Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 167

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Die woord van God as die lewende water. Die gelykenis van die reënwater, wat beter is om plante te begiet as bronwater

167 En hoogs verwonderd oor die groot wysheid van die vreemdeling, sê die eerste van die vier daarop: "Luister, goeie man, vriend en broer, niks in jou woorde is onbegryplik vir my nie; want jy het jou duidelik uitgedruk, en die beeld van die afgeplukte lelie, waarvan die blom sonder saad in `n beker met water oopgaan, was uitermate treffend, en ons het presies begryp wat jy daarmee vir ons wou sê.

2. En ek sien ook volkome in, dat dit alles volmaak in die hele natuur en des te meer in die van die mens, onfeilbaar gegrondves is; maar teen die einde van jou toespraak het jy jou iets laat uitglip, omdat jy enigsins in `n gemoedsbeweging geraak het, - en daaroor moet ek wel opmerk, liewe, goeie man, vriend en broer, dat ek dit nie so goed kan plaas nie!

3. Want jy spreek oor jou woorde asof dit lewende water sou wees, waarmee ek die afgebreekte blomstingel vlytig moes begiet, waardeur ek dan tenminste `n saadjie – hoewel nie dadelik nie, die wortel kry, wat ek dan om te begin in my aarde sou kan strooi om opnuut `n wortel, stingel met blom en daaruit dan ook die nuwe saad vir die Ewige lewe te kan verwerf!

4. Dit is alles korrek, ontstellend wys en helder; alleen hoe jy jou woord tot lewende water kan maak, of liewer hoe ek dit moet doen, - sien, goeie man, vriend en broer, dit is wel `n bietjie gewaagd, altans dit is my voorlopige mening, omdat ek dit nog nie begryp nie!

5. Maar wil jy die broederlike voorkomendheid hê om jou nog iets duideliker daaroor uit te spreek, dan kan jy ook volledig daarvan verseker wees, dat ek en ons almal, inderdaad elke woord van jou sal eer en sal probeer om dit in ons harte tot `n lewende wortel en tot lewende saad te verhef!

6. Ons versoek jou daarom om dit te doen, as jy wil!"

7. En die mees heilige Abba open daarop Sy mond en sê: "Jy het waarlik die beste vraag gestel; want Ek sê vir julle: Alles hang daarvan af of julle dit korrek opvat!

8. Wie nie begryp waarom My woord lewende water is, die begryp ook geensins wat God is, wat Abedam en wat Henog is nie; want alleen die lewende water kan dit volledig vir hom onthul!

9. Aangesien die ware, innerlike kennismaking met die mees lewende water dus die voorwaarde daarvoor is, kan `n mens hom afvra: Waarom is die woord uit My mond lewende water?

10. Dit sal julle ook deur `n getroue beeld insien; luister dus:

11. Jy het tuis `n tuin. Daar het jy verskillende goeie plante ingeplaas. En as dit in die somer af en toe baie droog is, dan begiet jy die plante met goeie water, sodat hulle nie verdroog en afsterwe in die droë aarde van jou tuin nie. Maar ondanks jou vlytige gietery word die plante maar trietserig en jou oes is dan ewe skraal en die bodem het die behoefte aan lewende voedsel wat alleen maar bestaan uit `n geseënde reënbui uit die wolke aan die hemel.

12. Vanuit jou wysheid sê jy self: '`n Droë jaar is `n gesel sowel vir die plante, as vir ons maag en ons huid!'

13. Waarom beskou jy die reënwater eintlik as beter en voedsamer as wat jy uit jou kruik oor die plante giet? - Antwoord My daarop vanuit jou wysheid!"

14. En die spreker antwoord: "Dit is baie natuurlik; omdat die bronwater uit die aarde reeds sy lewende krag aan die aarde afgegee het, voordat dit kragteloos na die oppervlak van die aarde kom; die reënwater val met die nog onverswakte oorvloed aan lewende krag op die aarde, waar dan `n enkele reëndruppel vir die plantewêreld kosbaarder is as `n hele kruik gevul met die suiwerste bronwater! - Ek dink dat die antwoord korrek is!"

15. En die heilige Abba antwoord hom: "Geheel korrek; beskou nou ook My woord as reën uit die hemel van alle lewe, dan sal die lewe van My lewende woordewater heeltemal geen raaisel meer vir julle wees nie en Abedam sal saam met Henog baie duidelik voor julle staan in die volheid van Sy goddelikheid! Begryp dit! Amen!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205