Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 242

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Henog se woorde aan Lameg oor sy take as priester in die tempel. Voorskrifte vir die ondersoek van die besoekers in die voorhof van die tempel

242 Na hierdie meer algemene toespraak wend Henog hom tot Lameg alleen en sê vir hom:

2. "En nou, my geliefde broer Lameg, luister na my woorde wat slegs vir jou is; want so lui die wil van die Heer, uitsluitlik vir jou:

3. Jy moet die tempel nou een-en-negentig dae sluit; maar op die een-en-negentigste dag, vanaf môre gereken, moet jy weer die tempel in die môre open, maar jy moet eers gedurende die aand die tempel binnegaan en enkele ure daar bly.

4. Wanneer jy egter in die tempel voor God staan, dan moet jy nie jou mond gebruik nie, ewemin jou hande, maar jy moet in alle rus op God se Gees wag en dit in alle deemoed en liefde van jou hart.

5. Jy moet egter nie sê met jou hart en nog veel minder met jou mond: 'Groot, almagtige God, heilige Gees van alle ewige krag en mag, kom tot my, en maak U heilige wil bekend aan my uit U heilige mond!',

6. Maar jy moet in jouself voel en gewaarword wat jy as volg vir God spreek: 'O God, enige God van hemel en aarde, hier staan ek, `n hoogs onwaardige sondaar voor U, en ek is nie werd dat U my aansien in hierdie heiligdom wat deur U opgerig is nie!

7. Maar U het my Self beroep om hier in hierdie heilige huis binne te gaan; so geskied dan altyd en ewig U heilige wil met my!

8. O God, - omdat U ons Self geleer het om U as Vader te bemin en U as die enige ware Vader te erken en derhalwe ook te roep, roep ek dan ook tot U:

9. O heilige liefdevolle Vader, wees my, arme sondaar, barmhartig en vol medelye en vergeef my dat ek dit waag om U met my onsuiwere hart lief te hê en om U as `n growwe en groot sondaar as Vader aan te roep!'

10. Kyk nou, my geliefde broer Lameg, dit moet altyd jou taak in die tempel wees!

11. As jy dit aller lewendig in jouself verrig het, begeef jou dan tot volledige rus, en wag op die woord en die wil van die Heer!

12. As dit kom, skenk dan sorgvuldige aandag daaraan, teken dit dan op skryftablette, en verkondig dit daarna aan die volk!

13. As dit egter nie kom nie, gee dan God in jou hart die eer, tree daarna vol eerbied uit die tempel, en sluit dit weer vir een-en-negentig dae!

14. Maar wat die voorhof betref, dit moet altyd op die sabbat oggend vir die volk geopen word en oopgelaat word tot die môre van die volgende dag, sodat ver weg wonende mense ook nog deel kan neem daaraan, indien hulle nie die heilige plek op die Sabbat kon bereik het nie. 

15. Daar moet by die poort van die voorhof altyd twee wagters aanwesig wees, en hulle moet almal wat die voorhof betree, goed ondersoek en waarsku.

16. Want wie die tempel op onwaardige wyse wil nader, - jy het van die Heer Self verneem wat hom te wagte staan!

17. Daarom moet die gemoedere van elkeen wat wil binnegaan ook eers deur die poortwagters ondersoek word; en as hulle hom nie waardig bevind het nie, dan moet hulle hom baie dringend waarsku om eerder nie die voorhof te betree nie, alvorens hy hom gereinig het en hom so waardig gemaak het om die voorhof te betree.

18. Maar die ondersoek moet altyd gerig wees op die hart van diegene wat wil binnegaan; en die wagters moet na jou die eerste manne met die suiwerste harte wees en hulle amp uitoefen in alle deemoed en liefde tot die Heer.

19. Wel, dit moes jy nog hoor; en laat ons, noudat jy in alles onderrig is, en wel hier in die heiligdom, na buite gaan, dan die tempel sluit, en ons nog oor enkele sake beraadslaag in die voorhof, en ten slotte na jou huis terugkeer!

20. En alles geskied so in Naam van die Heer! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205