|
Die Huishouding van God - Boek 2 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 103
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281. |
|
|
Die spysiging van die armes. Set en sy dubbelganger. Die Heer spreek Sy seën uit oor die maaltyd. Die dank van Horadal
103 Na hierdie woorde wend Abedam Hom tot Set en sê aan hom: “Broer, laat jou kinders spys en drank haal vir hierdie drievoudige armes, wie ook drievoudig honger en dors ly, sodat hulle in die korrekte mate versterk kan word om verder te trek na hulle bestemde land!
2. Want sien, op die handlangers van die bevelhebber met hulle vrouens en kinders na, het al die ander, enkele duisende in getal, sedert drie dae niks anders geëet as `n bietjie suur gras en enkele bitter, wilde wortels uit die bos nie!
3. Ek het medelye met dié volk; laat ons hulle versadig.
4. Jy sorg vir die spys en die drank en vul tien mandjies daarvan; en vir die gepaste seën sal Ek dan sorg dra. Laat dit so geskied!”
5. Met `n diep ontroerde hart dank Set vir Abedam vir hierdie opdrag en gaan toe heen om die wil van Abedam te voltrek.
6. Maar hoe verbaas was hy nie, toe hy, nadat hy nouliks enkele treë van die hoogtes afgedaal het, reeds sy kinders sien wat hom met tien volgelaaide mandjies tegemoet snel!
7. Hier bly hy staan en lê sy hande, wenend van opperste vreugde, kruiselings oor sy bors en in hierdie houding wag hy op sy kinders.
8. Toe hulle by hom kom, vra hy hulle vol liefde en vreugde in sy hart:
9. “My liewe kinders! Waarlik, my vreugde ken van louter hemelse volheid geen grense meer nie, noudat julle al hier is met dit alles waarvoor ek deur die heilige Vader hierheen gestuur is.
10. Maar sê my, welke engel uit die hemel het julle die opdrag gegee, nog voordat ek die wil van die Mees heilige aan julle kon meedeel?!”
11. En die draers antwoord: “Luister vader, hoe kan jy ons nou so `n vraag stel, terwyl jy ons tog self die opdrag gegee het om dit te doen?
12. En nadat jy ons versoek het, het jy immers voor ons uitgegaan hierheen, waar jy ons nou sou inwag, presies soos wat jy gesê het!”
13. Na daardie antwoord vou die vrome Set vol groot vreugde sy hande bo sy bors saam en sê met `n diep ontroerde, luide stem:
14. “O heilige Vader Abedam JaHWeH, die Allerhoogste! Watter dinge en verskynsels is daar tog nie met die grootste gemak vir U moontlik nie!
15. U kan die mens selfs op so `n wyse in twee deel dat beide dele volledig is, sonder om iets van mekaar te weet en sodat elke deel tog in een en dieselfde gees kan handel!
16. Kinders, sien, dit is alweer `n nuwe wonderbaarlike daad van die allerhoogste, mees heilige en mees liefdevolle Vader!
17. Loof, bemin en prys Hom daarom uit alle mag; want Sy goedheid ken geen grense nie, en Sy erbarming is eindeloos!
18. Hemel en aarde is vervul van Sy seën en Sy barmhartigheid; Sy heilige Naam sy daarom ten hoogste geprese!
19. O Vader, Vader, hoe oneindig goed is U nie!”
20. Toe Set dit uitroep, was Abedam ook al by hom en sê met `n ontroerende sagte stem:
21. “Geliefde broer Set, sien, die armes verlang al na ons gawes; laat ons daarom vinnig na hulle toe gaan!
22. Wees daarvan verseker, dat jy My nou volkome liefhet; want Ek gee jou immers die getuienis!
23. En so is jy volkome `n man na My hart; laat ons dus nou vir eers ons liefdesdade uitvoer!
24. Eers as dit alles gedoen is, sal ons aan mekaar `n geheel en al ware liefdesverklaring aflê! Amen.”
25. En dadelik begeef hulle hulle met die draers na die kinders uit die diepte.
26. Daar aangekom, laat Abedam die mandjies voor Horadal neersit en seën dit.
27. Na hierdie handeling oorhandig Hy hom die mandjies en sê aan hom, Horadal:
28. “Neem hierdie spys en hierdie drank aan en laat almal hiervan eet en drink. Wat daar oorbly kan julle saamneem, sodat julle vir vandag voorsien is!
29. Maar môre en in die verdere toekoms sal die aarde vir julle sorg vanuit My groot voorraad wat sy bevat, solank julle julle aan My gebod sal hou, wat Ek julle in die nuwe land sal saamgee; eet en drink dus nou!”
30. Toe Horadal hierdie groot vriendelikheid by JaHWeH bespeur, val hy voor die voete van JaHWeH neer en roep:
31. “O God, groot God, hoe anders is U nie as wat ek U moes leer ken deur soveel harde en gruwelike onderrig!
32. Ek het U as `n onverbiddelike tiran van alle tiranne beskou, sodat die gevoel van elke afsonderlike vesel daarteen in opstand gekom het en ek so `n God self vervloek het, in plaas van om Hom te bemin; daarom het ek ook self `n tiran geword!
33. Maar U is so heel anders! In plaas van om my, omdat ek U so dikwels belaster het, saam met my leërskare te vernietig, reik U ons geseënde spys en drank aan!
34. O, U is so totaal anders, noudat ek U moes leer ken!
35. O God, ewige liefde! Wat `n sagte oordeel hou U oor ons algehele verdorwenheid!”
36. Maar Abedam sê daarop aan hom: “Horadal, eet en drink nou; eers na die maaltyd sal ons begin praat! Amen.”
|
|
|
|
|