Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 140

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die liefde as die ware aanbidding van die Heer. Die beproewing van Pura se liefde en haar goue woorde oor die ware Vader.

140. Eers nou begin almal se oë waarlik te open, en hulle begryp hoe God oneindig en tog ook `n sigbare Vader vir hulle kan wees!

2. Jared wil nou uit pure dankbaarheid vanuit sy diepste lewenskern voor Abedam neerval en Hom aanbid met alle mag van sy gees; maar Abedam sê aan hom:

3. "Jared, Ek sê vir jou, wat jy nou wil doen is glad nie tussen ons twee nodig nie! Want jy weet immers dat by My die mond en gebare gebed nie tel nie, maar slegs die gebed van die liefde in jou hart; laat los dit daarom, want dit geval My absoluut nie!

4. Want wie My in sy hart bo alles liefhet, en ook sy broer en susters vanuit hierdie liefde meer bemin as homself, die is dit immers ook, wat My altyd, voortdurend en sonder ophou, waaragtig in die gees en in alle waarheid aanbid. Sien, dit is by jou immers al lank die geval; hoe wil jy My dan nou ook nog met jou mond en met gebare aanbid?!

5. Sou dit nie dieselfde wees, as wanneer jy iemand duisend mandjies met die mooiste en edelste vrugte sou gee en jy volgens seremoniële gebruik ook nog `n verdorde boomblaar daarby sou voeg, sodat, volgens jou mening, die gawe daarmee volkome sou wees nie?!

6. Vertel My egter waarom die verdorde blaar nog nodig is?! Waarlik, die ontvanger word nie ryker daardeur nie en hy sal hierdie toevoeging slegs as armoedig beskou en sal dit sekerlik nie by die nuttiging van die vrugte saam opeet nie, maar as totaal oorbodig weggooi; want wat vir homself geen waarde het nie, het natuurlik ook geen waarde vir die werklike gawe nie?!

7. Jy kan daarom ook volkome seker wees, dat Ek egter nie verwag dat jy saam die voortdurende gebed in jou gees en in alle waarheid ook nog `n verdorde blaar vir My moet toevoeg nie. Maar Ek sê vir jou, net soos aan die ander: Bly altyd by die gebed, en Ek sal My ore en My hart steeds hiervoor oophou! -

8. Maar verneem nou, My liewe Jared, iets totaal anders!

9. Sien, die meisie hier is, soos wat jy al verneem het, volgens aardse maatstawwe, sonder vader of moeder en het nou op die hele aarde, behalwe My en Adam, geen nadere bloedverwante, geen broers, susters, vaders en moeders nie; maar nou het Ek haar volledig as dogter aangeneem en wil haar dus ook in My huis opneem!

10. Maar, sien, nou is jou huis ook Myne; daarom sal ons haar ook in die huis opneem en haar hart so tooi, dat dit `n volkome ewebeeld sal wees van die hoogste en suiwerste van alle hemele, waar Ek met My volmaaktste en suiwerste engele woon!

11. En daarom gee Ek haar aan jou; neem jy haar ook aan soos `n dogter van jou hart, en soos wat Ek jou waaragtig en getrou beloof het, sal Ek ook intrek neem in jou woning en derhalwe ook te alle tye in My huis. Amen."

12. Na hierdie woorde neem Hy die hand van Pura en sê aan haar: "My dogtertjie! Sien hierdie man aan, - sien, hy is geheel en al `n man na My hart! Sy totale wese is My liefde in hom. Hierdie man is jou ware vader op aarde, soos wat Ek jou liewe en enigste ware Vader is; volg hom daarom, en hy sal jou hele lewe op aarde vir jou sorg, soos wat Ek sorg vir jou Ewige lewe! Amen."

13. Met hierdie woorde seën Hy die meisie en gee haar oor aan Jared wat van vreugde ween.

14. Jared ontvang die kind met groot teerheid, dankbaarheid en liefde en sê aan haar: "Kom, kom, jou suiwer dogtertjie van die allerliefdevolste en bo alles heilige Vader; by My sal jy immers alles terugvind wat jy ooit vol droefheid op aarde verloor het!

15. Sien, soos jy self gehoor het, is my huis eintlik slegs `n huis van die heilige Vader, wat nou sigbaar hier voor ons staan!

16. Maar waar Sy huis is, daar is Hy ook `n altyd liefdevolle Huisvader en alles wat Hy geskape het, is op wonderbaarlike wyse met Hom; wees daarom bly en dankbaar met `n opgewekte gemoed en kom na my toe! Waarlik, jy kan dit glo; jy sal versorg word soos geen mens nog ooit op hierdie aarde nie!"

17. Maar nadat Pura dit gehoor het, wend sy haarself vinnig tot Abedam en vra aan Hom: "O heilige, liefdevolle Vader! Het ek, arme, miskien gesondig in U oë, dat ek U nou moet verlaat?

18. Nee, nee, Jared kan dan `n man wees na U hart en is waarlik ook `n goeie vader, soos ek presies uit sy mond verneem het, want sulke woorde sou niemand immers kan uiter voor U aangesig, as dit nie waaragtig en getrou was nie!, - maar hy is tog nie U nie, en sal dit ook ewig nie wees nie! Daarom wyk Ek ook nie van U nie; want my hart sê vir my, dat alleen U die enigste ware Vader is, en behalwe U bestaan daar geen ware vader meer nie, en wie homself U mees heilige Naam toe-eien en homself ook 'vader' noem, moet wel `n sondaar wees!

19. Nee, nee, niks skei My meer, ewig nie meer van U nie, my liewe, heilige Vader!"

20. Hierop word Jared verleë en hy weet nie meer wat hy nou moes sê en doen nie.

21. Abedam sê egter aan hom: "My Jared, sien, so moet dit met alle ware liefde gesteld wees! Nou moet sy eers, My waaragtige dogtertjie, tussen My en jou bly en môre ook in My en jou huis trek!

22. Want Ek doen dit nou om haar en julle almal te beproef! Wees daarom, My liewe Jared, maar volkome rustig; want daar gaan niks buite My voorbestemde orde nie.

23. Die woorde van Pura oor die ware Vader moet vir iedereen `n goeie les wees, sodat elkeen volledig weet, wie alleen hierdie Naam volledig werd is; en so bly jy dan ook hier tot môreoggend by My en dan ook vir ewig! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205