Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 199

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

`n Valse Naëhme verskyn as drogbeeld. Die versoeking en twyfel van Lameg en Thubal-Kain

199 Daar hoef hier nouliks nader vermeld te word in watse toestand van saligheid beide hulleself bevind het, deur die laaste woorde van Kisehel, want dit kon maklik uit die voorafgaande afgelei word. Daarom sal ons onsself nou ook tot `n ander verskyning wend. Dit sal weliswaar nie veel verskil van die Pontius Pilatus in die sogenaamde geloofsbelydenis nie; maar hier is dit nie ter sake nie, - want ook dit behoort tot die orde van die dinge. Maar wat se verskyning was dit dan? – Wees geduldig, dit sal nog vroeg genoeg kom!

2. Julle weet wat Kisehel tevore aan Thubal-Kain aangekondig het, naamlik meermale versoekings, beproewinge en `n louterende en verstewegende vuur. Sien, dit is wat weldra hier gemanifesteer het!

3. Dit is maar al te goed aan julle bekend, wat se persoon Lameg voorheen was en wie se getroue dienaar en kneg. So lank die vyand van die lewe nog merk dat daar vir sy volkome verseker gewaande buit geen werklike gevaar dreig nie, maak hy hom nie druk oor al die bekerings nie.

4. Maar as hy duidelik in die oog kry dat sy buit groot gevaar loop, dan word hy geweldig aktief en gaan hy vir sy vermeende eiendom veg.

5. En dit was nou ook hier die geval, soos dit teenwoordig by baie mense die geval is, wat hulle al eens deur hom, die groot vyand van die lewe, in iets laat verstrik het.

6. Sulke mense is dikwels al die deugde self; maar hulle het gewoonlik nog één swak kant, maar weet egter nie dat hierdie swak kant eintlik so sterk is, dat dit, as sy ook maar enigsins aangeraak word, weldra alle goeie kante oormeester en dit sonder enige moeite oorheers en met haar meesleur.

7. Wie dit oordrewe mag vind, moet so `n toonbeeld van deugsaamheid maar net by sy swak kant beetpak, dan sal hy baie vinnig onteenseglik vasstel, hoe sterk so `n swak kant is!

8. Om hierdie belangrike saak duideliker te maak, wil Ek selfs `n voorbeeld noem: Laat ons iemand neem wat homself reeds in alle moontlike opsigte oorwin het; maar tog het hy nog één swak kant, en omdat dit so onbeduidend lyk, slaan hy heeltemal geen ag daarop nie, - want dit bestaan immers net uit die feit dat hy reëlmatig graag by iemand op besoek gaan en dit ook baie goedvind as die iemand by hom kom. Dit lyk so onskuldig soos wat dit maar kan.

9. Maar as ons hierdie swak kant ietwat nader wil belig, is dit niks anders as nog `n gedugte valstrik van die Satan nie.

10. Wanneer hy eenmaal met iemand in verbinding staan, merk hy dadelik wanneer iets besonders ingrypend heilsaam die gees van hierdie mens nader.

11. Wanneer dit die geval is, dan trek hy aan die tou, die swak kant word die sterk kant en ons deugsame held gaan met al sy baie ander deugde daarheen waar sy swak kant hom heen trek, en op die manier ontgaan die goeie geleentheid hom altyd waarin hy van My `n nader besoek vir sy wyding kon ontvang het. En so `n swak kant behou die mens dikwels tot in die graf, - wat natuurlik baie droewig is!

12. En so het ons Lameg nog vele sulke swak kante, wat hy by sy omkeer nie die moeite werd gevind het om ag daarop te slaan nie.

13. Maar waar sy liefde tot My opeens geweldig groot geword het, het ook die bose valstrikke dit te verduur in die vuur van hierdie liefde, sodat hulle gebreek was en die vyand van die lewe niks meer gehad het waarmee hy sy verseker gewaande buit kon vashou en saamtrek nie. Wat kon hy nou doen?

14. Slegs lis, en as dit misluk - gebruik geweld!

15. En so gebeur dit dan ook. Toe Kisehel met die twee by die ander ses kom, val Naëhme opeens wanhopig die huis binne, rol vir `n lank tyd haar hande en roep, nadat sy ietwat bygekom het, met die stem van `n vertwyfelde:

16. "Vader Lameg, - jy is verraai en verlore! - Ek het alles op die hoogte gehoor, hulle wil jou in die valstrik laat loop! 

17. Ek haas toe hierheen, sonder om aan my eie lewe te dink, deur leeus, tiers en die bewoners van die berge agtervolg my, om die snode plan nog betyds aan jou mee te deel.

18. Maar, - ek het te laat gekom! Want soos wat ek sien, is jy al `n buit van die verskriklike towenaars uit die berge! 

19. Maar het jy dan nie in jou wysheid ingesien dat al die onheil nog altyd uit die berge tot ons en oor ons gekom het nie, - en tog het jy jou hierdie keer so vreeslik laat mislei en jou in hierdie aller verskriklikste val van jou verderf laat trek?!"

20. Hier draai sy haar om, sien vir Thubal-Kain en skreeu hard: "Thubal-Kain, my broer, my eggenoot! - Ook jy is `n offer van die skandelikste verraad?! - Ja, - ook jy! - Nou is alles verlore!

21. Dood my, dood my, - sodat ek nie saam met julle getuie hoef te wees van julle verskriklike ondergang nie!"

22. Hier verander Lameg se gesig en Thubal-Kain bal sy vuiste van ontwakende woede en roep ten slotte met `n donderende stem: "Is julle sulke bodes van JaHWeH?! O julle uitvaagsels van die hel! - Ja, ja, - op die berge sal julle ons bring, omdat julle dink dat julle ons hier met julle duiwelskunste volledig te kan oormeester! - Nee, nooit meer nie!

23. Dank jou, my dierbare vrou, vir hierdie boodskap! Thubal-Kain sal weet hoe om hom teen sulke skurkestreke af te weer!"

24. Maar Lameg sê vir Thubal-Kain: "My seun, voor ons optree, sal ons ook die ander party hoor! Kom daarom tot rus; want wie weet of dit nie miskien `n versoeking is nie!

25. En daarom vra ek julle bodes, sê my: Wat is hier aan die gang? Onthul hierdie raaisel vir my, of ek tree terug en word, wat ek was, ook in die vuur `n onbuigsame koning, sodat julle geen skandelike oorwinning oor my en my sterk volk behaal nie!

26. Spreek dus, of my vloek tref elke vesel van julle wese! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205