|
Die Huishouding van God - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 127
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281. |
|
|
Die trae Enos staan afwysend teenoor die lewe en prys die non-bestaan.
127. Hierdie woorde dring by Enos en ook menige ander as gloeiende pyle in die hart in en hy en iedereen begin baie ernstig daaroor na te dink.
2. Hy gaan weliswaar na sy vroeëre plek terug, maar in sy hart begin dit baie onrustig te word. Duisend gedagtes en idees duik soos vurige meteore uit die diepte van sy siel op en skiet daar soos bliksemstrale na alle kante toe. Dit het by hom dieselfde effek soos wanneer dit snags groot gebiede van die aarde één oomblik lank verlig, wat dan ook deur die kort duur van die bliksem baie duidelik te sien is, - maar as die bliksem uitgedoof is, word die nag ook dadelik tienmaal donkerder as voor die bliksem.
3. Maar ondanks sulke verligtende meteore ontstaan daar in hom tog geen blywende lig nie, waardeur ons Enos dan ook teen blote teenstrydighede stamp. Want deurdat die lig nou eers hier en dan weer daar vir `n kort rukkie verlig, word daar steeds `n ander streek van sy hart verlig, waardeur hy telkens weer van ander idees in homself gewaarword.
4. Maar toe hy na `n goeie uur, tesame met baie ander, aansienlik deur al die duisende gedagtes en idees aangespoor was, roep hy uiteindelik uit:
5. "O rus, heerlike rus, hoe gelukkig was ek steeds in jou arms! Hoe gelukkig moes ek gewees het toe ek nie bestaan het nie en hoeveel gelukkiger sou ek nou eers word, as dit moontlik sou wees om weer oor te gaan in die volkome non-bestaan!
6. Is die mens nie gelukkiger tussen die mure van sy huis, as dit buite so erg storm, woed, huil en raas nie, as wanneer hy buite is in die midde van die storm en stryd van die elemente, - en nog gelukkiger, wanneer hy vas slaap terwyl die elemente buite dreig om die aarde te vernietig nie?!
7. Watter eindelose onderskeid is daar nie tussen my en `n klip nie?!
8. Ek moet dink of ten minste droom; my gevoel is `n onuitwisbare eienskap en daarom voel ek honger, dors, hitte, koue, nag, dag, pyn en leed; - tree ek slegs `n bietjie buite die voorgeskrewe orde, dan word ek onmiddellik tereggewys en dit altyd met min of meer dreigend klinkende woorde, waardeur my hart dan altyd weer tot berou gedwing word.
9. Dwaal ek meermale, dan word ek altyd getugtig daarvoor, en wel omdat ek die ongeluksalige lewe het en daardeur gewaarwordinge moet ondergaan; o, julle ellendige eienskappe van die lewe, wat die dood nie het nie!
10. Jy gelukkige klip, jy is vas en sterk, jy is sonder lewe en gevoelens en het tog `n baie goeie bestaan sonder spys en drank!
11. Jy word nie verskeur deur gedagtes en idees nie; jy ken geen ander wet as domweg alleen die van die allergeluksaligste ongestoorde rus nie; honger, dors, hitte en koue is vir jou ewig vreemd; jou bestaan sonder gevoelens ondervind geen sukses en geen pyn nie;
12. Leed en verdriet ken jy nie; jy verouder nie; die liefde verskeur nie jou hart nie, omdat jy, gelukkige, geen hart het nie!
13. O, bo alles benydenswaardige klip, kon ek maar wees soos jy, waarlik al het ek duisend van die mees volkome lewens in my gehad, dan sou ek dit alles weggegee het vir één atoom van jou allergelukkigste wese, vooropgestel dat jy werklik so leweloos en ongevoelig is soos wat jy blyk te wees!
14. O groot, verhewe Skepper van alle dinge, nou het ek `n totaal ander vraag; die antwoord op die vraag sal U seker meer kos as die vorige!
15. U wil die volheid van die lewe aan my skenk om my gelukkig te maak?! O ongelukkigste geluk!
16. Gee my liewer `n volkome non-bestaan, dan sal U my werklik gelukkig maak!
17. Hoe blind en watter groot dwaas moet diegene wees wat steeds die aangejaagde lewe gelukkig wil prys, wat, hoe volmaakter dit is, ook steeds gejaag en dus ongelukkiger moet wees!
18. Ek sal U, lewe van alle lewe, daarom nie vir die lewe nie, maar steeds vir die mees volkome dood vra!
19. Want toe ek nie bestaan het nie, was ek gelukkig; en as ek wederom nie meer sal bestaan nie, dan sal ek ook weer gelukkig wees!
20. O Heer, behou, behou U lewensvolheid, die grootste ongeluk vir elke wese; gee my maar die volheid van die dood, gee my die volheid van die non-bestaan, dan sal U my waarlik gelukkig, ja ewig gelukkig maak!
21. Maak my tot `n klip sonder lewe en gevoel, dan sal ek U deur my stomme bestaan vir ewig daarvoor loof en prys! Amen."
|
|
|
|
|