|
Die Huishouding van God - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 100
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281. |
|
|
Die mag van God se liefde en barmhartigheid ten opsigte van Horadal, die leëraanvoerder van die laagte
100 Toe die twee afgesante, met Horadal tussen hulle, op die hoogtes aangekom het, roep die hoë Abedam ook vir Adam, Set en Henog na Hom toe en sê toe aan hulle:
2. “Luister, Kisehel en Sethlahem het reeds hulle uitgewerpte nette gevul met allerlei eetbare visse en het selfs ook diegene saamgeneem aan wie die bevelhebber sy bose opdrag uitgevaardig het, soos julle reeds verneem het.
3. Want toe hulle met hulle afskuwelike tog begin het en na die middaggeweste wou trek, het Ek hulle dadelik enkele van die wagters, wat reeds aan julle van die hoogtes bekend is, tegemoet gestuur, wat die manne, wie hierdie vreeslike opdrag moes uitvoer, tot die terugweg gedwing het, en hulle het hulle weer onopgemerk en vol angs by die groep van die môre aangesluit, toe die twee afgesante die bevelhebber reeds tussen hulle ingeneem het.
4. Sodoende is hierdie vangs volledig; laat ons hulle tegemoet gaan en hulle met vreugde opneem! Amen.”
5. En Adam, Set en Henog staan op en loop aan Abedam se sy die oprukkende leër uit die diepte tegemoet.
6. Toe Horadal sien dat vier groot manne hom vinnig nader, vra hy angstig vir Sethlahem:
7. “Hoë, magtige afgesant van `n groot god of van `n oppermagtige koning! Wie is die mense wat ons so ylings tegemoetkom?
8. Hulle moet sekerlik belangrik wees; want hulle lyk heeltemal so!
9. Ek kry `n merkwaardige gevoel by hulle nadering!”
10. Sethlahem antwoord daarop: “Wees maar geduldig tot ons hulle en hulle ons bereik het, dan sal `n nuwe opgaande son julle spoedig onthul wie hierdie vier, in elke opsig allergrootste mense, wel is!
11. Wees dus maar geduldig; want sien, nog ongeveer honderd treë en dan is ons bymekaar!”
12. En so was dit ook; in `n ommesientjie staan die vier al voor die bevelhebber en Abedam gee met Sy almagtige hand `n teken aan die hele leër dat hulle moes bly staan en nie meer verder moes optrek nie.
13. Meteens kom alles tot stilstand. Kisehel en Sethlahem val voor die hoë Abedam neer en dank Hom vir die groot barmhartigheid wat Hy hulle verleen het, waardeur hulle die hoë en heilige opdrag so voorspoedig volgens Sy wil kon uitgevoer het.
14. Maar die hoë Abedam gebied hulle om van die grond af op te staan en sê aan hulle:
15. “So sal julle altyd in My Naam seëvier; want daaraan is hemel en aarde en alle dinge in die hemel en op aarde ewig onderworpe.
16. Wie in My Naam wandel, wandel in alle mag en krag; en soos wat daar buite My niemand is wat aan My gelyk is nie, is daar ook buite die krag en die mag van My Naam geen krag wat daaraan gelyk is nie.
17. Bly daarom in My Naam, dan sal julle ewig bly lewe in hierdie krag en mag! Amen.”
18. Na hierdie woorde val ook die bevelhebber Horadal, gegryp deur die grootste eerbied, voor die viertal neer; want die weinige woorde van Abedam maak so `n oorweldigende indruk op hom, dat hy by homself dink:
19. “Die mag van die twee afgesante het ek ondervind, wat die aarde laat beef het onder hulle voetstappe en uit die hand van die een het `n verterende vuur homself versprei; maar voor Hom val hulle neer en dank Hom vir so `n mag!
20. Hoe sterk en magtig moet Hy dan nie wees nie, as hemel en aarde slegs aan Sy Naam ondergeskik is!
21. As sulke magtige manne voor Hom neerval, waarlik, dan sal dit vir `n sieklike en swak iemand soos ek, nie raadsaam wees om voor Hom te bly staan nie; en daarom sal ek my ook verdeemoedig tot by die uiterste puntjie van my kleintoon!”
22. Maar Abedam gaan dadelik na hom toe en sê aan hom: “Horadal! Staan op en kyk eers na die ou monster van `n Adam, wat die enigste eerste mens op aarde is en regstreeks uit My hand voortgekom het en dus die vader is van Kain en van die broer wat deur hom doodgemaak is, wat Abel heet!
23. En kyk My dan ook aan; Ek is Self jou ou, swak, moedelose, nou geheel verslae en wurmagtigige god!”
24. Hierdie woorde sny vir Horadal deur murg en been en hy roep, terwyl hy nog op die grond lê, na sy troepe:
25. “Val almal vooroor op die grond; want ons staan almal voor die enigste ware God, wat deur die wyse Farak aan ons almal, behalwe aan die heersugtige Lameg, bekend gemaak was en Wie ons nog as kinders kon aanroep en mag aanroep.
26. O, val almal daarom voor Hom neer; want slegs aan Hom kom alle aansien, alle lof, alle lofprysing en alle roem toe, nou sowel as ewig! - O, ellendige Lameg!
27. En ekself, sy ellendige handlanger, sy raadgewer, sy eerste maghebber, ek, sy eerste leëraanvoerder, ek, wat hom uit louter snoodheid so vergoddelik het, wie hom al sy skande en gruweldade aangeraai het en daadwerklike hulp verleen het en nou op die punt gestaan het om hom van die troon te stoot, en alle heerskappy na myself te trek, - ek, ek monster van alle monsters, staan nou voor die ware God!
28. O God, Almagtige, verdelg dié monster geheel en al van die aarde af; want hierdie aarde, wat Uself nou dra, is te gewyd om `n soortgelyke monster soos ek nog langer te dra. Vernietig my daarom vir ewig! Amen.”
|
|
|
|
|