Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Henog se vrees om te spreek is uit valse deemoed gebore. `n Mens kan God slegs as mens liefhê.

24 Nadat al die nuuskieriges dus tevrede gestel was en ook Ghemela haar weer aan die sykant van Lameg bevind asook Purista weer by haar ouers, wat van groot vreugde bewe, roep die hoë Abedam vervolgens vir Henog na Hom toe en sê vir hom:

2. "Luister, My geliefde, vrome Henog! Ek sien vrees in jou hart en `n skaduwee wat jou angs inboesem sweef al sedert `n lang tyd om jou ewige onsterflike hart, soos `n bose vrugtevlieg oor `n gesonde, ryp appel aan die boom kruip en met haar lêboor ondersoek waar sy die skil van die gesonde vrug kan deurboor om `n boosaardige nakomeling van haar, nie so onskuldige geslag, in die vlees van die vrug te skuif, sodat dit die lewe van die vrug sal wegvreet en, indien moontlik, vernietig.

3. Sien, waarvoor het so `n vrug dan nog nut? Waarom angs in jou vrye hart?

4. Jy moet die volk vir My toespreek soos `n ware hoëpriester van My Liefde, mededoë en barmhartigheid.

5. Sien, dit was immers lankal die vroom wens van Adam, nog voor Ek Self in die liggaam na julle toe gekom het.

6. Ek het dit nou, soos tevore, Self bevestig en gister en vandag met jou daaroor gespreek, sodat jy jou heeltemal geen sorge hoef te maak oor wat jy moet sê nie, oor wat jy sou wil sê nie; want Ek sal jou op die oomblik dat jy dit nodig het, getrou ingee wat jy moet sê, woord vir woord. En kyk, tog het jy angs!

7. Sien jy nie in hoe kinderagtig sulke angs is nie? Vir My kan jy tog onmoontlik nog vrees hê nie; want jy weet immers en het dit altyd al deur My geweet, dat Ek die Allerhoogste Liefde Self is.

8. Nou weet jy egter ook dat Ek vanuit die grond van My hart deemoedig is, en uiters sagmoedig, liefdevol, lankmoedig en buitengewoon geduldig!

9. Waarvoor is jy dan bang? Dalk vir jou vaders, jou broeders of jou kinders? Kyk, dit is ydel van jou! Jy dink heimlik by jouself: Hoe kan ek dit daar goed afbring, as ek tog nog die verpligte sabbatsrede vir die volk moet hou en dan bowendien nog bly in die naaste teenwoordigheid van die Heer van die Ewigheid, die almagtige Skepper van die Oneindigheid, - in die alom stralende teenwoordigheid van die Allerhoogste Wysheid van die heilige, liefdevolle en barmhartige Vader, vol van erbarming?!

10. Hoe sal my armsalige woord klink na die heilige, allerwesenlikste, mees lewende woorde, wat nou reeds soos `n eindelose stroom van lig uit die mees heilige mond tot ons armsalige wurmpies in die stof van die stof gestroom het?

11. Sien, is dit nie jou eie droombeelde nie?! Waartoe dien dit egter?! Dalk om te lewe? - Kyk en verstaan: Oor die lewe hoef jy jou tog sekerlik nie meer te bekommer nie! Glo jy dalk dat dit vir My aangenaam is, wanneer jy swyg en Ek spreek in jou plek?

12. Ek sê egter vir jou: `n Soortgelyke deemoed is vir My nie welgevallig nie, as jy deur My aanwesigheid ontmoedig word en jy vrees het voor My ore en angs voor My oë.

13. Ek het egter wel die grootste welgevalle aan die gedrag wat geheel en al lyk soos die van klein kindertjies, wat geen angs en vrees vir hulle ouers het nie, maar altyd vol goeie moed is en daar in die nabyheid van hulle ouers steeds praat en roep asof hulle die baas in die huis is; wanneer hulle egter honger en dors het, dan loop hulle tog met die mees kinderlike liefde en oorgawe na hulle ouers toe en vra hulle vir brood en as hulle die brood uit die hande van hulle ouers ontvang het, dank hulle hulle ouers meer deur bly en opgewek daarvan te eet, as deur `n te oordrewe eerbied en angs vir hulle en dan ook nog `n ellelange, weinig seggende dank met woorde!

14. Of is dit nie vir elke vader liewer en elke moeder onuitspreeklik aangenamer, as hulle kinders in hulle teenwoordigheid vrolik en met opgewekte gemoed van die aangereikte gawe geniet en gesond en fris daaruit sien, soos die blommetjies na `n verkwikkende reënbui, as wanneer die arme kindertjies van louter vrees, angs en matelose hoogagting voor die aangesig van hulle ouers bewe en terwyl hulle hulle die brood liefdevol aanreik, die brood tog nie durf aanneem nie; laat staan daarvan te eet uit louter oordrewe eerbied vir hulle ouers en daar dan uitsien soos verwelkte gras, wat met swak worteltjies in `n skraal spleet in die gesteente groei?!

15. Wel, is dit geen dwaasheid nie?! - Die voorskrif van die liefde en alle wysheid wat daaruit voortvloei lui so: Vir die beperktes moet alles binne die korrekte grense gehou word, want die onbeperkte is vir die beperktes die dood.

16. Jy kan My nie as God, maar slegs as Mens liefhê nie; want welke eindigende mens sou die oneindige God kon verdra, van die eindelose vuur van die goddelike liefde; en welke eindige, geskape gees verdra die eindelose volheid van die goddelike wysheid?

17. Welke kindjie kan sy moeder liefhê, soos die moeder hom bemin? En sou hy dit wel met sy geringe krag kon doen, wat sou daar dan baie gou met so `n kindjie gebeur?

18. En tog sou daar slegs die een beperktheid met die ander te make hê; maar hoe moet dit dan afloop as die beperktheid in iedere opsig die oneindige in hom sou wil opneem?!

19. Sien Henog, daarom is jou vrees ydel en jou angs leeg! Wie My met al die aan hom verleende kragte bemin, die doen genoeg, want hy het die aan hom toebedeelde maat vervul; daartoe is nóg vrees, nóg angs nodig.

20. `n Boom is `n goeie boom, as hy elke jaar sy takke voorsien van soet vrugte; wat `n dwaasheid sou dit egter wees, om van hierdie boom te verlang dat hy die hele aarde ryklik van sy vrugte voorsien!

21. Wees daarom maar opgewek en voldoen aan My wil, dan sal Ek volkome tevrede oor jou wees!

22. Probeer nie om My eindeloos tevrede te stel nie, dit is selfs vir die hoogste geskape gees onmoontlik, maar probeer dit slegs eindig, ooreenkomstig jou kragte, sodat die aan jou verleende maat vol word. Laat My, jou goeie Vader, maar vir die oneindige sorg!

23. Die verpligde toespraak hoort egter by jou mate. Rig jou dus moedig op en open, ten aansien van alle aanwesiges, jou mond in My Naam. Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205