Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 250

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Henog en die Heer as `n Arme. Oor die wese van die almagtige Godheid en oor die armoede van die Vader

250 Hierdie woorde van die Arme dring soos duisend bliksemstrale deur die harte van alle aanwesiges. Selfs Henog was nie voorberei op hierdie verskyning van die Heer nie, waarom hy ook reeds vooraf aan Lameg uit die wonderbaarlike fenomeen van die vrugte die tevredenheid van die Heer verseker het.

2. Daarom wend Henog hom dan ook self tot die Arme en sê vir Hom: "As ek dit aan my hart vra, dan sê dit heimlik vir my: 'U is die Een!', - maar wanneer ek dan vanuit die diepte van my hart in die oog van die gees kyk, dan is ek nie in staat om daar te ontdek, hoe die almagtige, heilige Vader, God, die Skepper van alle dinge, ook `n Arme kan wees nie! - Daarom versoek ek U om één woord daaroor te spreek, sodat Ek U kan herken!"

3. Maar die Arme kyk Henog slegs aan; en toe Henog die oë van die Arme sien, spoed hy na Hom toe en sê: "Ja, ja, U is die Een! Goeie Vader, U is werklik Hy; want so `n sagtheid, so `n sagmoedigheid, so `n liefde, so `n trou en nogtans so `n goddelike verhewenheid straal uit geen menslike oog nie!"

4. Eers na hierdie uitroep begin die Vader in die gedaante van die Arme die volgende woorde tot ons geselskap te rig en sê, asof Hy tot Henog spreek:

5. "Henog, en ook jy, Lameg, luister! Wat die Arme vir julle sê, bewaar dit diep in julle hart! Wanneer `n arme by julle kom en julle neem hom op in My Naam, dan het julle My opgeneem.

6. Julle sê: 'Hoe is dit moontlik? Aan U, o God, is tog immers alleen die verhewene, die magtige, die kragtige verwant!'

7. Maar Ek sê: Waarlik, waarlik, jy kan My nie in My verhewenheid nóg in My mag of krag in ewigheid ooit ken nie, maar wel in My erbarming en waaragtige vaderliefde!

8. Die liefde trek egter alles na haar toe en wil alles in `n noue kring om haar heen versamel! En sien, dit doen die Vader!

9. Maar wanneer jy alles aan My goddelikheid wil meet, dan hou jy nie aan die Vader nie, maar wil jy slegs die Godheid benader, wat in Sy wese oneindig is, daardeur verstrooi jy jouself en ten slotte dood jy jouself.

10. Begryp nou verder die diepte van God se Gees! - Jy is `n geskape mens; as sodanig bestaan jy uit `n liggaam en uit `n lewende siel, waarin die gees van die liefde woon.

11. Jou liggaam is uit die Godheid; sy wet is `n onveranderlik moet, dit wil dus sê: So is dit en nie anders nie! Jy kan doen wat jy wil, maar jy kan die vorm nie verander nie!

12. Maar omdat jou liggaam `n werk is van die onveranderlike goddelike mag, dus bestaan uit die almagtige ‘moet’ vanuit God, is dit ook sterflik en kan dit vernietig word.

13. Nou vra jy: 'Hoe is dit moontlik?' Sien, omdat in God die eindelose vryheid heers en Hy dus nooit `n dwang kan uitoefen nie!

14. Was God alleen God, dan sou daar ewig niks geskape gewees het nie, maar sou alles nog `n alleen vir Hom sigbare oneindige gedagte gewees het, - maar geen enkele wese sou hom in die vrye bestaan in God kon verheug nie!

15. God is egter nie alleen God in en vanuit Homself nie, maar Hy is God vanuit die liefde in Homself.

16. God kom voort uit Sy liefde, en die oneindigheid is Sy wese; maar hierdie wese keer altyd weer in Sy liefde terug en voed Hom daar met die oneindige krag en mag.

17. Luister nou verder: Jou siel is verwek deur die Vader, wat die Liefde in God is.

18. Soos wat hierdie Liefde egter die eintlike oorsaaklike wese is in God, is ook jou siel sodoende `n fundamentele wese van jou bestaan en `n houer ter opname van die ewige lewe, en alles in haar kan in die ewige lewe omgesit word, ook die liggaam, wat `n werk of `n tempel is van God se Gees deur die goddelike ‘moet’.

19. Nou vra jy: 'Waarom deur `n ‘moet’?' Sien, solank as wat jy `n klip in jou hand hou, bevind hy hom onder jou vrye gesag, en jy kan daarmee doen wat jy wil!

20. Maar as jy die klip eenmaal weggeslinger het, dan het jy hom weliswaar van jou willekeur losgemaak, maar tog moet die klip in die rigting vlieg, wat jy hom met die mag van jou hand gegee het, en jy is dan nie meer in staat om die vrygeworde klip in sy vlug te rig nie.

21. Maar as die klip weer terugval, omdat hy self geen krag het nie, kan jy hom weer rig na jou willekeur.

22. Wie nou ore het, hoor! Sien, die Vader het as die oneindig groot Liefde in God of in Sy uitwerking alles van Hom weggegee!

23. Deur die groot werpkrag van Sy oneindige mag het Hy met al Sy eindelose groot gedagtes alle oneindighede ewig gevul. Hy hou niks vir Homself nie, maar alles wat Hy het, gee Hy weg.

24. Dus op Homself is die Vader arm, en die armoede is nou Sy Liefde; maar Sy rykdom is nou die vrye liefde en Sy enige ewige lewe, waarin alleen alle mag en krag is.

25. Hierdie armoede is egter die grootste saligheid van die Vader, deurdat Hy nou alles weer na Hom toe sien terugkom en Hy alles weer, eindeloos vervolmaak, in Sy liefde kan omvou.

26. Sien, - son, maan en alle sterre, kortom alles wat jy sien en kan vas vat, kom derhalwe ooreen met My Godheid of mag! My ‘moet’ bind dit.

27. Maar dit kan nie bly soos dit is nie; want alles is daar vanweë die Vader, sodat Hy Hom ewig, ewig kan verryk, omdat Hy vanuit Homself `n tydlank arm wil wees.

28. Word julle dan ook vanuit julleself My getroue ewebeeld. Wees My waaragtige kinders! Gee, soos Ek, alles weg, maak julle liefde vry en julle lewe vanuit My, dan sal julle met My vir ewig, ewig ryk word! Word arm, sodat julle ryk kan word! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205