Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 49

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die innerlike, ware bedoeling van die bodes word deur Abedam onthul

49 En die ander elf gaan terstond na Adam en daarna na die vreemdeling en doen - hoewel nog ietwat bevrees, - wat Garbiël voor dit gedoen het en vind by die vreemdeling `n wonderbaarlike bevestiging van wat Garbiël hulle vertel het.

2. Omdat hulle hulleself so hewig in stilte verwonder in hulle harte, roep Abedam vir Garbiël na Hom toe en vra vir hom:

3. "Garbiël, kan jy nog die vraag onthou wat Ek aan jou gestel het, toe julle op die hoogte aangekom het?"

4. En Garbiël, ietwat oorbluf, antwoord na enige nadenke daarop: "Ja juis, juis, jy het ons op die hoogte `n ietwat merkwaardige vraag gestel, waarop ons jou dan ook `n heel merkwaardige dom antwoord gegee het.

5. Ja, ja, juis; ek kan my nou nie so vlug herinner hoe die vraag gestel was nie. Daar kom iets in voor oor die bedoeling en die sin; maar ek weet nou nie meer presies of die bedoeling in die sin of die sin in die bedoeling lê nie.

6. Die tweede deel van die vraag weet ek wel baie presies, naamlik: 'Waarom het julle hierheen gekom?'; maar die eerste deel onthou ek nie meer heeltemal nie.

7. Sin en bedoeling hang seker saam; maar hoe? Dit is nou vir my, armsalige, `n heeltemal ander vraag!

8. Dit is tog waaragtig baie vreemd. Daaroor het ons straks nog onder mekaar gespreek, - en nou kry ek dit nie meer daar uit nie, ook al sal iemand my geweldig in my nek byt! 

9. Nee, so dom was ek tog nog nie in my hele lewe! Dat ek dit nou nie meer bymekaar kan bring nie!

10. Liewe, my nog onbekende vriend! Sien, andersins is ek nie so dom nie; maar die groot angs van netnou het byna met my eie naam aan die dwaal gegaan! Daarom is dit wel te vergewe as ek noodgedwonge die eerste deel van jou vraag aan julle skuldig moet bly!

11. Jy sal die vraag nog sekerlik ken! Wil jy dit nie nog een keer aan ons meedeel nie?

12. Miskien vind ons nou `n beskeie antwoord daarop as wat ons grenslose, opgeblase dwaasheid dit daar op die hoogte gevind het.

13. Indien dit jou wil mag wees; maar wees in ieder geval nie versteur of vererg daaroor nie!"

14. En Abedam willig dadelik Garbiël se wens in en sodoende gee Hy die hele vraag opnuut vir hom.

15. Nou spring Garbiël ook op van vreugde, omdat hy nou weer die vraag ken, en hy begin dadelik te praat: "Ja, ja, so was dit: 'Wat is die sin van julle bedoeling; en waarom het julle hierheen gekom?'

16. Nou, liewe vriend, omdat jy my daarna vra, - deur jou vriendelike hulp is die vraag weer daar; maar wat moet nou daarmee gebeur?"

17. En Abedam antwoord daarop: "Wel, noudat jy die vraag weer ken, kan jy My ook die antwoord daarop gee! Sien, dit is al waarom Ek van jou wou weet of jy die vraag nog onthou het!

18. En Garbiël begin na te dink en sê daarop: "Ja, wat die tweede deel van die vraag betref, daarvoor is ons na die hoogte gestuur om vir die hele volk raad in te win of ons die nag hier, soos dit andersins die gewoonte was, sal deurbring al dan nie, omdat dit vandag vir almal ongewoon is en geen offer meer gebrand word nie.

19. Sien, dit is die hele rede van ons koms hierheen, oftewel is dit al waarom ons na die hoogte gekom het en dit sal stellig ook die sin van ons bedoeling wees!

20. Wat se ander betekenis 'die sin in die bedoeling' nog sou kon hê, sien, liewe vriend, dit kan ek onmoontlik nie vir jou uitlê nie, daarom kan jy so goed wees om ons almal welwillend mee te deel welke sin daar in jou bedoeling skuil!"

21. En Abedam antwoord hom daarop: "Luister dan: Waarom julle na die hoogte toe gekom het, en die vraag het jy korrek beantwoord; maar daarin lê nie die sin van julle bedoeling nie, - maar dit lê daarin, dat julle harte met heimlike ergernis vervul was en julle onder die voorwendsel van die tweede vraag dit wou ondersoek; naamlik waarom vandag, sonder julle medewete en wil, die plegtigheid van die Sabbat so verander was. - Kyk, is dit nie so nie?!

22. Omdat Ek deur julle gesien het en julle direk daarop aangespreek het, het julle My die sin van julle bedoeling aanstons laat merk, deur My baie onvriendelik te antwoord. - Is dit nie so nie?

23. Weliswaar wou julle maar net hardop gevra het of julle moes bly of na die huis moes gaan; maar wat die sin van julle bedoeling betref, wou julle maar net heel in die geheim bespiedend inligting inwin om daarmee julle geheime ergernis genoegdoening te gee en dit dan by `n gunstige geleentheid voor die vaders te werp. En dit wel reeds op die eersvolgende vasgestelde geskilledag (op Dinsdag), waarop die vaders altyd `n gewillige oor skenk aan julle klagtes! - Is dit nie so nie?"

24. En Garbiël, net soos die ander, volledig van stryk gebring en onthuts, was verstom en kon geen woord uitkry nie.

25. Maar Abedam sê daarop vir hulle almal: "Volg nou vir My en Adam na die hoogte; daar sal julle julle eers versterk met spys en drank, omdat julle vandag nog niks geëet het nie en dan sal ons oor My sin in My bedoeling, gemoedelik enkele goeie woorde wissel! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205