Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 158

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Abba se waarskuwing teen die boosheid en sluheid van die Satan. Satan se onmag. Behoed julleself teen hom!

158. Nadat die groot vyand van die lewe verdwyn het, sê Abba vir die kinders wat Hom omarm:

2. "Kinders, het julle gehoor wat die aartsleuenaar vir My in My gesig durf sê?!

3. Neem julle daarom goed in ag vir hom, sodat hy julle nie ompraat en tot `n val bring nie; want groot is sy boosaardigheid!

4. En so groot as wat sy boosheid is, so groot is ook sy sluheid en lis; wees daarom driemaal ernstig op julle hoede vir hom!

5. Hy is `n verworpe gees wat hom nooit wil bekeer nie. Hy wil My nie erken as die enige God van alle gewydheid, mag en krag nie. Maar dit gaan vir hom om die alleenheerskappy na te streef, en daardeur is hy steeds daarop uit om My te verswak en ten slotte heeltemal te vernietig, om so alle gesag oor die hemel en alle wêrelde na hom toe te trek.

6. As hy sou slaag, dan sou hy alles wat nou bestaan verniel uit bomatige haat jeens My.

7. En sou dit geslaag het, dan sou hy daarna ook, volgens eie goeddunke, `n nuwe skepping tot stand wil bring.

8. En in die nuwe skepping sou niks mag voorkom wat vir ewig sal kan bestaan nie, maar alles sou slegs, afhangend van Sy eie vrye willekeur, `n bestaan mag hê en slegs solank bestaan, soos wat dit aan hom `n sinlike genoegdoening sou verskaf.

9. En as hy hom heeltemal daaraan sou versadig het, sou daar onmiddellik weer `n hele skepping in die niks versink en sou daar weer `n ander, maar net vir sy eie genoegdoening, ontstaan!

10. Wesens wat volledig soos hy sou lyk, sou hy nooit kon skep, soos byvoorbeeld die man nie, maar wel die vrou, vir Sy eie sinlike behoeftes; en sy sou besonder gevoelig moet wees, sodat sy baie ontvanklik sou wees vir allerlei verlustigende martelinge!

11. Kort en goed, sy idees is so afskuwelik, dat selfs `n hoogste engel nie in staat is om dit ten volle te begryp nie; pasop vir hom!

12. Weliswaar vra julle julleself nou in julle hart af: 'Waarom word `n dergelike wese, wat so vervul is van die dodelikste boosheid, dan nie vernietig nie?!'

13. Maar Ek vra aan elkeen van julle: 'Wie van julle sou dan wel in die diepte afdaal en vir Lameg dood, wat geen haar beter is as hierdie vyand van die lewe nie?'

14. En as Ek julle nog eens teenoor die vyand van die lewe sou stel en julle so sou voorberei, dat julle hom in erns sou kan dood, - sou julle dit wel doen, al staan hy hoe grimmig voor julle?

15. Waarlik, julle sou almal geweldig aarsel!

16. Sien, as julle al sou aarsel en julle moonlikerwys terugtrek, terwyl julle liefde tog nog uiters klein is, ten opsigte van die van My, hoeveel minder sal Ek dit dan doen, omdat Ek die oneindige Ewige liefde Self is en Ek bowendien ewe goed Sy Skepper is as die van julle. Ook is Ek sy God, net soos Ek julle God is en Sy Heer, net soos die van julle, en is nog steeds vaderlike regter, soos wat Ek julle goeie Vader Self is!

17. Vir sover dit maar moontlik was, word hom die mag van sy wil wel ontneem. Daarom hoef julle ook nie meer in die minste vir hom te vrees nie, maar julle moet julle slegs in ag neem vir sy sluheid; sy sluheid het egter geen mag nie, en is op sigself so magteloos, dat julle dit altyd makliker as `n vlieg met julle asem kan verjaag, as julle dit maar wil!

18. Daarom kan hy ook maar bestaan en vir ewig vergeefse pogings onderneem om ons te vernietig; hy sal net so min slaag, as wat `n muggie sal slaag om `n oorwinning oor `n mammoet (oer-olifant) te behaal!

19. Maar in julle harte vra julle alweer: 'Waaruit bestaan die lis van die vyand van die lewe dan, sodat ons dit kan herken en ons daarvoor in ag kan neem?

20. Want wie kan vir iets op sy hoede wees as hy dit nie ken nie?'

21. Kinders, julle het gelyk, dat julle dit vir julleself in julle hart afvra; maar in die grond van die saak is hierdie vraag oorbodig! Want die vyand van die lewe kan en mag immers niemand benader nie; dus kan hy ook met sy arglistigheid niemand in die val lok nie!

22. Maar wanneer `n mens hom deur sy eie hart om die bos laat lei en Hy word hoogmoedig, heerssugtig, wellustig en vol liefde vir die wêreld en vir homself, dan nader hierdie mens immers die vyand van die lewe vrywillig self, word self `n vyand van die lewe en dikwels nog slegter as die eintlike vyand in eie persoon, vir wie se sluheid julle op julle hoede moet wees.

23. As die eintlike vyand van die lewe dan merk, dat iemand wat soseer soos hy lyk, hom in sy omgewing bevind, dan spaar hy natuurlik geen enkele moeite meer om hom aan hom te bind nie, omdat hy oorwegend aan hom gelyk is en hom vrywillig opgesoek het!

24. Sien, dan begin die sluheid van die vyand eers te werk om so `n vriend vir ewig vir hom te wen!

25. Wie dus die sluheid van die vyand wil misloop, moet `n getroue en bedagsame herder van sy eie hart wees, en sy hart sorgvuldig tot My wend! Wanneer julle dit altyd in ag sal neem, sal dit vir julle makliker wees om die son van die uitspansel na benede te trek, as wat dit vir die vyand van die lewe sal wees om julle met sy sluheid te benader! Waarlik, dit kan julle van My aanneem.

26. Daarom moet julle ook nie bang wees nie, - want sonder My toelating kan daar niks gebeur nie; maar as ek iets toelaat, het Ek altyd My beste redes daarvoor!

27. Neem julle egter veral in ag vir julleself; want waarlik, daar is nêrens buite My iets wat vryer is as julle eie harte nie!

28. Sorg dus vir julle hart, ooreenkomstig My wil, dan sal julle ewig veilig wees teen die sluheid van die vyand!

29. Begryp dit goed; want die beskerming teen sy sluheid is, dat julle julle hart tot My wend, en nie uit eie wil tot hom nie! - Het julle dit begryp?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205