Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 126

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Abedam se roep tot opwekking van die onverskillige Enos. Oor die doel van die menslike bestaan.

126. Na Henog se woorde van dank en prys roep die hoë Abedam vir Enos na Hom toe en sê aan hom: "Enos, as jy die prysende woorde van My geliefde Henog gehoor het, wat van die eerste tot die laatste lettergreep goed en waar is, sê My dan: Het hierdie woorde geen hoër lewensbehoefte in jou gewek nie as net, dat jy steeds maar swyg soos `n klip op die top van `n berg in die rustige lig van die maan nie?!

2. Sien, daar is byna niemand wat in sy lewensfeer so onbekommerd voortleef as jy nie en wat in My sigbare aanwesigheid niks vind waarvoor Hy `n hoër lig nodig het nie!

3. Maar Ek sê jou nou: Sien, nou lê Ek die grondslag vir `n woning van My op aarde: Uit stene en pleister sal sy op die hoogte opgerig word vir alle tye van tye.

4. Wie nou `n taak ontvang, sal dit voortaan behou hier en anderkant; maar wie nou so heel onbekommerd daaraan verbyloop, terwyl die lewe verby waai, aan hom sal ook die lewe verby waai en dan sal sy lewensgeeste maar baie swak wees!

5. Verhef jou daarom nou uit hierdie lou toestand, en stel vrae, sodat ook jy die antwoorde kan kry wat jy nodig het op hierdie aarde! Maar vat die woord nie so op asof dit jou tot lewe wil dwing nie; jy moet dit in jou hart vind en dit dan vrylik vir My sê. Wil jy egter liewer stom bly en die tyd met slaap deurbring, doen dit dan as dit jou geval; jy hoef My dan vir niks te vra nie."

6. Oor hierdie enigsins merkwaardige aansporing was Enos baie verbaas en wis nie so gou wat hy hierop moes sê nie.

7. Weliswaar kom hy bietjie nader aan Abedam, maar hoe meer moeite hy doen, hoe meer verward word hy en kon daardeur geen onderwerp vind, waaroor hy een waardige vraag kon stel nie.

8. Maar omdat hy so `n ruk lank swygend daar gestaan het en niks oor sy lippe kon kry nie, staan die hoë Abedam weer op, gaan na Enos toe en vra vir hom:

9. "Enos, sien jy dan werklik nie meer die bos deur die bome nie?! Moet Ek jou dan `n vraag in jou hart en ten slotte selfs in jou mond lê?!

10. Luister, Ek sal dit doen en Ek sê vir jou: Vra aan My waarom jy nou hier is, - en Ek sal jou `n goeie antwoord gee! Amen."

11. Eers nou herstel Enos homself en vra in alle erns: "O Allerhoogste, kon ek, armsalige mens, ooit `n beter vraag gevind het as juis hierdie, wat U My so ewe meegedeel het; en daarom vra ek U dan ook ooreenkomstig U wil: Waarom is ek eintlik hier?

12. O Allerhoogste, heilige Vader, as dit U heilige wil is, dan kan U dit gewis vir my sê!"

13. En Abedam sê daarop aan hom: "Ja, werklikwaar, `n belangriker vraag sou jy nooit kon bedink het nie! Want wat jy nou gevra het, sal miljoene blinde mense eendag vra; maar met die antwoord sal mense groot probleme hê, wat jou probleem by die vind van `n passende vraag hemelhoog sal oortref!

14. Want hulle almal sal alle moontlike vrae stel: 'Waarom bestaan ons? Hoe sal dit verder met ons gaan? Waar sal ons heengaan, wat sal ons doen, en waarom? Wie en wat is ons eintlik?' - en dergelike vrae meer.

15. Maar hulle sal dan geen antwoord kry nie, net soos jy nou! Die antwoord wat jy nou van My sal kry sal vir `n baie lang tyd verlore gaan.

16. Eers teen die einde van die bose heerskappy van die wêreld sal Ek dit weer verkondig aan die armoedige en die behoeftige, die eenvoudige en die onmondige en die onskuldige kinders!

17. Heel kort lui die antwoord aldus so: Die mens is daar ter wille van die lewe, die lewe egter nie ter wille van die mens nie.

18. Daarom is die mens ook deur My geskape om die lewe op te neem, - maar nie sodat die lewe hom sal opneem nie!

19. Hy is nie geskape in die volheid van die lewe nie, maar is slegs in staat om die volheid geleidelik in homself op te neem.

20. Daarom kan geen mens volkome ook weet wat die lewe is voordat hy dit totaal en al in homself opgeneem het nie.

21. Niemand kan dan ook die ander deur welsprekendheid die lewe bewys nie; maar by diegene wat die lewe het, sal dit vanself blyk in alle volheid, sodat hy dan ook ewig geen ander bewys nodig het nie, omdat hy in homself die volheid van die lewe self dra, wat die enigste vatbare en geldige bewys vir die lewe is.

22. Maar as iemand die lewe nie het nie, hoe sal hy dan die lewe verstaan?!

23. So kan die lewe alleen maar die lewe verstaan, maar die dooies nie! Hulle kan wel deur hulle min of meer skynbaar lewende siel geleidelik in die lewe oorgaan, as hy dit met sy siel wil; maar die lewe begryp, kan Hy tog nie beter as wat hy dit in alle volheid in homself opgeneem het nie.

24. Sien nou, daarom is jy ook hier! Neem die lewe, waarvoor jy hier is, in jou op, dan sal jy die lewe begryp soos Henog dit nou begryp, waardeur sy totale wese vervul is met groot vreugde!

25. Gaan nou heen, open jou hart, sodat jy ontvanklik word vir die lewe; kom dan weer na My toe om die volheid van die lewe te ontvang vanuit My! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205