Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Uranion vra na die Naam van die magtige wonderman. Purista se skrander antwoord op die vrae van die nie-herkende Heer

18 Nadat die buitengewone wonder gebeur het en terwyl die offer nog steeds brand, begewe Uranion, wie se hele liggaam bewe, hom terstond na Henog en vra hom na die naam van hierdie bowe al wonderbaarlike, uitsonderlike man.

2. En Henog sê vir hom: "My beste Uranion, al sou ek jou Sy naam sê, sou dit jou dan êrens van nut wees?

3. Sien, soos Hy Hom hier laat noem, heet ook iemand anders!

4. Daaraan kan jy sien dat die wete van Sy naam jou uiters weinig sal help om hierdie Mens van die mense van naderby te leer ken; vra daarom nie eers na Sy naam nie, maar wend jou regstreeks tot Hom en wees daarvan verseker dat Hy jou in drie tellings meer sal sê en jou oor meer sal onderrig, as wat ek jou in lang ewighede sal kan bybring!

5. Wend jou daarom tot Hom en wel sonder vrees of enige skroom; want hoe eindeloos magtig Hy ookal is, Hy is tog ook eindeloos goed, liefdevol, barmhartig, barmhartig, mild, sag, teer, minsaam en die eindelose onbegryplike deemoed Self.

6. Skroom daarom nie en wend jou gerus tot Hom!"

7. Hierdie woorde bemoedig vir Uranion; hy gaan onmiddellik na die hoë Abedam toe en rig die volgende woorde tot Hom:

8. "Hoë, verhewe, magtige broeder, as ek jou so mag noem, wil jy my nie meedeel wie jy is en vanwaar jy kom nie? Want soos wat ek netnou daar gesien het, is hemel en aarde in so `n hoë mate onderworpe aan jou wil, dat, as ek nie met die grootste moontlike denkbare liefde aan die Heilige Vader van die hemele en alle aarde hang nie, ek baie maklik sou kon glo dat jy óf hierdie Heilige Vader Self is, óf tog minstens een van die grootste en magtigste geeste uit die eindelose reeks van God se mees volkome engele uit alle hemele.

9. As jy wil, kan jy my dan miskien enige lig oor jouself verskaf?"

10. En Abedam neem sy hand en sê vir hom: "Uranion, wees geheel en al vervul van die grootste blydskap, want nou het die ewige lewe jou aan die hand geneem!

11. Gaan na Gabiël en bring hom hierheen saam met sy klein gesin, naamlik met sy vrou Aora en sy enigste dogter Purista; dan sal jy My aan hulle sykant leer ken, tot volle tevredenheid van jou hart! Amen."

12. En Uranion hardloop onmiddellik na Gabiël toe, deel hom die wens van Abedam mee en bring hom dadelik met vrou en dogter voor Abedam.

13. Toe hulle nou by Abedam aankom, vra Gabiël dadelik aan Abedam: "Magtigste van alle mense, wat verlang jy van my?

14. Sien, hier is my geliefde vrou en daar my dogter, wat die mees heilige, liefdevolle, hemelse Vader my geskenk het! Jy is magtig genoeg om my van haar te ontneem, - die dierbaarste wat ek op aarde besit!

15. As jy dit wil doen, wie sal jou kan terughou?!

16. Maar, ek het nog iets baie kosbaarder as my vrou en my dogter; sien, hier in my hart is dit diep verborge!

17. Dit is my liefde en my volste vertroue in die heilige, groot, liefdevolle Vader en almagtige Skepper van die hemel en die gehele aarde.

18. Kan en wil jy dit ook van my wegneem?!"

19. En Purista druk haar aan haar vader vas en sê toe ook vir Abedam: "Goeie, liewe, bo alles magtige man, jy sal ons tog nie van mekaar wil skei nie?!

20. Want die goeie, wyse Henog het ons almal tog gesê dat jy ook baie barmhartig en vol medelye is!

21. Dit is tog waar; - jy sal ons nie skei nie, maar ons saam laat in die salige liefde vir ons hemelse Vader!

22. Jy sal tog immers ook hierdie so heilige en bo alles goeie Vader ken en Hom ook bemin, soos wat ons Hom liefhet!"

23. En Abedam vra vir Purista daarop: "Hoor eers, My teer Purista! Het jy al die hemelse Vader wel gesien?"

24. En Purista antwoord: "Jy moet nie maar net 'hemelse Vader' sê nie, maar jy moet sê: 'die Mees heilige, mees liefdevolle, Hemelse Vader', nie maar net vlotweg 'Vader' nie, anders durf ek jou nie antwoord nie!"

