volg en vra nie waarheen nie! Want waar Ek is, is oral die regte plek en is oral die ewige lewe.

8. As iemand snags `n lig sou neem en dit, nou eers op `n berg, dan weer in `n dal, en dan op verskillende plekke plaas, - sal dit dan lyk asof die lig êrens op die korrekte plek staan?

9. Ek sê egter vir jou: Die lig is oral op sy plek, want wie kan beweer dat hierdie of daardie plek nie geskik is vir die lig van die dag nie, en dat dit nie goed is dat die son haar strale daarheen stuur nie?!

10. So is dit ook met die lig van die gees, - sodat ook niemand, as die lig oor hom kom, moet vra of dit geskik is vir hom of nie, of hy die lig werd is of nie!

11. Maar wanneer die lig kom, moet iedereen dit dadelik aangryp en dit in sy diens stel! Want as die lig daar is, dan is dit daar om almal te dien; is dit egter eenmaal êrens weggesit of het dit uitgegaan, dan sal die waardige nie minder as die onwaardige die ontbreking van die lig met groot droefheid ondervind nie.

12. En hy sal die lig weer na Homself toe roep; maar die opgaan van daardie lig sal dan baie vertraag word en hierdie vertraging sal vir elkeen te alle tye tot `n groot en baie harde steen/klip des aanstoot word.

13. Wee egter diegene wat oordag val en hulle nie wil laat oprig deur die lig, solank dit in hulle midde is nie!

14. Waarlik, Ek sê vir jou, hy sal moeisaam opstaan as die nag hom sal inhaal!

15. As iemand egter in die nag sou val, is dit hom dan nie te vergewe nie?!

16. Ja, Ek sê dit vir jou: Wie in die nag geval het, sal hom eerder en makliker oprig wanneer die daglig sal kom, as diegene wat op die klaarligte dag geval het en te traag was om homself dadelik weer op te rig, sodat die lig hom na die heilige liefdesdoel kan bring. 

17. Daarom sê Ek nog één keer vir julle: Neem die lig op in julle harte solank dit in julle midde is; want die tyd van die lig is kort, - maar oormatig lank is die tyd van die nag!

18. En diegene wat dit nou sal aangryp, sal dan ook ewiglik geen gebrek daaraan hê nie.

19. Sien nou ook eindelik volkome in dat Ek dit Self is: Die Lig van al die lewe en die oerewige enigste lewe Self!

20. As julle dit in julle harte besef, dan het julle die lig en die lewe al volledig in julle opgeneem.

21. Wat is egter die lig en die lewe, die heilige, die ewige?

22. God Self is die lig; en die ewige liefde in die lig is die ewige lewe en is die Vader oor wie jy, Garbiël, heelwaarskynlik, toe jy vir My jou laaste woorde van jou groot vermoede uitgespreek het, goed ingesien en beken het dat Ek `n Vader is!

23. Ja, waarlik, Ek sê vir jou, Ek is die enigste ware Vader en julle almal is My kinders as julle My as Vader erken!

24. Wie My egter nie as Vader wil erken met sy hele hart nie, - vir hom sal Ek wees soos wat Ek vir `n klip is, naamlik `n ewige oordelende God en Skepper!

25. My krag, mag en gesag is sonder einde, so spreek God vir Homself, wie sal en kan My weerstaan?

26. Maar die Vader koester Sy kinders en verberg die Almagtige God voor hulle bevreesde oë, sodat hulle Hom almal in hulle harte kan insluit en Sy ware vaderroep kan volg.

27. Sien, Ekself is die Vader en roep julle om My te volg!

28. Talm daarom nie, My liewe kinders, en volg My; want Ek is immers julle aller heilige en mees liefdevolle Vader!

29. Luister en volg My! Amen, Amen, Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205