Die Huishouding van God - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 252

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281.

Henog se bedenkinge oor die offerdood van die Heer. Die groot onthulling van die Heer oor die wese van God se liefde, lewe, lig en wysheid. Oor die God-mens Jesus as vleesgeworde Woord van God

252 Na hierdie woorde kom Henog weer tot homself, sien met `n weemoedige ernstige blik in homself en na die Vader en bly toe `n rukkie as heeltemal verlore staan. Maar ten slotte kom hy tog weer tot homself en rig die volgende woorde tot die Vader:

2. "O heilige, eindelose liefdevolle Vader! Te grensloos verhewe en misterieus klink U laaste heilige woorde! Wie behalwe U is in staat om die betekenis daarvan in sy gees te begryp?

3. Wanneer U, wat vir U nie onmoontlik is, afstand sou doen van die lewe en Uself sou wil laat dood deur daarvoor bestemde skepsels, sal dan nie dadelik alles in die gehele oneindige ruimte oombliklik gedood word nie?

4. Want alles wat leef, leef tog immers maar net `n lewe vanuit U, dus U lewe; maar welke lewe sou dit dan wel lewe, indien U, die oerbron van die lewe, dood sou gaan?!

5. O heilige Vader, lê dit vir ons uit, en laat `n magtige lig tot ons kom, want anders het U ons met hierdie woorde immers die onvermydelike ewige vernietiging van alle dinge en al wat is aangekondig!"

6. Hier staan die Vader op en sê vir Henog: "Aan jou, My Henog, sal dit gegee word om die groot geheim van My ryk te verneem en te deurgrond, maar buiten jou niemand anders nie!

7. En verseël dan ook hierdie woorde in jou, wat Ek jou nou sal sê; want alleen jy en niemand anders sal tot aan die groot tyd van die tye die sin daarvan begryp nie, - die wêreld sal egter tot aan die einde met blindheid geslaan wees.

8. Luister dus: Liefde en lewe is één en tog is hulle daar twee: liefde is die grondslag en lewe die werking. So is ook lig en wysheid één en tog is dit daar wederom twee: die lig die oorsaak en die wysheid die uitwerking.

9. Maar uit liefde en lewe kom nog `n derde voort, en dit is die daadkrag, wat egter die magtige Gees is. En uit lig en wysheid spruit ook `n derde voort, en dit is die orde, waaruit die vorm van alle dinge ontstaan, en wat die einddoel bepaal.

10. En uit die liefde en die lewe en uit die lig en die wysheid kom die Gees van alle Gewydheid voort, en die is die Woord uit God se mond.

11. Hierdie Woord is wesenlik en is die oorsprong waaruit alle dinge vanuit hulle oerwese geskape is.

12. As jy nou die wese van die liefde en van die lewe beskou en die uit beide voortspruitende daadkrag en jy beskou die wese van die lig en van die wysheid en die uit beide voortkomende orde en as jy ten slotte nog beskou die uit al die genoemde voortkomende gewydheid of die wese van die ewige woord uit God se mond, dan het jy sewe geeste, wat almal voortkom uit die liefde, en die liefde self is die eerste vanuit haarself uitgaande gees en die ander ses kom tegelykertyd uit die liefde voort en is tog van ewigheid één met haar.

13. Maar liefde en lewe kan geskei word, en dan lyk die liefde soos `n klomp ys, waarin geen warmte is nie, en die lewe op sigself word `n dowwe vuur, wat verwoes en daarin `n draaglike versagting soek.

14. So kan ook lig en wysheid geskei word; die lig is dan in die vernietigende vuur as dood, en die wysheid word tot nag, tot waan, tot valsheid en tot leuen.

15. So kan ook die uit die liefde en die lewe en uit die lig en die wysheid voortspruitende woord wesenlik geskei word.

16. Dat dit moontlik is laat die hele skepping jou sien, en in die skepping kan jy alle hiervoor genoemde skeidings sien; hulle is almal vanuit My bewerkstellig, en hulle grond is Ek, en die einddoel van dit alles is: Die lewensproef oftewel die voortdurende oefening en versterking van die ewige lewe.

17. En sien, ondanks al hierdie skeidings bestaan Ek tog ongedeeld in die volle besit van al My geeste.

18. So sal dit ook wees in die groot tyd van die tye, as die ewige Woord as die wesenlike oorspring van alle dinge in Homself vlees word, waarin die hele volheid van My wese sal woon.

19. Die wêreld sal die vlees dood; maar God se volheid wat in die vlees woon, dus die ewige liefde, sal vanuit Homself die vlees spoedig weer tot lewe bring , en dan sal die volheid van God ewig woon in Sy vleesgeworde woord as `n mens teenoor Sy skepsels, en hulle sal Hom sien en met Hom spreek soos met `n egte broer.

20. Hierdie Elohimmens sal julle eers almal die ware, ewige lewe bring; tot dan egter sal julle slegs `n lewe lei wat van My liefde afgeskei is.

21. Sien, dit is die sin van My woorde; begryp dit, maar verder niemand behalwe jy, en die wêreld nie tot aan die einde nie! Amen.

22. En laat elkeen nou eet en drink! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205