25. En die hoë Abedam sê dit opnuut volgens haar vroom wil en eers toe gee sy (Purista) Hom die verlangde antwoord:

26. "Op die hele aarde is tog geen mens wat so waardig meen te wees, dat hy hom daarop kan beroem, dat hy die meer as heilige, mees liefdevolle, hemelse Vader gesien het nie?!

27. Dit kon die engele miskien wel, maar ons onwaardige mense kon dit immers nooit!"

28. En Abedam vra haar weer: "Maar luister, jou rein, teer, mooie Purista, - Adam is tog ook maar `n mens en hy het as mens tog ook die meer as heilige, mees liefdevolle, hemelse Vader gesien en gespreek, nadat hy geskape was!

29. Wat het jy hierop te sê? Hy is tog ook nie meer as `n sondige, onwaardig mens voor God nie?!"

30. En Purista antwoord hierop: "Wat daar nie alles in jou opkom nie! Is die aartsvader dan ook so `n mens soos ons almal?

31. Weet jy dan nie dat Adam die eerste mens op hierdie aarde is en regstreeks voortgekom het uit die almagtige hand van die meer as heilige, hemelse Vader, wat vervul is van die grootste liefde, barmhartigheid en erbarming? Daarom kan hy Hom seker wel gesien en gespreek het; is dit egter by ons mense ook die geval? - Dink tog net `n bietjie na!"

32. En Abedam sê: "Ja, daarin het jy wel weer gelyk, as dit so is; maar let op wat Ek jou nou gaan sê!

33. Is jy dan nie vol verlange om die meer as heilige, mees liefdevolle, hemelse Vader te sien nie? Wat antwoord jy nou op My vreemde vraag?"

34. Purista weer: "Ja, dit is werklik `n baie merkwaardige vraag! Wie sou Hom nie graag wil sien nie, veral as mens Hom so bo alles, alles, alles bemin, soos ek?!

35. Maar begryp goed, dan moet mens ook nog heel onbegryplik baie, baie, baie vromer wees as ek!

36. Ek is al egter daarmee tevrede dat die meer as goeie, heilige en mees liefdevolle, hemelse Vader Hom deur `n armsalige skepsel, soos ek, laat bemin en Hom aan my en ons almal deur sy wonderbaarlike werke en deur die mond van vrome manne openbaar.

37. Sê eers, mag ons onrein mense dalk meer van Hom verlang?

38. Of is dit wat ons van Hom ontvang al nie soveel, dat ons Hom in alle ewigheid nie genoeg daarvoor kan dank nie?!"

39. En Abedam sê: "Ja, daarin het jy alweer gelyk en jy het My weer eens goed die les gelees; maar sien, Ek het nietemin alweer `n ander vraag:

40. Het jy jou nog nooit voorgestel hoe die meer as heilige, mees liefdevolle, hemelse Vader eintlik daar uitsien nie? Kom, kom, sê dit vir My!"

41. En Purista: "Maar, - wat se vraag is dit nou weer! - Wie sou dit mag of kon? - God is tog immers meer as gewyd en oneindig! - Nee, hoe kan jy nou so-iets dink!

42. Ek het wel eens so heel stilletjies gedink dat Hy byvoorbeeld sou daaruit kon sien soos aartsvader Adam, - slegs dan oneindig baie groter as hy! En daarna het ek, ek weet nie vir hoe lank nie, gevrees en geglo dat so `n sonde my in die geheel nie meer vergewe sou word nie!

43. En ek weet nie hoeveel nagte ek daarna gebid en gehuil het, tot `n vroom ou man my die berig gebring het dat die skuld my weer vergewe is! - Sien, dit het my toe wel wyser gemaak en noudat ek al sewe-en-twintig jaar oud is, laat ek my gladnie meer vang nie!"

44. En Abedam: "Ja, jy het My nou alweer `n skrander antwoord gegee; maar let op, Ek gaan jou tog nog vang! Maar dan sal jy `n groot vreugde beleef!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205