Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 45

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die grootste beloning vir die mens: Om die Heer te mag liefhê

45 Hierna wend Abedam Hom tot Pariholi en sê vir hom: "Pariholi, sien, elke troue en vlytige arbeider is sy loon ook volledig werd!

2. Ek het intussen vir jou al jou familie opgewek, waarvan jy jou so-ewe self sal oortuig, omdat jou vrou en jou sewe kinders jou met oop, reeds onsterflike arms opgeneem het toe jy saam met hierdie seun van My (naamlik Adam) teruggekeer het, - maar hierdie weldaad as loon is wel groot vir die gevoel van liefde van `n vader, maar as die vader dan ten aansien van homself `n ietwat diepergaande vraag sou stel, wat so lui: 'Wat het ek nou eintlik self daaraan as my familie onsterflik geword het en my met onsterflike arms omhels, terwyl ekself geen ander aandeel het as om maar net die groot vreugde te hê, om as vader, my familie onsterflik te ken, maar vervolgens my eie sterflikheid maar al te helder en duidelik in my organe en ledemate voel?'

3. Sien, dit is tog baie redelik om hierdie vraag aan die eie gevoel te stel; en op grond van hierdie vraag, wat weliswaar nie jy, maar Ek alleen in jou gestel het, sal aan jou ook geskied wat jou familie oorgekom het en dit het jou reeds te beurt geval toe hulle jou in hulle arms neem en jy is al onsterflik gemaak deurdat Ek jou beroep het om My Woord daarheen in jou te dra waarheen My Liefde jou dit gebied het; maar nietemin het jy as getroue oorbringer van My wil aan Adam nog `n beloning verdien.

4. Sien, Ek laat dit geheel aan jou volkome vrye wil oor. Ondervra jou hart; wat sy ook maar wens, dit sal jou onmiddellik ten deel val!

5. As jy die son aan jou voete wil hê, Ek sê jou: Waarlik, hy sal hom uiters vinnig volgens My wil moet voeg!

6. Of wil jy die maan hê? Sy sal haar na die minste van My wenke voeg!

7. Of wil jy alle sterre hê? Ek verseker jou, hulle sal soos sneeuvlokkies aan jou voete val!

8. Of wil jy die binneste organe van die aarde hê? Jy kan My glo: Hulle sal hulle onmiddellik soos magtige groot kluwe slange rondom jou voete kronkel!

9. Dus, wat jy ook maar wens, dit sal, soos Ek reeds vroeër gesê het, ook onmiddellik geskied! Amen."

10. Pariholi val dadelik voor die voete van Abedam neer en smeek wenend: "O liefdevolle, mees heilige Vader, God, JaHWeH! Noudat U my, wurm in die stof voor U, reeds allerbarmhartig die onsterflikheid gegee het, wat sal die groot dwaasheid van my hart U dan nog vra?!

11. O heilige, allerbeste Vader, ek sal U vir die kleinste deel van U heilige barmhartigheidskenking aan my, onwaardige, in ewigheid nooit genoeg kan bedank nie; want in elke asemtog lê immers al so `n eindelose weldaad wat U aan ons mense gee, dat dit deur geen enkele engel ooit genoeg geprys kan word nie, - om oor ander dinge nog maar te swyg!

12. En ek, afskuwelike wurm in die vuil stof voor U, sou my aanmatig om daarenteen nog in alle erns vir dinge te vra, as synde die loon wat `n niksnut toekom, wat U mees heilige tong vir my uitgespreek het, of miskien nog om ander ongehoorde dinge?!

13. Nee, nee, Vader, Heilige Vader! Laat ek eerder, wangedrog ten aansien van U, my deur alle slange en adders van die aarde aan stukke skeur as dat my hart ook maar die flouste gedagte sou koester om nog meer van U te vra as wat U my tog al deur U eindelose vaderlike goedheid in so `n ewige onmeetlike omvang laat toekom het, terwyl ek van al die onuitspreeklike ook nie die allerkleinste in die allergeringste mate waardig is nie!

14. O Heilige Vader, ek hoop dat U my swakkerige dank vir U eindelose weldade allerbarmhartig nie as nietig tersyde sal skuif nie en dat U my ook sal toestaan om U bo alles lief te hê! Sien, Heilige Vader, - dit is al waarna my hart verlang! Laat U Heilige Wil geskied!"

15. Met hierdie woorde van Pariholi hou Abedam Sy hand voor Sy oë en verberg Sy trane vir die ander vaders; maar spoedig neem Hy sy hand van Sy oë af weg, en baie bewoë buig Hy Hom vooroor na die nog wenende Pariholi, hef hom vinnig op en sê die volgende woorde vir hom:

16. "Pariholi, dit lyk weliswaar asof jy vir die geringste gevra het; maar waarlik, Ek sê vir jou, dit is die allerhoogste!

17. En daarom sal jy in die hoogste mate My Liefde hê en jou hele, klein familie met jou, nie slegs tydelik nie, maar vir ewig!

18. Jou dogters sal mooi wees soos môresterre en jou seuns wil Ek versier met `n krag in hulle oë waardeur hulle die skrif van die sterre sal sien en sal lees wat dit beteken!

19. Jou vrou sal deel hê aan My hart net soos jy die volste aandeel het aan My Liefde; en Ek sal julle in ewigheid nie meer verlaat nie!

20. Kom daarom nou almal hier aan My vaderbors! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205