Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 113

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die Heer spreek vermanende woorde tot Adam, wat wanhopig is weens sy dwaasheid

113 Toe Adam hierdie woorde van Abedam hoor, het hy treurig geword en wis hy nie meer wat om te sê of te doen nie.

2. Sy gedagtes gaan tekere en hy soek die groot beslissende “waarom”, wat dit uiteindelik sou regverdig. Maar al sy moeite was tevergeefs, en hy vind nie die groot “waarom” nie; en so staan hy weer op die punt om homself geheel en al te verwens en te vervloek, omdat hy homself nou as die enigste oorsaak van al die bose, slegte en verkeerde beskou.

3. Maar Abedam neem sy hand, kyk hom reguit in die oë en sê na `n rukkie aan hom:

4. “Adam! Wat se mens is jy tog! Wil jy soos `n klip word?! Is die lewe dan werklik so iets veragtelik dat jy dit in jouself wil vervloek en jy jouself heeltemal na gees en liggaam wil dood, net soos die lewe in alle kinders wie Ek uit jou laat voortkom het?!

5. Adam, jy leef reeds baie jare op hierdie aarde en jy het jou lewe byna tot nou toe deurgebring met vervloeking, volgens jou skerp geregtigheid. Jy was tevrede daarmee, omdat jy steeds gemeen het dat Ek welbehae gevind het in jou regterlike, onverbiddelike strengheid en in jou vaderlike vloek teen elke kind wat swak en onversigtig genoeg was om teen jou wil te handel.

6. Maar nou, noudat Ek jou wil reinig, wat dan ook die enigste rede is dat Ek jou op al jou onvolkomendhede wys en dit alles sigbaar vir jou en al jou kinders doen om jou heeltemal in staat te stel om die lewe volledig uit My op te neem, - nou dus, noudat jy gehoor het dat Ek glad geen welbehae vind in die vervloeking en ook nie in die veroordeling nie, maar alleen in die liefde, wat die enigste is wat leef, is jy baie kwaad in jou hart en het jy genoeg van die lewe gehad!

7. Nadat jy eers uit louter geregtigheid byna elke aardse stoffie veroordeel het, wil jy nou, jouself vervloekend, teen jouself tekere gaan om jou daardeur in `n sekere sin op My te wreek, omdat Ek teen jou ou regsorde is, vanweë My groot liefde, erbarming en geduld!

8. O Adam, Adam, Ek sê vir jou: Jy stel My liefde en geduld baie erg op die proef!

9. Bedink hoe lank Ek reeds alle geduld met jou het; bedink: Toe daar in die hele oneindigheid nog geen son gebrand het nie, en daar nog nouliks deur My aan die aarde gedink was, het Ek jou gees geskep, vir die allersuiwerste liefde en Ek wou hom vrymaak tot `n selfstandige wese teenoor My en tot My groot welgevalle; toe het jou gees reeds ernstige sorge vir My gebaar, deur sy onbuigsaamheid en het daardeur My geduld steeds langer en langer op die proef gestel. 

10. Welke ewige lang tydreekse het daar sedertdien vervlieg, sedert Ek jou in die lewe geroep het!

11. En hoe baie is My geduld deur die rye van ewighede, terwille van jou, tot in die oneindigheid uitgerek! 

12. Kyk na al die tallose sterre; tel hulle, die eindelose baie, groot en harde wêreldmassas, wat nagenoeg die hele sigbare uiterlike oneindigheid beslaan! Wat is hulle?

13. Adam, weet jy wat hulle is?! - O Adam, Adam, kyk en luister:

14. Iedere sandkorreltjie waaruit die een of ander hemelliggaam bestaan, is van jou kant af gesien, op sigself reeds `n intense beproewing van meer as duisend jaar vir My geduld, gemeet volgens die vlug van die tye.

15. Tel nou die eindeloos baie wêrelde in al die eindelose ruimtegebiede; tel dan die eindelose veelheid sandkorreltjies waaruit hulle bestaan, as dig aaneengerygde atome; stel jy dan vir elke enkele atoom `n duisend jaar van goddelike geduld voor van My liefde teenoor jou!

16. As jy dit ryplik oorweeg het, sê My dan hoe lank Ek nog geduld met jou moet hê voordat jy `n wese word, volledig in die sin van My ewige liefde tot jou en Ek sal elke tydperk wat jy noem, van jou aanneem!

17. Maar o wee, as jy `n selfmoordenaar sou word; Ek sê vir jou: Daar bestaan geen oomblik so vinnig soos dit waarmee Ek jou en die hele skepping sou prysgee aan My toornvuur nie, met uitsondering van die weinige getroues!

18. Waarlik, Ek sal eerder vir ewig geduld hê met elke sondaar, as net een oomblik met `n selfmoordenaar!

19. Draai derhalwe tog net heeltemal om en sien wat ek aan jou gedoen het, wat Ek nou doen, en wat Ek nog sal doen aan al jou kinders, dan sal Ek My tot jou wend en jou uit die moeras van jou langdurige blindheid tot My verhef en jou die lewe gee!

20. Maar vervloek voortaan nie meer nie; want die aarde is nou reeds vir honderdduisend jaar heel ryklik voorsien van jou veroordelings!

21. Begryp dit nou eens en wend jou heeltemal tot My! Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205