Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 273

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Henog en die sewe bodes op weg na die hoogte. Die avontuur met die draak. Die leuenagtige woorde van die draak oor God en Sy skepping

273 Henog, Sethlahem, Joram en die vier ander broers, wat Hil, Baël, Julel en Darel heet, word deur die krag van die Heer slegs tot seweduisend tree buite die stad weggevoer na die plek waar die pad na die hoogte begin.

2. Daar word hulle almal weer aan hulle eie krag oorgelaat en hulle loop daarvandaan tree vir tree die berg op.

3. Maar onderweg, toe hulle ongeveer die helfte van die weg afgelê het en juis langs `n groot grot loop, sien, daar kruip `n magtige draak uit die grot en versper die reisigers die weg.

4. Sy gedaante was verskriklik om te sien, en sy krag het gedreig om berge te verslind; sy oë was soos kokende erts, sy bek soos `n gapende ravyn waaruit `n digte walm deur trek met flouerige vlamme wat tevoorskyn gekom het; sy kop het gelyk soos die van `n wolf, maar was op sigself groter as `n reusagtige groot os; sy nek het gelyk soos die van `n leviatan, wat die grootste en magtigste monster van die see is; sy lyf was bedek met magtige skubbe en voorsien van vlerkagtige dubbele vinne met skerp punte, met `n omvang van seshonderd-ses-en-sestig el; sy voete het gelyk soos magtige ontwortelde eike, en sy stert, ook seshonderd-ses-en-sestig el lank, vanaf die lyf gemeet en met skubbe bedek, was in sewe kringe gedraai.

5. En so lyk die draak dan skrikwekkend en gedra hom asof hy ons reisigers in die verderf wou stort en hulle ten minste tot `n stryd wou uitdaag.

6. Aangesien Henog die slegte aard van die monster baie goed gesien het, spreek hy die draak as volg aan: "Luister, jou uitbraaksel van die skepping, jou eiemagtige vormgewer van hierdie afskuwelike droggestalte, ek weet wat jy is en ken jou bedoeling! Vir my sal jy in ewigheid nie op `n dwaalspoor bring nie, soos jy tot nou toe nog nooit in staat was om my te mislei nie! Want my liefde tot God is magtiger as al jou krag, en daarvan gaan `n groot, heilige lig uit, waarin jy naak voor my staan in geheel jou bodemlose boosheid; maar die valse arglis is tewens `n groot swakte, wat my liefde met één asemtog kan laat verwaai.

7. Laat dit nou openlik aan jou gesê word, sodat jy kan weet wie jy vóór jou het! Ek, Henog, God se enige hoëpriester op aarde, sê en gebied jou nou in die Naam van my en jou Heer en God, dat jy van hierdie plek verdwyn en jou ylings wegskeer na die see van jou bodemlose boosheid om hierdie omgewing nooit meer te betree nie, maar te bly in jou bodem en jou daar te voed met die slyk van jou arglis! 

8. Wyk dus en vlug en laat dit nie daarop gebeur dat ek jou met my vinger aanraak nie, want jy weet al van baie lank gelede, welke lot jou kan oorkom deur `n soortgelyke aanraking! - Dus wyk en vlug in die Naam van die Heer! Amen."

9. Hierop wend die draak hom tot Henog en spreek met `n stem soos van `n hoer: "Ja, Henog, ek ken jou, en niemand van julle is vir my onbekend nie, omdat ek vanaf die begin `n vaste ondergrond was vir julle almal!

10. Want nog voor daar `n son opgelig het aan die uitspansel, en nog voor daar aan die vorming van die dinge en allerlei soorte wesens gedink was, het ek bestaan as enige, wat as eerste uit God voortgekom het. In my het die Godheid Hom gedeel en ek was die lig in God; en God het gesien dat die lig magtiger was as Hy en het daarna in `n groot vrees geraak vir die mag van die lig.

11. Tog laat Hy die lig steeds helderder deur die ewighede skyn, omdat Hy gedink het dat die lig daardeur verteer sou word en sodoende, ten opsigte van Hom, sou verswak, sodat Hy daardeur in Sy wese weer volledig sou sterk word. 

12. Maar ek, as die vrye lig in God, het immers duidelik gesien welke plan die ewige Oergod opgeneem het en het ook ingesien, dat ek, ondanks al my ewig ver uitgebreide mag, Sy oeroorspronklike mag nooit sou kon teenstaan nie; daarom het ek op sagmoedige toon met Hom gespreek:

13. 'Luister, my ewige, onoorwinlike Oergrond! Omdat Jy my mag vrees, asof dit groter sou wees as die van joune, wat my tog laat ontstaan het, neem dan al jou lig van my af weg, en gee my maar net `n bestaan wat teenoor Jou sal staan en Jou sal beskou en met Jou sal spreek!'

14. Maar in plaas daarvan om na my te luister, word God maar net kwaad, skep vanuit Homself ander wesens en stel dié as heersers teenoor my en beveel hulle om my in my middelpunt te vang, en voorts op alle punte van die oneindigheid.

15. So was ek sonder rede gevange geneem. Tot op die grond van my wese was alles van my afgeneem, en wat jy hier sien, is alles wat vir my, volkome onskuldige wese, gelaat is, - dus niks anders as hierdie ellendige gedaante, die bewussyn van dit wat ek was, en slegs die enigste moontlikheid om die bose te doen, sodat daar nooit meer `n rede tot erbarming, ten opsigte van my, sou ontstaan nie, nóg die volledige kennis van die goddelike wil, en daarby egter steeds die drang om aanhoudend die verkeerde te wil doen!

16. Sonder enige rede is ek `n ewige vervloekte wese, maar net omdat God se grimmigheid dit so gewil het; ek moet `n duiwel wees vanuit God se toorn; ek moet ewig ly en deur alle wesens vervloek word, omdat die drang van die goddelike grimmigheid en toorn dit so wou hê.

17. O Henog, ek is `n baie armsalige wese! Ek moet dit vir ewig in alle bitterheid ondergaan, en tog is dit vir my ewig onmoontlik om my lewe te verbeter! Alle moontlikhede om om te draai is ewig vir my afgesny, en ek kan hierdie gedaante nie verander nie! Ek moet lieg en bedrieg om `n des te groter wraak van God oor my te laat kom! Begerig moet ek na die goeie en die ware kyk, maar deur my ingeskape boosheid maar net die bose doen, om daardeur meer verdoemend en des te strafbaarder te word!

18. O Henog, dit is `n erge toestand vir my! Sal niemand dan in ewigheid meer erbarming met my hê nie?

19. O Henog, stuur my daarom nie weg van hier af nie, maak my nie nog onsaliger as wat ek tog al is nie! Maar as jy my vir ewig kan vernietig en uitwis, doen dit dan en die bewussyn van die daad sal my ewige dank aan jou wees!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205