Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 245

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Henog se woorde oor die wese van die voeding. `n Vermaning tot matigheid

245 Toe die hiervoor genoemdes nou almal in Lameg se huis aangekom het, vra Lameg aan Henog of dit nie tyd was om `n maaltyd te gebruik nie.

2. En Henog antwoord Lameg: "Volgens jou ou gewoonte lê hierdie wens in jou natuur; laat dit daarom ook volgens jou wens gebeur! Maar wees daarby, wat ons betref, nie besorg nie, want ons het nog geen behoefte aan `n maaltyd nie, omdat ons nog oorversadig is van die groot liefde en barmhartigheid van die Heer, wat ons op hierdie dag so oorvloedig en ryklik ten deel geval het!

3. Want sien, nie alleen van die aardse brood leef die mens nie, maar veeleer van die woord van God!

4. Maar as jy die natuurlike brood eet en jy word daardeur versadig en gevoed, vra jou dan af en sê: 'Waarom en hoe het daardie natuurlike brood of in die algemeen die natuurlike spys my dan versadig en gevoed?'

5. En jy sal in jouself die altyd ten volle geldige antwoord kry: 'Omdat ook al die natuurlike voedsel vir die liggaam van God se ewige, almagtige woord kom!'

6. Nou sien, wanneer God se vasgeworde en stewig gebonde woord jou al versadig en voed, hoeveel te meer sal die vrye, ongebonde, heeltemal lewende woord, wat vars uit God se mond kom, daartoe in staat wees!

7. Ons het immers self uit God se woord ontstaan, daarom kan daar vir ons ook in ewigheid niks wees wat voedsamer en verstandiger is as juis daardie lewende woord van God nie!

8. Dus leef die mens nie alleen van brood en alle ander wêreldse kos nie, maar hy leef veeleer van elke woord wat uit God se mond kom!

9. Daarmee wil egter gladnie sê dat die mens nie die natuurlike voedsel moet geniet nie, omdat dit tog deur God vir daardie doel geskape is en Hy sigbaar voor ons almal daarvan met ons geëet het; maar dit moet nie ons vernaamste behoefte word nie!

10. Sien, Lameg, ook dit hoort in die orde van die goddelike dinge!

11. Maar ek sê vir jou: Wees altyd matig in die geniet van natuurlik voedsel, want daarin lê `n groot versoeking.

12. Jy kan my heeltemal glo: Wanneer ons die natuurlike brood eet en die vrugte van die aarde, dan moet ons baie behoedsaam wees daarby dat ons onsterflike gees nie in verdrukking raak deur die growwe sinlike las van daardie voedsel nie!

13. Want jy kan by gulsige kinders al duidelik sien, hoe hulle juis deur hulle te groot begeerte na voedsel, dom word en dan nie tot geestelike arbeid in staat is nie, terwyl van tevore sobere kinders daarenteen steeds baie gou fyn denkers word.

14. En soos dit by kinders baie duidelik die geval is, is dit des te meer so by die volwasse mens, by wie begeertes ontwikkel het wat vir die kind nog vreemd is.

15. Ek sê vir jou, liewe broer Lameg, met natuurlike kos neem jy die natuurlike op, en dit word nie in jou vergeestelik nie, maar dit verstoflik slegs jou gees; maar in die woord neem jy die geestelike op en dit versadig, voed en versterk die gees tot die ewige lewe.

16. Deur natuurlike voedsel word die liggaam gevoed en die gees verdruk en tot vas gedwing; maar deur geestelike voedsel behaal beide voordeel: die gees word kragtig en magtig en sy sintuie word oneindig skerp, en die liggaam word dan deur die gees buigsaam, genoegsaam, duursaam en word kragtig gehou as `n goed geweefde kleed uit fyn, maar wel des te stewiger en sterker vesels.

17. In natuurlike kos rus verdorwe geeste, en as die mens teveel daarvan in hom opgeneem het, dan word hulle meester van sy eie gees en ondermyn sy wese soos wat knaende kewers en wurms `n boom ondergrawe, hom ruïneer en ten slotte heeltemal ten gronde rig.

18. Maar geestelike voedsel is vir die gees soos verkwikkende reën uit die hemel, waaronder hy baie gou tot `n heerlike kragtige geurende blom van die ewige lewe sal opbloei.

19. Dit, broer Lameg, moet jy dus ook altyd in ag neem en jouself en jou volk so opvoed!

20. Nou dat jy jou verheug en dit welwillend verneem het, kan jy vir ons almal nou ook `n goeie maal laat bedien, - maar doelgerig en met mate! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205