Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 254

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die wantroue van die arm gaste ten opsigte van Lameg. Die goeie raad van die Heer en Lameg se broederlike woorde aan die arm gaste

254 En toe almal voldoende geëet het, staan hulle van hulle plek af op en dank die Heer vir die wonderlike en baie goedsmakende maal.

2. En alle genooides, deels armes en deels voormalige gevangenes, doen netso.

3. Al hierdie gaste dank ook die God van Farak; want hulle wis nie dat die heilige Gewer Homself in hulle midde bevind nie.

4. Eers nadat hulle aan die God van Farak hulle innerlike dank gebring het, gaan elkeen na Lameg, lê hulle hande kruiselings oor hulle bors en bring daarmee ook hulle dank aan hom vir sy groot goedheid.

5. Maar Lameg wend hom tot die dankendes, wys hulle dank af en dui die arm gaste met sy blik aan, dat hulle die arm man moes dank en voeg ietwat nederig as `n goedmoedige uitleg daaraan toe: "Nie ek nie, maar Hy is die ware Gewer van al hierdie en nog tallose ander goeie gawes!"

6. Die arm gaste kyk mekaar verbaas aan en vra mekaar, heeltemal verbluf heimlik af: "Wat wil die verhewe koning Lameg daarmee aandui? Die arm gas, wat net soos ons, tog self niks het nie, moet ons dank?! - Die koning het van oudsher al die vreemdste idees en dit is seker ook weer so `n inval van hom! Wie weet, laat hy ons almal vandag nog kook en braai! Laat ons daarom maar sien dat ons so vinnig as moontlik uit sy al te gevaarlike nabyheid kom!"

7. Maar Lameg hoor daardie gefluister en gryp dadelik die hand van so `n wantrouige en vra hom ietwat bars, op sy ou manier: "Beklaenswaardige vriend, waarom dink jy nog sleg van my?"

8. Die vraag bring by die arm gas so `n angs teweeg, dat hy byna voor Lameg op die grond val.

9. Maar daardeur skrik ook Lameg so erg, dat hy nie wis wat om te doen nie; hy haas hom daarom na die Vader en vertel dit aan Hom.

10. Die Vader sê egter vir Lameg: "Sien, jy moet dus in die vervolg nie sonder My op die weg gaan nie as jy van nut wil wees vir die wêreld!

11. Die volk weet nog nie dat jy nou geen koning meer is nie, maar dat jy deur My en vanuit My enkel `n leidinggewende owerpriester van die volk geword het; die volk vertrou jou daarom ook nog nie, omdat hulle in jou nog die vreeslike tiran voor hulle sien.

12. Bestyg daarom jou troon en verklaar uit My Naam aan die volk wat jy nou is en wat jy met die volk voor het en dan sal alles in orde kom! Gaan daarom heen en voer met weinige woorde uit wat Ek jou aangeraai het!"

13. Maar Lameg vra aan die Vader of dit nou wel gepas was om die troon te bestyg, omdat die heilige Naam tog voorheen daarop was.

14. Die Vader sê egter vir Lameg: "Hoe het jy nou tog so dom geword?! Kyk, met My praat jy, maar vir die troon het jy vrees omdat My Naam, deur jouself opgeteken, `n tydjie daarop gerus het?! Sê My, wat tel dan meer: Ek of My Naam?!

15. Maar as jy uit suiwer eerbied vir My Naam nie op die troon wil gaan staan om van daar uit te verkondig wat jou bestemming is nie, wat van My uitgaan en deur my voorgeskrewe is, gaan dan op hierdie stoel staan om dit te verkondig; want Ek wil geen dwang vir jou oplê nie!"

16. Dit laat Lameg hom geen tweemaal sê nie, hy gaan op die stoel staan en predik vandaar tot die volk en vertel heel vriendelik wat daar alles met hom gebeur het en wat hy nou vir hulle geword het, en dat hy voortaan ook onveranderlik sou bly.

17. Toe die arm volk dit hoor, begin hulle plotseling te juig en elke tong loof en prys die God van Farak.

18. Toe Lameg weer van sy stoel afstap, wys die Vader hom daarop dat hy nou op die stoel gestaan het waarop Hy as heilige, almagtige God Self gesit het.

19. Lameg val voor Hom neer en bid Hom om vergewing.

20. Maar die Vader hef hom orent en sê: "My geliefde Lameg! Ek het jou nie daarop gewys om jou te sê dat jy voor My sou gesondig het nie, maar alleen, dat jy jou troon vir soortgelyke doeleindes kan gebruik, ook al het die plaat daarop gelê. 

21. Ek sê vir jou: Slegs op die hart is My oog gerig! Al die ander het vir My geen waarde nie, want Ek is die liefde Self en wil daarom niks anders as liefde hê nie.

22. Neem nou plaas op jou troon en maak My met goed gekose woorde aan die volk bekend, sodat hulle nie meer oor My hoef te fluister en te gis nie, maar volledig te hore kry wie hulle in hulle midde het! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205